GEORGE MEIRING (1939-2024)
chrisnaag2024-11-01T09:01:22+02:00GEORGE MEIRING (1939-2024) Genl. George Meiring was die laaste hoof van die Suid-Afrikaanse Weermag en die eerste hoof van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag. George Lodewyk is op 18 Oktober 1939 op Ladybrand in die Vrystaat gebore en sy pa was skoolhoof van ’n klein plaasskooltjie.