1 JULIE GEBEURE 1854 – Die Kaapkolonie kry vir die eerste keer selfregering 1872 – Ds. TF Burgers ingesweer as Staatspresident van die ZAR Thomas Francois Burgers word beëdig as staatspresident van die Zuid-Afrikaansche Republiek. 1912 – Departement van Verdediging Die departement van verdediging word kragtens Wet no. 13 van 1912 ’n afsonderlike staatsdepartement. 1914 – Die uitgewers JL van
2 JULIE GEBEURE 1855 – Heidelberg (KP) kom tot stand Die kerklike gemeente Heidelberg was oorspronklik deel van die Swellendam en Riversdale gemeentes. Weens die groot afstande tussen Swellendam en Riversdale, is ’n versoek op 2 Julie 1855 ingedien tot die stigting van ’n kerkplaas. Die plaas, Doornboom, is geïdentifiseer en aangekoop van LJ Fourie. Dit dan, in kort, is
3 JULIE GEBEURE 1652 – Van Riebeeck neem intrek in die fort 1900 – Anglo-Boereoorlog: Rustenburg val in Britse hande Rustenburg het op 3 Julie 1900 in die Anglo-Boereoorlog in Britse hande geval toe die Boere gedink het die oorlog is verby en hulle oorgegee het. Dit was ná die val van Pretoria ’n maand tevore en die Britte die
4 JULIE GEBEURE 1879 – Anglo-Zoeloeoorlog: Slag van Ulundi Die Slag van Ulundi het op hierdie dag tydens die Anglo-Zoeloe-oorlog in Natal plaasgevind. ’n Britse mag van ongeveer 5 200 soldate het Ketsjewajo se Zoeloemag van ongeveer 15 000 krygers verslaan. Daarna word hy in die Kasteel, Kaapstad, opgesluit. Die Britse mag was onder die bevel van lord Chelmsford. 1901
5 JULIE GEBEURE 1822 – Engels word die enigste amptelike taal Brittanje het die Kaap in Januarie 1806 vir die tweede keer beset. In April 1814 het lord Charles Somerset goewerneur van die Kaap geword, en in Augustus 1814 is die Kaap formeel aan Engeland afgestaan. Die Britse bewindhebbers het van meet af aan ’n verengelsingsbeleid teenoor die Afrikaners gevolg
6 JULIE GEBEURE 1830 – Sir Lowryspas open Sir Lowryspas oor die Hottentots-Hollandberge tussen Somerset-Wes en die Elgin-vallei is op 6 Julie 1830 oopgestel. Dit is deur die Khoi Gantouw of Elandspas genoem voordat die Nederlandse en Britse Setlaars aan die Kaap ’n pas gebou het wat hulle die Hottentots-Hollandkloofpas genoem het. Die eerste melding van enige oorsteek van die
7 JULIE GEBEURE 1501 – Oudste “poskantoor” in Suid-Afrika Joas da Nova was ’n Portugese seevaarder op pad na Indië toe hy op hierdie dag in 1501 briewe en dokumente in ’n skoen wat aan ’n groot melkhoutboom naby die huidige Mosselbaai gehang het, gevind het. Die briewe is deur een van die bevelvoerders van die boot van Pedro Alvares
8 JULIE GEBEURE 1497 – Vasco da Gama vertrek uit Lissabon Vasco da Gama, bekende Portugese seevaarder, vertrek uit Lissabon met die doel om ’n seeweg om die Kaap na Indië te vind. 1658 – Harry die Strandloper na Robbeneiland verban Harry die Strandloper (Autsshumato, Hadah), was waarskynlik 60 jaar oud toe hy op 8 Julie 1658 deur die Kaapse
9 JULIE GEBEURE 1737 – Die eerste sendeling arriveer aan die Kaap Die eerste Protestantse sendeling in Suid-Afrika, Georg Schmidt, het op 9 Julie 1737 op versoek van die Nederlandse Kerk in Tafelbaai aangekom. Hy was vasbeslote om die Woord aan die Khoi te bedien en het tabak saamgebring waarmee hy hul vertroue in talle nedersettings gewen het. Hy het
10 JULIE GEBEURE 1695 – Reuserotsstortings aan voorkant van Tafelberg Reuserotsstortings het op 10 Julie 1695 aan die voorkant van Tafelberg voorgekom weens ’n verwoestende storm wat goewerneur, Simon van der Stel, in sy dagboek aangeteken het. Ook in latere dagboeke word daar gereeld na rotsstortings teen die hange van Tafelberg verwys wat gewoonlik in die Kaapse reënseisoen gevolg het.
11 JULIE GEBEURE 1775 – Kaapkolonie se grens verskuif Die Kaapkolonie se grens is op 11 Julie 1775 na die Vis- en Boesmanrivier verskuif toe die boere besluit het om verder van die VOC se regeringsbestel weg te trek. Die owerhede het in daardie stadium die Gamtoosrivier as die oostelike grens van die kolonie bestempel, maar die trekkers het dit
12 JULIE GEBEURE 1848 – Andries Pretorius gaan Winburg binne met ’n groot gewapende mag 1900 – Anglo-Boereoorlog: Skermutseling by Paardekop en Sandspruitstasie, ZAR 1900 – Anglo-Boereoorlog: SG Vilonel ’n Republikeinse krygshof (eintlik ’n hooggeregshof onder regter Hertzog met waarnemende regters Cronjé en Hugo as assessors) hoor oud-kmdt. SG Vilonel se appèl in Fouriesburg aan. Vilonel – ’n prokureur –
13 JULIE GEBEURE 1900 – Anglo-Boereoorlog: Boere gee pad uit Brandwaterkom Op ’n krygsberaad onder hoofkommandant Christiaan de Wet besluit die Boere om uit die Brandwaterkom pad te gee voordat hulle vasgekeer word. 1901 – Anglo-Boereoorlog: JP Coetzee tereggestel Johannes Petrus Coetzee word op hierdie dag te Cradock tydens die Anglo-Boereoorlog gehang. Hierdie sestienjarige seun was skuldig bevind op ’n
14 JULIE GEBEURE 1789 – Bastilledag Bastilledag, La Féte Nationale, is Frankryk se Nasionale dag wat elke jaar op 14 Julie gevier word. Dit herdenk die 1789 bestorming van die Bastille om politieke gevangenes te bevry. Die Bastille was ’n fort en wapenopslagplek waar groot hoeveelhede ammunisie en buskruit geberg is. Dit het gebeur toe Parysenaars gevrees het dat hulle
15 JULIE GEBEURE 1727 – Huwelik Helena W. ten Damme tree in die huwelik met onderkoopman Hendrik Swellengrebel. Hendrik Swellengrebel het 12 jaar later goewerneur aan die Kaap geword. Die dorp, Swellendam, is na die egpaar vernoem. 1842 – Die Republiek Natalia onderwerp hulle aan Britse Gesag 1867 – Ontruiming van Schoemansdal Schoemansdal was die noordelikste dorpie van die ou
16 JULIE GEBEURE 1666 – Leeus by fort Leeus het aan die eerste inwoners van die Kaap groot hoofbrekens besorg en die gebrul is gereeld duidelik van Leeuberg af gehoor vanwaar hulle toegeslaan en van die osse verskeur het. Om die bedreiging doeltreffend die hoof te bied, is daar op hierdie dag aan elkeen wat ’n leeu platgetrek het, 25
17 JULIE GEBEURE 1828 – Afskaffing van Hottentot-wetgewing Die aankondiging van Ordonnansie 50 is deur die waarnemende goewerneur, sir Richard Bourke, gemaak. Dít het gevolg op 'n jarelange veldtog van veral dr. John Philip, superintendent van die Londense Sendinggenootskap. Die ordonnansie het die bestaande Hottentot-wetgewing grotendeels vervang. Daarvolgens mag geen vrye bewoner van die Kaapkolonie op grond van kleur in
18 JULIE GEBEURE 1874 – Die Santos sink ’n Duitse seilskip, die Santos, wat na Kaapstad op pad was, het op 18 Julie 1874 tydens ’n stormsterk suidooster by die latere Santosstrand by Mosselbaai op die rotse geloop en gesink. Dit was met ’n vrag pelse, gedroogde vrugte en wol op pad toe dit in ’n beskutte baai deur die
19 JULIE GEBEURE 1786 – Stigting van Graaff-Reinet Die stigting van die dorp was genoodsaak, omdat die dorpe Stellenbosch en Swellendam te ver van die Oostelike grens geleë was en ook weens die wetteloosheid aldaar. Gedurende Desember 1785 word Maurits Woeke as landdros van die dorp (drosdy - geregtelike hof) aangestel. Aan hom was die opdrag gegee om ’n geskikte
20 JULIE GEBEURE 1848 – Andries Pretorius dwing majoor Warden tot oorgawe in Bloemfontein 1888 – Die Nieuwe Republiek word in ZAR opgeneem Die Nieuwe Republiek, gevestig in Noord-Natal op grond wat deur Dinizulu aan burgers toegeken is, nadat hy Zinhebhu gewen het en Cetshwayo as Zulukoning opgevolg het, is op versoek in die ZAR opgeneem weens finansiële probleme en
21 JULIE GEBEURE 1900 – Anglo-Boereoorlog: Insident by Heuningspruitstasie, OVS 1900 – Anglo-Boereoorlog: Geveg by Olifantsnek, ZAR 1900 – Anglo-Boereoorlog: Skermutseling by Spitzkrans, Brandwaterkom, OVS wat tot 22 Julie sou duur 2004 – Liggaam van student gekry Die liggaam van die ontvoerde Sandtonse student Leigh Matthews (21) is op 21 Julie 2004, 12 dae ná haar ontvoering met vier skietwonde
22 JULIE GEBEURE 1505 – António De Saldanha keer terug na Lissabon Die eerste Europeër wat Tafelberg uitgeklim het, was waarskynlik die Kastiliaanse edelman en Portugese kaptein na wie Saldanhabaai vernoem is, Admiraal António De Saldanha. Hy het op 22 Julie 1505 na Lissabon teruggekeer, ná ’n seereis wat 27 maande geduur en hom om die suidpunt van Afrika geneem
23 JULIE GEBEURE 1853 – Andries Pretorius se seun volg hom op Die Voortrekkerleier, Andries Pretorius, sterf en sy seun, Marthinus Wessel Pretorius, volg hom op as Kommandant-Generaal van die distrikte Potchefstroom en Rustenburg. 1900 – Anglo-Boereoorlog: Skermutseling by Retiefsnek, Slabbertsnek, Witnek, Nelspoort en Moolmanshoek, OVS; Boschpoortdrif, (Wilgerivier); Kosterrivier, ZAR 1907 – Vereniging vind plaas In Kaapstad aanvaar die Volksraad
24 JULIE GEBEURE 1839 – Nuwe redakteur Sir Christoffel (Joseph) Brand volg sy broer, PA Brand, as redakteur van De Zuid-Afrikaan op. Hy was ’n prokureur en een van die stigters van die publikasie. 1900 – Anglo-Boereoorlog: Skermutseling by Vredefort/Stinkhoutboom, OVS; Klerksdorp; Groot Olifantsrivier, ZAR 1901 – Anglo-Boereoorlog: C Claassen tereggestel C Claassen is op Somerset-Oos, Oos-Kaap, skuldig bevind aan
25 JULIE GEBEURE 1661 – Eerste lemoene Die Nederlandse kommandant aan die Kaap, Jan van Riebeeck, skrywe in sy Dagregister dat die eerste lemoene in die Kompanjiestuin in Kaapstad gepluk is. 1755 – Johann Christiaan Ritter stap aan wal Johann Christiaan Ritter stap in Tafelbaai, en in diens van die VOC, aan wal. Hy was ’n boekbinder sowel as drukker
26 JULIE GEBEURE 1649 – Oorhandiging van die Remonstrantie deur Janszen en Proot aan die Kamer van Amsterdam L Janszen en M Proot het hulle Remonstrantie, wat gebaseer was op die ervarings van die skipbreukeling van die Haarlem, aan die Kamer van Amsterdam oorhandig. Leendert Janszen is te Tongeren in die Suidelike Nederlande gebore. Ten tye van die stranding van
27 JULIE GEBEURE 1904 – Die Suid-Afrikaanse Landbou-unie in Pretoria gestig Die Suid-Afrikaanse Landbou-unie, ofte wel die Interkoloniale Landbou-unie van Suid-Afrika soos dit destyds geheet het, is gestig op ’n konferensie wat van 25 tot 29 Junie 1904 te Pretoria gehou is. Die besluit om ’n sentrale Suid-Afrikaanse Landbou-unie te stig wat verteenwoordigend van alle landbou-organisasies dwarsoor Suid-Afrika sou wees,
28 JULIE GEBEURE 1900 – Anglo-Boereoorlog: Geveg by Slaapkrans, Brandwaterkom 1914 – Eerste Wêreldoorlog breek uit Die Eerste Wêreldoorlog het op 28 Julie 1914 in Europa uitgebreek, presies ’n maand ná die sluipmoord op aartshertog Frans Ferdinand van Oostenryk, wat die troonopvolger van Oostenryk-Hongarye was. Dit word bestempel as die grootste oorsaak van die oorlog omdat sy moord in Sarajewo
29 JULIE GEBEURE 1845 – Ohrigstad aangelê Ohrigstad is aangelê, vernoem na Voortrekkerleier Andries Hendrik Potgieter en die Amsterdamse handelaar, GG Ohrig, wat hom ingespan het om handelsverhoudinge tussen die Trekkers en Nederland te verbeter. 1869 – Verdrag wat die grens tussen Transvaal en Mosambiek vasstel Na onderhandeling van etlike jare het die verdag van “Vrede, Vriendschap, Handel en Grenzen”
30 JULIE GEBEURE 1854 – Die Kaapse parlement kom die eerste keer byeen 1870 – Klipdrift-republiek word uitgeroep ’n Groot aantal delwers het in 1870-’71 op Griekwaland-Wes toegesak en hulle in die diamantvelde naby die sameloop van die Vaal- en Oranjerivier gevestig. Dit was op grond wat die Griekwas gebruik het om hul veekuddes deur te jaag en wat gesamentlik
31 JULIE GEBEURE 1872 – Spoorlyn van Pretoria na Delagoabaai Amptelike toestemming word deur die Volksraad aan die Zuid-Afrikaansche Republiek verleen vir die bou van die spoorlyn tussen Delagoabaai en Pretoria. 1897 – Kabelverbinding tussen Suid-Afrika en Europa Op 31 Julie 1879 word die eerste kabelverbinding tussen Suid-Afrika en Europa via Aden geloods. Dit is gelê deur die Britse elektriese
JulieWebmeester2023-08-21T15:55:10+02:00