• 1 APRIL GEBEURE 1572 – Slag by Den Briel In die 80-jarige Oorlog (1568 tot 1648) tussen Nederland en Spanje het die Watergeuse onder leiding van Jan Coppelstock ’n verrassende oorwinning oor die Spaanse vloot onder Alva behaal by die Slag van Den Briel. Dit het ’n jubelkreet deur Nederland laat weergalm: “Die eerste dag van April, verloor Alva sy

  • 2 APRIL GEBEURE 1595 – Cornelis de Houtman vertrek op sy seereis Op hierdie dag het Cornelis de Houtman met ’n eerste Nederlandse vragvloot van vier skepe uit Texel via die Kaap na die Ooste (Indonesië) vertrek. Hy was toe dertig jaar oud, vol ambisie en nie baie taktvol nie. Op 2 Augustus het hy om die Kaap geseil en

  • 3 APRIL GEBEURE 1702 – Merestijn strand ’n Skip, die Meresteijn, strand aan die Kaapse weskus. ’n Deel van die vrag silwer en goud wat aan boord was, is gedurende 1972 herwin. 1860 – Pretoria word hoofstad van die ZAR 1866 – Die Vrede van Thaba Bosigo word onderteken 1900 – Anglo-Boereoorlog: Krygsgevangenes seil na St. Helena Genl. Piet Cronjé,

  • 4 APRIL GEBEURE 1706 – Kaapse bannelinge vertrek na Nederland Op hierdie dag het die retoervloot met Henning Huijzing, Jacobus van der Heijde, Ferdinandus Appel, Pieter van der Bijl en Jan van Meerland aan boord na Nederland vertrek, waarheen hulle as gevolg van hul deelname aan die versetbeweging teen goewerneur WA van der Stel verban is. (Willem tesame met enkele

  • 5 APRIL GEBEURE 1814 – Lord Charles Somerset word goewerneur aan die Kaap 1900 – Anglo-Boereoorlog: Slag van Boshoff (ook bekend as Slag van Tweefontein) 1952 – Van Riebeeck-skoolkoshuis (Thomson Falls in Kenia) amptelik ingewy Die Afrikaner het gelukkig nog altyd die hoogste premie geplaas op godsdiens en onderwys in sy persoonlike en volkslewe. Met die vestiging van Afrikanergemeenskappe buite

  • 6 APRIL GEBEURE 1652 – Aankoms van Jan van Riebeeck Die middag om 14:30 van 5 April 1652 word Tafelbaai gewaar deur die opperstuurman van die Drommedaris, een van die drie skepe waarmee kommandeur Jan van Riebeeck op 6 April 1652 aan Tafelbaai land om ’n verversingspos vir die VOC te stig. Die ander twee skepe was die Goede Hoop

  • 7 APRIL GEBEURE 1501 – João da Nova kom by Mosselbaai aan Die Spaansgebore ontdekkingsreisiger João da Nova wat in diens van Portugal was, het op 7 April 1501 op ’n vaart met vier skepe om die Kaap na Indië, by vandag se Mosselbaai geland. Hy word beskou as die ontdekker van die Ascension- en St. Helena-eiland op dieselfde tog.

  • 8 APRIL GEBEURE 1652 – Eerste vergadering van die Breë Raad aan die Kaap Op dié Maandag, twee dae na hul aankoms in Tafelbaai, het Van Riebeeck die Breë Raad byeengeroep, d.w.s. die hoogste gesagvoerende liggaam van die vloot, bestaande uit die kommandeur as voorsitter en die vernaamste bevelhebbers van die skepe, die Reijger en die Goede Hoop. Hoewel die

  • 9 APRIL GEBEURE 1678 – Fondamente van die eerste kerkgebou aan die Kaap gelê Die gereelde kerkdienste aan die Kaap is eers in ’n saal in die Fort de Goede Hoop en daarna op verskillende plekke in die nuwe Kasteel gehou. Toe die eertydse houtkerkie in die Kasteel verwyder is, moes ’n plan gemaak word met die oorblyfsels van die

  • 10 APRIL GEBEURE 1820 – Die eerste Britse Setlaars kom in Algoabaai aan In 1820 is groepe immigrante van verskillende dele van Engeland, Wallis, Skotland en Ierland op die oostelike grens van die Kaapkolonie gevestig. Dit het deel uitgemaak van ’n skema deur die Britse regering om die Oosgrens te beskerm teen aanhoudende infiltrasie in die Kolonie en aanvalle deur

  • 11 APRIL GEBEURE 1902 – Anglo-Boereoorlog: Slag by Roodewal Nadat genl. JH de la Rey reeds na Klerksdorp vertrek het om aan die voorlopige vredesonderhandeling deel te neem, het genl. JCG Kemp, wat hy in bevel gelaat het, besluit om die Britse kamp by Roodewal aan die Brakrivier aan te val, veral om die doelgerigte Britse pogings om De la

  • 12 APRIL GEBEURE 1824 – Eerste permanente ligtoring in Suid-Afrika Die eerste permanente ligtoring in Suid-Afrika is op 12 April 1824 by Mouillepunt in Kaapstad in gebruik geneem. Opdrag vir die ontwerp is deur die waarnemende Kaapse kommissaris, sir Rufane Donkin aan die Duitse argitek Herman Schutte gegee en die bouwerk het in 1821 begin. Die destydse boukoste was £6

  • 13 APRIL GEBEURE 1598 – Edik van Nantes uitgevaardig Die Franse koning, Hendrik IV vaardig die Edik van Nantes uit. Die doel daarvan was om vrede tussen die Rooms-Katolieke en die Hugenote te bevorder. 1688 – Eerste Hugenote land met die Voorschoten aan die Kaap Vir die klein Kaapse nedersetting was die jaar 1688 van groot betekenis. Met die koms

  • 14 APRIL GEBEURE 1739 – Hendrik Swellengrebel Hendrik Swellengrebel, die man na wie Swellendam vernoem is, word goewerneur van die Kaap de Goede Hoop en ook die eerste een wat in die Kaap gebore is. 1838: Vereniging van die Voortrekkers by Doornkop Doornkop, geleë in die nabyheid van die huidige Chievely, het ’n belangrike rol in die geskiedenis van die

  • 15 APRIL GEBEURE 1854 – Nederlands as hooftaal in die Oranje-Vrystaat geproklameer 1881 – Paul Kruger spreek die volk toe op Heidelberg (Tvl.) en keur die Britse vredesvoorwaardes af 1953 – Algemene Verkiesing Toe dr. DF Malan in 1948 premier geword het en daardeur aan die Afrikaner politieke mag in sy eie land besorg het, het baie mense geglo dat

  • 16 APRIL GEBEURE 1856 – Boshof aangelê Die dorp Boshof in die Vrystaat word aangelê. Die dorp is aangelê op die plaas Van Wyksvlei. Die gebied het oorspronklik aan David Danser, ’n Korana-kaptein behoort. Danser het die (toekomstige) plase Van Wyksvlei, Kameelfontein en Tweefontein aan ene Fourie verkoop. Van Wyksvlei is deur ’n komitee van Fourie gekoop vir 24,000 riksdaalders.

  • 17 APRIL GEBEURE 1662 – Eerste appels aan die Kaap gepluk Van Riebeeck, wat hom onder meer vir die aanplant van appelbome beywer het, het op dié datum die eerste twee appels afgepluk van ’n boom wat in die Kompanjie se boomkwekery gegroei het. 1707 – Willem Adriaan van der Stel word teruggeroep na Nederland, Op 17 April 1707 het Willem Adriaan van

  • 18 APRIL GEBEURE 1521 – Luther voor die Ryksdag van Worms Martin Luther gee beslag aan ’n nuwe bedeling in die Westerse Kerk en samelewing. Hy hervorm dit in die lig van die Skrif, wat hy as die enigste gesaghebbende openbaring van God aanvaar. Hierdie oorlewering in die Kerk en sy geskiedenis maak hy weer beslissend en kom in botsing

  • 19 APRIL GEBEURE 1672 – Koop grond van die Khoi-Khoi Een van die vroegste grondtransaksies in die Kaap is op 19 April 1672 aangegaan toe die VOC-kommissaris Aernhout van Overbeke as voorsitter van die Politieke Raad, formeel die grondgebied rondom die Kaap van die Khoi gekoop het, wat daarop aanspraak gemaak het. Hy het die transaksie volgens geskiedskrywers as raadsaam

  • 20 APRIL GEBEURE 1900 – Anglo-Boereoorlog: Beleg van Jammersbergdrif Genl. Piet de Wet plaas ongeveer 2000 burgers met drie Krupps en twee pom-poms op ’n heuwelrand op die plaas Wakkerstroom, sowat agt kilometer buite Dewetsdorp. Teen 10:00 begin die burgers Rundle se naderende troepe op ’n afstand van byna 1200 meter onder skoot neem. Al die troepe se pogings om

  • 21 APRIL GEBEURE 1858 – David Livingstone kom in die Kaap aan David Livingstone kom in die Kaap aan vir sy bekende reise in die binneland van Afrika. 1897 – Alfred Milner word Hoë Kommissaris en Goewerneur van die Kaapprovinsie GEBOORTES 1619 – Jan van Riebeeck, stigter van die verversingspos en eerste kommandeur aan die Kaap († 18 Januarie 1677)

  • 22 APRIL GEBEURE 1819 – Slag van Grahamstad Die Slag van Grahamstad in die Vyfde Grensoorlog het op 22 April 1819 plaasgevind toe ’n Britse garnisoen, bygestaan deur die Khoi-Khoi o.l.v. Jan Boesak, die dorp teen ’n groot mag Xhosa-krygers verdedig het. Dit het gevolg nadat ’n Britse mag meer as 23 000 beeste van die Ndlambe-stam gebuit en die

  • 23 APRIL GEBEURE 1707 – Willem Adriaan van der Stel, goewerneur aan die Kaap, na Nederland teruggeroep 1803 – Jonkheer Gerard Beelaerts van Blokland kom uit Nederland aan in Simonstad as prokureur-generaal 1811 – George gestig George op die Tuinroete, is op 23 April 1811 (St George-dag) as George Town geproklameer ter ere van koning George III van Engeland. Dit

  • 24 APRIL GEBEURE 1652 – In houthutte op strand Die vroue en kinders wat saam met Jan van Riebeeck aangekom het aan boord van die drie skepe, die Reijger, die Goede Hoop en die Drommedaris in Tafelbaai, word van die skepe na houthutte op die strand verskuif. 1822 – Hoeksteen van NG Kerk in Graaff-Reinet gelê Die hoeksteen van die

  • 25 APRIL GEBEURE 1804 – De Mist stig Uitenhage Die nuwe landdrosdistrik, Uitenhage, is na die kommissaris JA van Uitenhage de Mist genoem. Na ’n lang reis deur die kolonie tussen Oktober 1803 en Maart 1804 het die kommissaris besluit om twee nuwe distrikte, te wete Tulbagh en Uitenhage, in die lewe te roep. De Mist het belangrike administratiewe veranderings

  • 26 APRIL GEBEURE 1679 – Kasteel voltooi Die Kasteel De Goede Hoop is die oudste bestaande gebou uit die blanke vestigingstyd in Suid-Afrika. Bouwerk aan die Kasteel het in 1666, onder die bewind van kommandeur Zacharias Wagenaar, begin. Dit moes die bouvallige en swak geleë Fort wat Jan van Riebeeck kort na sy aankoms in 1652 langs Tafelbaai laat oprig

  • 27 APRIL GEBEURE 1902 – Anglo-Boereoorlog: FH Bosch kom te sterwe Burger FH Bosch was ’n sestienjarige (penkop) krygsgevangene op Bermuda gedurende die oorlog. Hy probeer op hierdie dag om te ontvlug. Hy word egter tydens die poging noodlottig gewond en kom kort daarna te sterwe. 1908 – SA neem eerste keer deel aan moderne Olimpiese Spele Suid-Afrika het van

  • 28 APRIL GEBEURE 1805 – Die Strooidakkerk is ingewy ’n Klein, swakgeboude kerkie wat uit 1718 dateer, was teen die einde van die 18de eeu onvoldoende vir die NG Gemeente in die Paarl. Die pragtige orrelgalery ontwerp deur die beeldhouer, Anton Anreith, is nie behou toe die kerk tien jaar later afgebreek is nie. Toe daar besluit is om ’n

  • 29 APRIL GEBEURE 1875 – Die Tweede Dorslandtrek begin Teen die tyd het ’n aantal Transvaalse Boere begin om Transvaal te verlaat op soek na ’n beter tuiste iewers in die onbekende binneland. Die eerste trekgroep het onder leiding van Gert Alberts gestaan en was deeglik georganiseer. Die elf families wat die voortou geneem het en wat later as ’n

  • 30 APRIL GEBEURE 1845 – Slag van Swartkoppies Adam Kok III was hoofman oor die Griekwas in die Philippolis-omgewing gedurende 1837. Voortrekkers het geleidelik die gebied bekend as die Trans-Oranje (tussen die Oranje en Rietrivier) begin binnetrek. Die sendeling John Philip het die Britse owerhede oorgehaal (1843) om ’n verdrag van hulp in tyd van nood, met die Griekwas te