1 AUGUSTUS GEBEURE 1654 – Die fort aan die Kaap se verdedigingspunt, die Walvis, sak inmekaar Die eerste fort wat aan die Kaap gebou is, het bekend gestaan as “Zandenburgh”. Die fort was gebou deur skipbreukelinge van die skip “Nieuwe-Haerlem”. Die tweede fort om aan die Kaap gebou te word, was dié van Jan van Riebeeck. Van Riebeeck se fort
2 AUGUSTUS GEBEURE 1858 – Beheer van die Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie word aan Brittanje oorgedra 1900 – Anglo-Boereoorlog: Lord Kitchener neem bevel van magte oor Lord Roberts stuur sy stafhoof, Lord Kitchener, om die algehele bevel van die magte oor te neem teen genl. De Wet. 1900 – Anglo-Boereoorlog: Skermutseling by Silkaatsnek, ZAR GEBOORTES 1778 – Eerwaarde Erasmus Smit,
3 AUGUSTUS GEBEURE 1853 – Eerste Algemene Kerkvergadering op Rustenburg Op hierdie dag is die eerste Algemene Kerkvergadering van die onafhanklike Voortrekkerkerk op Rustenburg geopen. Hierdie vergadering met ouderling FG Wolmarans as voorsitter en ds. Dirk van der Hoff as skriba, is gevorm deur al die kerkraadslede van die gemeentes Potchefstroom, Rustenburg en Soutpansberg. Lydenburg was nie teenwoordig nie. Byeengeroep deur
4 AUGUSTUS GEBEURE 1782 – Stranding van die Grosvenor Vroeg die oggend van 4 Augustus 1782 het die Grosvenor van die Britse Oos-Indiese Kompanjie (BOIK) enkele kilometers van die mond van die Umzivuburivier in die omgewing van die huidige Port St. Johns gestrand. Eenhonderd ses en dertig van die bemanning en passasiers het daarin geslaag om land veilig te bereik
5 AUGUSTUS GEBEURE 1884 – Stigting van die Nieuwe Republiek Die Vryheid Republiek of Nieuwe Republiek was een van die kleiner Boererepublieke in die huidige Suid-Afrika wat deur die Voortrekkers gestig is nadat hulle die Kaapkolonie, wat onder Britse beheer was, verlaat het. Die Nieuwe Republiek het slegs vir ’n kort tydperk tussen 1884 en 1888 bestaan voor dit in
6 AUGUSTUS GEBEURE 1863 – Seegeveg in Tafelbaai tussen die Alabama en die Sea Bride Op 5 Augustus 1863, die derde jaar van die Amerikaanse Burgeroorlog, het die kruiser Alabama van die Suidelike Konfederasie Tafelbaai vanuit die noordweste binnegevaar. Hierdie orlogskip, onder kaptein R Semmes, het tot in daardie stadium 55 skepe van die Noordelike Federasie gekelder. ’n Federale bark
7 AUGUSTUS GEBEURE 1795 – Die Slag van Muizenberg Die eerste Britse oorname van die Kaap het nie eintlik plaasgevind omdat die Britte op daardie stadium die Kaap in besit wou neem nie, maar omdat hulle die Kaap wou help verdedig teen ’n moontlike Franse oorname. Die Britte het Goewerneur Sluysken aan die Kaap versoek om hulle magte hier te
8 AUGUSTUS GEBEURE 1846 – Burgersdorp aangelê Die plaas Klipfontein is van Gert Buytendach aangekoop vir 15 000 riksdaalders vir hierdie doel. Aanvanklike pogings om die dorp na die Kaapse goewerneur, sir P Maitland, te vernoem is laat vaar omrede laasgenoemde onwillig was. Die dorp is vernoem na die Burgerkommando’s van 1846 wat gedurende daardie tyd in die omgewing betrokke
9 AUGUSTUS GEBEURE 1648 – Skipbreukelinge kom in Nederland aan Die skipbreukelinge van die Nieuw-Haerlem kom in Nederland aan. Die Nieuw-Haerlem was deel van ’n retoervloot wat gedurende Maart 1647 in Tafelbaai gestrand het. Die groep het goed aan die Kaap oorleef en selfs ’n klein fortjie, “Zandenburgh”, gebou. Dit was op grond van hul positiewe verslag dat besluit is
10 AUGUSTUS GEBEURE 1652 – Saad ontkiem Op hierdie dag het Jan van Riebeeck in sy dagboek aangeteken dat die grond so vrugbaar was dat saad wat weggespoel het, in oorvloed ontkiem het. 1854 – In Kaapstad is die eerste stoomaangedrewe drukpers in gebruik geneem 1866 – Eerste verwysing na Antjie Somers Die vroegste bekende verwysing na Antjie Somers verskyn
11 AUGUSTUS GEBEURE 1595 – Cornelis de Houtman in Mosselbaai Conelis de Houtman land by die teenswoordige Mosselbaai. Hierdie landing volg nadat hy nege dae tevore om die Kaap gevaar het. Hulle het van die geleentheid gebruik gemaak en vee van die Khoi geruil. 1914 – Afrikanerrebellie Die magistraat van Lichtenburg, JC Juta, lig die regering in dat hy verneem
12 AUGUSTUS GEBEURE 1819 – Grahamstad gestig Die dorp is deur kolonel John Graham gestig as ’n grenspos naby die Xhosa-gebied toe Britse setlaars arriveer in 1820. Grahamstad is bekend vir sy godsdienstige argitektuur, veral die Anglikaanse katedraal van St. Michael en St. George, wat ’n spits van 150 voet (46 meter) het en ’n deel van die oorspronklike kerk
13 AUGUSTUS GEBEURE 1814 – Kaap word Britse kolonie Die Kaap word ’n Britse kolonie nadat Brittanje volgens die Londense Konvensie, vyf miljoen pond aan Nederland betaal het. 1825 – Hoeksteen van Koninklike sterrewag in Kaapstad gelê 1837 – Zoeloes val “Veglaer” aan Na die slag by Italeni en die mislukte strafekspedisie onder leiding van Cane, Biggar en ander teen
14 AUGUSTUS GEBEURE 1875 – Genootskap vir Regte Afrikaners gestig Op hierdie dag is ’n vergadering in die Paarl gehou wat ’n wending in die geskiedenis van die Afrikaanse volk sou bring. Daar is besluit om die volk bewus te maak van homself en sy taal en om Afrikaans tot sy regmatige plek te verhef. Indien Afrikaans algemeen in gebruik
15 AUGUSTUS GEBEURE 1865 – Slag van Thaba Bosigo Die tweede Basoeto-oorlog het in 1865 uitgebreek. Hoofkommandant JI. Fick was in bevel. Dit was sy plan dat die bergvesting van drie kante aangeval sou word. Op die 15 Augustus 1865 bestorm Louw Wepener en sy mag van 550 man ’n deel van die bergvesting wat bekend gestaan het as “Die
16 AUGUSTUS GEBEURE 1800 – Kaapsche Stads Courant verskyn Die joernalistiek in Suid-Afrika het begin onder die Engelse bewind aan die Kaap, toe die Kaapsche Stads Courant en Afrikaansche Berigter (The Cape Town Gazette and African Advertiser) op hierdie dag gepubliseer is. Die koerant was tweetalig en dit was ook die eerste medium wat nuus en advertensies bevat het. Aanvanklik
17 AUGUSTUS GEBEURE 1665 – Ds. Johannes (Joan) van Arckel kom in die Kaap aan Die Kaap se eerste amptelike predikant, Joan van Arckel, kom aan boord die skip Nieu Middelburg in Tafelbaai aan. Hy bedien die eerste nagmaal en op 23 Augustus 1665 doop hy agt kinders in Fort de Goede Hoop. Op 2 Januarie 1666 lê hy twee
18 AUGUSTUS GEBEURE 1665 – Eerste NG gemeente in Suid-Afrika Die eerste Nederduitse Gereformeerde gemeente in Suid-Afrika gestig (1665) met die landing van ds. Johannes van Arckel as eerste leraar van die NG gemeente Kaapstad. 1863 – Die eerste Transvaalse Staatskoerant is in Pretoria gedruk 1964 – Suid-Afrika word geskors Weens apartheid word Suid-Afrika uit die Olimpiese beweging geskors.
19 AUGUSTUS GEBEURE 1901 – Anglo-Boereoorlog: Burgers gefusilleer By Graaff-Reinet word Petrus Jacobus Fourie, Jan van Rensburg en Lodewyk Francois Stephanus Pfeiffer deur ’n Britse vuurpeleton vir verraad en die moord op Britse troepe gefusilleer. Fourie was ’n 40-jarige, welgestelde en invloedryke boer van die plaas Uitkomst in die Jansenville-distrik. Hy was verhoor op klagtes van hoogverraad, dat hy ’n
20 AUGUSTUS GEBEURE 1892 – “Transvaal National Union” gestig Die Uitlanders se baie griewe het uitgeloop op die totstandkoming van politieke organisasies wat hulle belange behartig het. So is daar in 1890 ’n politieke beweging onder die naam “Political Reform Association” gestig. Dit het egter later doodgeloop. Op 20 Augustus 1892 is daar toe onder voorsitterskap van J Tudhope ’n
21 AUGUSTUS GEBEURE 1655 – Walvisvangery verbied Kommandeur Jan van Riebeeck het in sy pogings om die verversingspos aan die Kaap te vestig onder meer aan die NOIK se Kamer van Sewentien voorgestel dat grootskeepse walvisvangery aangepak word. Op 21 Augustus 1655 laat die Kamer egter aan Van Riebeeck weet dat die voorstel oorweeg is, “maar ons meen dat ons
22 AUGUSTUS GEBEURE 1650 – Die Here XVII besluit om verversingspos aan die Kaap te stig Hierdie besluit het gelei tot die vestiging van die blankes in Suid-Afrika. Verskeie geografiese en politieke faktore het gelei tot hierdie belangrike besluit. Vir die handelskepe van die VOC op hul maande lange seereise na die Ooste was ’n verversingspos ’n vereiste. So ’n
23 AUGUSTUS GEBEURE 1661 – Toekenning van plase beperk Die Here XVII beveel Jan van Riebeeck om die toekenning van plase aan die Kaap te beperk tot beamptes wat wou boer, om die aantal Vryburgers so min as moontlik te hou. 1765 – Eerste erediens Die eerste erediens word in die ou Groote Kerk in Kaapstad gehou. Die kerk is
24 AUGUSTUS GEBEURE 1572 – Barholomeusnag Die Bartholomeusnag of Bloedbruilof was in 1572, toe duisende Protestante in Parys byeengekom het om die huwelik van Magaretha van Valois met Hendrik van Bourbon te vier. Baie Franse Rooms-Katolieke het gevrees dat hierdie huwelik die Protestantse element in die land sou versterk. Daarom het hulle ’n vreesveldtog begin en die koning Karel IX
25 AUGUSTUS GEBEURE 1685 – Kommandeur Simon van der Stel vertrek op sy lang reis na Namakwaland 1900 – Anglo-Boereoorlog: Ontmoeting met Paul Kruger President MT Steyn kom by Waterval-Onder aan om president Paul Kruger te ontmoet. 1900 – Anglo-Boereoorlog: Skermutseling by Kalkfontein, Zeerust, ZAR 1998 – Pypbom ontplof ’n Pypbom ontplof in die restaurant Planet Hollywood in die Kaapstadse
26 AUGUSTUS GEBEURE 1785 – Die distrik Graaff-Reinet is saamgestel 1879 – Die spoorlyn van Port Elizabeth bereik Graaff-Reinet 1901 – Anglo-Boereoorlog: Burgers gefusilleer Daniël Olewagen en Ignatius (Naas) Nel word deur ’n vuurpeloton vir verraad in die Kaapkolonie gefusilleer omdat hulle as perdewagters vir ’n invallende Boerekommando opgetree het. 1914 – Nasionale Party van Transvaal gestig Op hierdie dag
27 AUGUSTUS GEBEURE 1818 – Cradock in die Oos-Kaap gestig Die dorp Cradock is in die Oos-Kaap gestig. Een van Cradock se bekendste besienswaardighede is die Schreiner Huis-museum waar Olive Schreiner die skrywer van die boek The Story of an African Farm, as jong meisie gewoon het. Die huis is een van die oudste wonings wat nog in Cradock staan
28 AUGUSTUS GEBEURE 1879 – Cetshwayo gevange geneem Cetshwayo, laaste van die groot Zoeloe-konings, word gevange geneem deur die Britte aan die einde van die Zoeloe-oorloë. 1900 – Anglo-Boereoorlog: Presidente Steyn en Kruger beweeg na Nelspruit. 1900 – Anglo-Boereoorlog: Kruger kry verlof Op ’n gesamentlike vergadering van die Uitvoerende Rade van beide Republieke stel pres. MT Steyn voor dat die
29 AUGUSTUS GEBEURE 1848 – Geveg by Boomplaats Die republikeinsgesinde Trekkers tussen die Oranje- en Vaalrivier was gekant teen die anneksasie van die gebied deur sir Harry Smith vroeg in 1848. Op versoek van die Winburgers het Andries Pretorius met ’n mag wat later tot 1 000 aangegroei het, in die Oranjerivier-Soewereiniteit aangekom en die Britse Resident versoek om die
30 AUGUSTUS GEBEURE 1900 – Anglo-Boereoorlog: Krygsgevangenes vrygelaat Genl. Ben Viljoen laat ongeveer 2 000 Britse krygsgevangenes vry van die kamp by Nooitgedacht. 1900 – Anglo-Boereoorlog: Beset Waterval-Boven en Waterval-Onder Die Britte onder generaal French beset Waterval-Boven en Waterval-Onder in Oos-Transvaal. 1904 – Die Kondervatorium van die Universiteit van Stellenbosch kry beslag Die voorneme om ’n Konservatorium tot stand te
31 AUGUSTUS GEBEURE 1900 – Anglo-Boereoorlog: Trein en soldate geroof Kommandant Danie Theron roof ’n trein en 30 soldate by Kliprivierstasie, naby die huidige Soweto. 1900 – Anglo-Boereoorlog: Geveg by Quaggafontein, Krugersdorp 1901 – Anglo-Boereoorlog: Tobias Smuts gedemoveer Kommandant Louis Botha demoveer assistentkommandant-generaal Tobias Smuts as gevolg van sy optrede by Bremersdorp. 1901 – Anglo-Boereoorlog: burgers ontspoor trein Jack Hindon
AugustusWebmeester2023-08-21T15:58:13+02:00