MOROKA SE GRAF, THABA NCHU
chrisnaag2025-04-30T12:49:04+02:00MOROKA SE GRAF, THABA NCHU Die Barolong-begraafplaas van Thaba Nchu lê teen ’n heuwel suidwes van die dorp, langs die ou pad na Bloemfontein. In die middel van die begraafplaas staan prominent die groot grafsteen van die merkwaardige Barolonghoof, Moroka.