DIE SLAGVELD VAN KAKAMAS, 1915

2024-04-09T08:29:50+02:00

DIE SLAGVELD VAN KAKAMAS, 1915 Enkele kilometers van Kakamas op pad na Keimoes draai ’n paadjie links weg om oor die kanaal na ’n rotskoppie te loop. Hier teen die koppie, in ’n kerkhoffie, is ’n eenvoudige maar treffende gedenkteken geleë.