Januarie
Januarie se stukkies handel oor ’n deel van die geskiedenis van die Kaap onder die VOC se regering.
Februarie
In Februarie word aspekte van mense se gewone lewens in die 17de en 18de eeue gedek, asook die Eerste Britse bewind, Bataafse Bewind en Tweede Britse bewind.
Maart
In Maart se dagstukke word die Kaapkolonie gevolg van die vroeë dae van Britse bewind tot by die Groot Trek. Dit eindig met die donker dae toe al die belangrikste trekleiers gedood is en dit gelyk het of die trek op ’n mislukking gaan uitloop.
April
In April se dagstukke vorder ons deur die Groot Trek, die stigting van die Boererepublieke en die oplewing van ’n Afrikaner-identiteitsgevoel in die Kaapkolonie.
Mei
Die dagstukke vir Mei dek die interessante tydperk vanaf die ontdekking van goud aan die Witwatersrand tot kort voor die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog. Dit vertel heelwat van die kulturele en ekonomiese ontwikkeling in Transvaal, die Vrystaat en die Kaapkolonie.
Junie
Juniemaand se stukkies lees ons meer van die algemene kultuurlewe net voor die Anglo-Boereoorlog. Dan begin die oorlog en heelwat onderwerpe wat daarmee te doen het, volg.
Julie
In Julie word die verhaal van die Anglo-Boereoorlog gevolg tot met die vredesluiting op 31 Mei 1902.
Augustus
In Augustusmaand word die Afrikaner se herlewing, veral op kulturele en taalgebied, bespreek. Die merkwaardige opkoms van Afrikaans as alternatief vir Hollands kry aandag.
September
Die opkoms en vordering van Afrikanernasionalisme na Uniewording tot aan die einde van die 1920’s kry aandag in Septembermaand se dagstukke. Dit het betrekking op alle lewensterreine.
Oktober
Oktober se dagstukke beskryf van die eerstge groot prestasies in die Afrikaanse taal, soos digkuns van wêreldgehalte en rolprente. Die rol van Afrikanerwerkers en ekonomiese maatreëls vir die oplossing van die armblankevraagstuk loop oor na die ernstige verdeeldheid tydens die Tweede Wêreldoorlog.
November
In Novembermaand se dagstukke beleef ons die hoofbloei van Afrikanerskap met politieke mag, republiekwording, ‘n ekonomiese wonderwerk en buitengewone prestasies op letterkundige en selfs mediese gebied. Dit eindig met die eerste tekens van naderende verdeeldheid, met die stigting van die HNP.
Desember
Gedurende Desember lees ons van die stadige agteruitgang in die Afrikaner se situasie sedert die 1970’s, tot by die magsverlies van 1994. Daarna volg beskouings van wat sedertdien gebeur het en wat Afrikaners se toekomsvooruitsigte is.