1 MEI GEBEURE1659 – Eerste BurgermagJan van Riebeeck het op 1 Mei 1659 die eerste Burgermag aan die Kaap ingestel. Dit was sewe jaar ná sy aankoms in Tafelbaai en enkele dae voor ’n Khoi-oproer, wat ook die Eerste Khoi-oorlog genoem word, hoewel dit eintlik meer skermutselings was. Die VOIC het opdrag gegee dat elke Kaapse burger opleiding moes ondergaan in
2 MEI GEBEURE 1957 – “Die Stem van Suid-Afrika”, word die amptelike volkslied Op 30 en 31 Mei 1918 het CJ Langenhoven in sy woning, Arbeidsgenot op Oudtshoorn, die woorde van die eerste drie verse van “Die Stem van Suid-Afrika” gedig en terselfdertyd ’n melodie vir die woorde gekomponeer. Albei is kort hierna uitgegee, en het ook in Die Burger
3 MEI GEBEURE 1662 – Eva Krotoa gedoop Die strandloper en tolk aan die Kaap, Eva Krotoa, was 10 jaar oud toe sy op 3 Mei 1662 in die kerk binne die Fort de Goede Hoop deur ’n besoekende predikant, ds. Petrus Sibelius, gedoop is. Die kaptein van die strandlopers was Harry en hulle het in die omgewing van Tafelbaai
4 MEI GEBEURE 1842 – Britte annekseer Natalia Nadat die Trekkers Dingaan verslaan het, begin hulle ’n regering organiseer in Natal. Die Britte in die Kaap beskou hulle nog as Britse onderdane en as onderhewig aan die “Cape of Good Hope Punishment Act”. In Desember 1838 heet maj. Charters in Durban geland en probeer om vrede tussen Dingaan, die Volksraad
5 MEI GEBEURE 1652 – VOC-beamptes vind die eerste inheemse Kaapse houtbos Vanaf die begin van die Kaapse verversingspos was daar ’n groot behoefte aan allerlei alledaagse noodsaaklikhede, waarvan timmer- en brandhout die belangrikstes was. In ’n poging om geskikte timmerhout te vind, het vier amptenare op hierdie dag oor Kloofnek gestap en aan die berghange bokant Houtbaai vir die
6 MEI GEBEURE 1662 – Zacharias Wagenaer as tweede Kommandeur van die Kaap die Goeie Hoop aangestel Zacharias Wagenaar volg Jan van Riebeeck op as die nuwe Kaapse goewerneur. Die pos sou vier jaar lank deur hom beman word. 1852 – Voortrekkerleier Andries Pretorius besoek Durban en word hartlik ontvang 1889 – Pres. Kruger lê hoeksteen van die Staatsgebouw aan
7 MEI GEBEURE 1652 – Skepe kom in Tafelbaai aan Die skepe, Walvis en Oliphant kom in Tafelbaai aan. Hierdie skepe was oorspronklik deel van Jan van Riebeeck se vloot wat uit Nederland (Texel) na die Kaap vertrek het. Hulle was egter baie swaarder as die ander gelaai, en het daarom stadiger as die ander drie gevaar. Die skepe het
8 MEI GEBEURE 1883 – Paul Kruger spreek die volk toe in Pretoria na verkiesing as staatspresident van die ZAR 1902 – Anglo-Boereoorlog: Buller vertrek uit Ladysmith Generaal Redvers Buller vertrek uit Ladysmith na ’n verblyf van 2 maande. Sy mag bestaan uit 45 715 man, 11 653 perde, 113 veldkanonne en 3 groot vlootkanonne. Teenoor hom staan ’n Boeremag
9 MEI GEBEURE 1652 – Kaap as eiendom van VOC verklaar Jan van Riebeeck reik ’n proklamasie uit waarin hy die Kaap tot eiendom van die VOC verklaar. 1717 – Wellington aangelê Wellington het voor 1840 onder meer bekend gestaan as Wagenmakersvallei, en ook Val de Charron. Die naam Wagenmakers Vallei was moontlik afgelei van die waboom (Protea grandiflora) wat
10 MEI GEBEURE 1864 – MW Pretorius neem die eed van die amp as president van die hele Transvaal 1878 – Pres. Jan Brand lê hoeksteen huidige Tweetoringkerk in Bloemfontein 1900 – Anglo-Boereoorlog: Slag van Sandrivier Ná hewige gevegte onttrek die Boere hulle en Roberts beset Ventersburg en die stasie. 1900 – Anglo-Boereoorlog: Aanval op Mafeking wat tot 12 Mei
11 MEI GEBEURE 1903 – Genl. Louis Botha lê die hoeksteen van die NG Kerk in Bosmanstraat, Pretoria 1909 – SA-Wet onderteken Die konsep-Suid-Afrika-Wet is op hierdie datum deur die onderskeie afgevaardigdes geteken, maar die debat oor die inhoud van die wet het voor en na hierdie dag ernstige afmetings aangeneem. Die Transvaalse en die Vrystaatse parlement het dit onderskeidelik
12 MEI GEBEURE 1652 – Eerste Nagmaalsviering in die gemeente van Kaapstad Op hierdie dag is die eerste Nagmaal aan die Kaap gevier. Jan van Riebeeck se dagregister vertel soos volg oor hierdie geleentheid: “… is alhier in’t noch onvolmaeckte fortjen staende, door Domine Backerius, predikant per den Walvis hier gecomen, de eerstte predicatie gedaen, ende het avondmael des Heeren
13 MEI GEBEURE 1781 – Piet Retief gedoop Jacobus Retief en sy vrou, Deborah, was op 13 Mei 1781 trotse doopouers in die gemeente Suider-Paarl. Die vyfde van hul tien kinders het die naam Pieter ontvang. Vandag word hy onthou as Piet Retief, Voortrekkerleier en slagoffer van Dingaan se krygers op 6 Februarie 1838. 1887 – Eerste Europese baba Die
14 MEI GEBEURE 1820 – Gerrit Maritz tree in die huwelik Gerhardus (Gerrit) Marthinus Maritz, bekende Voortrekkerleier tree in die huwelik met Agenitha Maria Olivier te Graaff-Reinet. 1851 – Hopefield aangelê Gedurende 1851 ontvang die ring van Tulbagh ’n versoek dat die inwoners van Saldanhabaai ’n eie gemeente aan die “Zoutrivier” wou stig. Hierdie versoek was goedgekeur. Die gemeente staan
15 MEI GEBEURE 1652 – Voorbereidings vir bou van fort Jan van Riebeeck begin die voorbereidings vir die bou van die Fort de Goede Hoop. Die bastions van Fort de Goede Hoop ontvang name. Die suidelike bastion word vernoem na die Drommedaris, die oostelike bastion na die Walvis, die westelike bastion na die Oliphant en die noordelike punt na die
16 MEI GEBEURE 1838 – Bredasdorp aangelê Die dorp, Bredasdorp is op die plaas Lange Fontein aangelê. Die grond is reeds in 1837 aangekoop en die eerste erwe op 16de Mei 1838 verkoop. Die dorp is vernoem na Michiel van Breda. Die dorpsnaam was aanvanklik anders gespel, naamlik Bredas Dorp. 1849 – Harrismith ontstaan Die eerste publieke veiling van dorpserwe
17 MEI GEBEURE 1659 – Vryburgers se petisie Die Vryburgers teken ’n petisie wat vra dat Jan van Riebeeck optree teen die Khoi-Khoi. 1849 – Proklamasie vir stigting van Ceres gepubliseer ’n Proklamasie vir die stigting van Ceres in die Warmbokkeveld van die Wes-Kaap is op 17 Mei 1849 in die Staatskoerant gepubliseer. Dit is vernoem na die Romeinse Godin
18 MEI GEBEURE 1774 – Joachim van Plettenberg as goewerneur van die Kaap beëdig Joachim Ammema van Plettenberg is op 8 Maart 1739 gebore. In 1767 word hy aan die Kaap as fiskaal aangestel, en na die dood van Tulbagh word hy goewerneur aan die Kaap. Op 18 Mei 1774 is hy as goewerneur beëdig. Na ’n versoek van die
19 MEI GEBEURE 1959 – Khoi-Khoin begin met strooptogte Op ’n koue, reënerige dag in die Kaap, het die Khoi-Khoin onder aanvoering van die tolk Doman op 19 Mei 1659 begin met strooptogte op veetroppe van die vryburgers. Doman is waarskynlik deur die Nederlanders so genoem omdat hulle sy Khoi-bynaam, “domi” as “dominee” vertolk het omdat verkeerdelik geglo is dat
20 MEI GEBEURE 1900 – Slag by Scheepersnek In hul opmars deur Natal, nadat Ladysmith op 1 Maart 1900 ontset is, sou die meeste Boere na Transvaal terugval, maar ’n aantal burgers onder bevel van genl. Chris Botha sou na die ooste uitwyk en Buller se magte in die flank lastig val. Kol. EC Bethune se magte is toe gelas
21 MEI GEBEURE 1837 – Erasmus Smit as predikant aangestel Gebore op 2 Augustus 1778 in Buiksloot, Nederland, is hy van 1786 af in die Aalmoeseniers-weeshuis opgevoed. In 1801 het die Nederlandse Sendinggenootskap hom as sendeling opgelei en ingeseën: dit was nie ’n amptelike ordening nie, dus het hy nie die bevoegdheid verkry om die sakramente te bedien nie. In
22 MEI GEBEURE 1797 – Lady Anne Barnard kom in Tafelbaai aan Die Skotse reisiger, skrywer en kunstenaar, lady Anne Barnard (née Lindsay) was 46 jaar oud toe sy op 22 Mei 1797 in Tafelbaai aangekom het. Haar verblyf aan die Kaap sou die volgende vyf jaar ’n beduidende invloed hê op die kultuur en sosiale kringe van daardie tyd.
23 MEI GEBEURE 1697 – Die Oosterland strand in Kaapstad 1900 – Anglo-Boereoorlog: Britse troepe kom by die Renosterrivier aan net om te sien dat die Boere die brug vernietig het. 1966 – Militêre museum by Fort Klapperkop geopen Die militêre museum by Fort Klapperkop, Pretoria, wat hoofsaaklik die tydperk vanaf die Groot Trek tot 1902 illustreer, word deur pres.
24 MEI GEBEURE 1836 – Hendrik Potgieter gaan oor die Vaalrivier om die Trichardt- en Van Rensburgtrekke op te spoor 1842 – Eerste skote tussen Boer en Brit in Natal By Congella sou die Afrikaner vir die eerste keer met sy bloed sy republikeinse vryheidsideaal teen die Brit verdedig. Na die wettige grondaankoop van Dingaan vir ’n vaste woonplek in
25 MEI GEBEURE 1842 – Dick King se epiese tog Dick King, ’n 29-jarige wadrywer, en sy 16-jarige dienaar, Ndongeni, verlaat Durban op ’n epiese 900 km lange rit na Grahamstad om versterkings vir die Britse garnisoen, wat onder beleg deur Voortrekkers in Durban was, te kry. King het Grahamstad ná tien dae op sy perd, Somerset, bereik. Die garnisoen
26 MEI GEBEURE 1900 – Anglo-Boereoorlog: Skermutseling by Viljoensdrif; Hammonnia, Ficksburg; Rietspruit (Taaibosspruit), OVS. 1942 – Tweede Wêreldoorlog: Tobruk Suid-Afrikaanse magte is in die Tweede Wêreldoorlog verslaan by Tobruk in Egipte. 1948 – Die Nasionale Party onder dr. DF Malan kom aan die bewind Die Tweede Wêreldoorlog se nagevolge op die ekonomiese en maatskaplike gebied het ’n invloed op die
27 MEI GEBEURE 1874 – Eerste trek na Damaraland Toe Gert Alberts op die dag sy plaas naby Pretoria verlaat het, was dit die begin van die Dorslandtrek. Met dertien huisgesinne, hoofsaaklik uit die distrikte Pretoria en Rustenburg, is die volgende jaar die moeisame tog deur die Kalahariwoestyn na die Ngamimeer aangepak. 1900 – Anglo-Boereoorlog: Geveg by Vlakfontein, ZAR 1900
28 MEI GEBEURE 1900 – Anglo-Boereoorlog: Slag by Klipriviersberg (Doornkop), ZAR wat twee dae sou duur 1900 – Anglo-Boereoorlog: Geveg by Kheis, Kaapkolonie 1938 – Eerste rugbywedstryd op Loftus Versfeld Die eerste rugbywedstryd op Loftus Versfeld is op 28 Mei 1938, gespeel toe die nuut-afgestigte Noord-Transvaal en die Vrystaat met 11-11 gelykop gespeel het. Dit is vernoem na Robert Loftus
29 MEI GEBEURE 1500 – Vier skepe sink Voor die Kaap die Goeie Hoop sink vier skepe van die tweede Portugese Indië Ekspedisie wat deur Pedro Álvares Cabral gelei word. Bartolomeus Dias sterf tydens die voorval. 1619 – Sinode van Dordrecht 1618-1619 afgesluit Verskeie sinodes is gedurende die 16de eeu in Dordrecht, Nederland, gebou, maar die bekendste is ongetwyfeld die
30 MEI GEBEURE 1815 – Arniston sink by Waenhuiskrans Die Britse troepedraer, die Arniston, het op 30 Mei 1815 by Waenhuiskrans aan die Kaapse suidkus op die rotse geloop en voor middernag gesink. Altesame 372 mense van die 378 aan boord, het omgekom. Die skip het die vorige maand uit Ceylon (Sri Lanka) vertrek met 19 vroue, 33 kinders en
31 MEI GEBEURE 1880 – Sensus in die Vrystaat Die eerste sensus word in die Vrystaat gehou. Bloemfontein het op daardie stadium 2576 inwoners gehad. 1890 – Eerste amptelike rugbywedstryd op Nuweland Die eerste amptelike rugbywedstryd op Nuweland is op 31 Mei 1890 tussen Villagers en Stellenbosch gespeel nadat die Westelike Provinsie Rugby-Voetbalunie die grond in 1888 van die Brouerye
MeiWebmeester2023-08-21T15:41:24+02:00