Maart

In Maart se dagstukke word die Kaapkolonie gevolg van die vroeë dae van Britse bewind tot by die Groot Trek. Dit eindig met die donker dae toe al die belangrikste trekleiers gedood is en dit gelyk het of die trek op ’n mislukking gaan uitloop.

  • 1 MAART - AARDBEWING LAAT MENSE KERK TOE STROOM ’n Aardbewing het die aand van 4 Desember 1809 ’n groot indruk op die mense van Kaapstad en omstreke gemaak. ’n Skrikwekkende gerammel is plotseling gehoor “asof ’n honderdtal waens in volle galop die straat opgery, of liewer, met die snelheid van die bliksem daaroor gevlieg het”, het ’n ooggetuie gesê. Terselfdertyd het

  • 2 MAART - VERSPREIDING VAN AFRIKAANS Vroeg in die 19de eeu het reste van die Khoi-Khoi-stamme van die Kaapkolonie die gebied noord van die Oranje, dit wil sê die huidige Namibië, binnegetrek. Hulle was bekend as die “Orlams” of “Oorlams”. Dié benaming kom via die 17de-eeuse Nederlands van die Maleise orang lama (datang), “iemand wat al lank gelede (na die Ooste) gekom

  • 3 MAART - DIE SWARTE OMMEGANG Graaf Caledon, wat in Mei 1807 goewerneur geword het, het voor sy vertrek op 4 Julie 1811 rondgaande howe ingevoer. Die eerste rondgaande hof (Augustus 1811) het oor die beklaenswaardige Bethelsdorp net so ongunstig geoordeel as alle ander besoekers. Bethelsdorp se sendelinge was verantwoordelik vir ’n volgende rondgang van die howe wat berug geword het. J

  • 4 MAART - SLAGTERSNEK Cradock is in 1814 opgevolg deur lord Charles Somerset (1767–1831). Sosiaal het hy op goeie voet met die Afrikaners verkeer, en hulle het dit ook waardeer dat hy volbloedperde, Devonbeeste en Southdownramme ingevoer het. Vroeg in sy bewind moes hy egter die Slagtersnek-opstand onderdruk. ’n Klag deur ’n Khoi-Khoi-werker Booi teen Frederik Cornelis Bezuidenhout van die plaas Baviaanskloof

  • 5 MAART - ENGELS VERSTERK DEUR IMMIGRANTE EN PREDIKANTE Lord Charles Somerset het besef dat sy grensbeleid kan slaag as daar baie wit mense in die Suurveld in die Oos-Kaap kon bly. Sulke mense was daar: baie Britte het weens armoede en werkloosheid na ander lande geëmigreer. Sowat 90 000 wou Kaap toe gaan, maar sowat 5000 het toestemming gekry om te

  • 6 MAART - ENGELS WORD AMPTELIKE TAAL EN SKOOLTAAL Reeds in Sir John Cradock se tyd was daar tekens van ’n beleid wat Afrikaanssprekendes in die res van die eeu sou benadeel, naamlik die invoer van Engels as enigste offisiële taal. John Barrow, wat so onsimpatiek teenoor die Afrikaners was, het voorgestel dat alle offisiële dokumente, transportaktes en dergelike in Engels moes

  • 7 MAART - FAMILIES VERENGELS ... EN VERAFRIKAANS Toe Engels in 1832 in die Kaapkolonie die enigste taal van die geregshowe word, het baie regsgeleerdes wat net onderrig en ervaring in Nederlands gehad het, daardeur hul verdienste verloor. Baie het feitlik bedelaars geword. Party nuwe maatreëls het die burgers groot moeite gegee. Op 25 Januarie 1825 is bepaal dat alle dokumente aan

  • 8 MAART - ’N NUWE GELDSTELSEL Die koms van die Britse bewind het vanselfsprekend ingehou dat, behalwe die nuwe taal, ook ’n nuwe muntstelsel aanvaar sou word. In die vroeë jare van die Kaap was daar verskeie munte in omloop, maar in 1781 het die Kaapse bewind begin om papiergeld uit te reik – die bekende Kaapse rijksdaalder of riksdaalder. Hoewel Britse

  • 9 MAART - AFRIKANERS KRY TYDSKRIFTE EN KOERANTE Afrikaners was tot in die 1820erjare polities apaties. Hulle het nog geen koerante of tydskrifte gehad om hul volks- en taalbelange te stel nie. Daaraan sou langsamerhand verandering kom. Die Kaapsche Stads Courant/Cape Town Gazette and African Advertiser, van 7 Julie 1826 af The Cape of Good Hope Government Gazette, het ’n regeringsorgaan met

  • 10 MAART - DIE EMANSIPASIE VAN DIE BRUIN MENSE John Philip, superintendent van die Londense Sendinggenootskap (LSG), het in 1819 aan die Kaap gekom. Die LSG het in 1818 ’n doktorstitel vir hom van ’n Amerikaanse universiteit gekoop; die gedagte was dat dié graad die Afrikaners sou imponeer. Hy is die skrywer van Researches in South Africa (1828), ’n boek vol weersprekings,

  • 11 MAART - TAALTOESTAND AAN DIE OOSGRENS VOOR DIE TREK Was die regering se taalmaatreëls ’n oorweging vir die trek? Blykbaar nie. CFJ Muller beskryf in Die oorsprong van die Groot Trek die taaltoestand in die grensdistrikte en -dorpe vóór die trek. Op die platteland het al hoe meer Britse Setlaars Afrikaans begin leer (behalwe in die Setlaarsdistrik Albanie) en is in

  • 12 MAART - OORSAKE VAN DIE GROOT TREK Daar is drie keuses vir die grensboer: “Ons moet óf weghardloop, óf stilsit en ons kele laat afsny, óf ons moet verdedig wat ons het.” Dit was in 1825 die woorde van Andries Stockenström in die drosdy van Graaff-Reinet aan twee sendelinge van die Londense Sendinggenootskap (John Philip en William Wright) en ’n liberale

  • 13 MAART - SWART MIGRASIES IN SUIDER-AFRIKA Die Groot Trek is makliker gemaak deur ’n reeks massiewe volksverhuisings wat aan die gang gesit is deur die Zoeloeleier Shaka nadat hy omstreeks 1816 opperhoof geword het. Oor die oorsake van hierdie verhuisings is daar verskil van mening, maar wat dit ook al was, die gevolge was ingrypend. Al sy swart bure moes swig

  • 14 MAART - VOORBEREIDINGS VIR DIE TREK Hoeveel mense het aan die trek deelgeneem? Die gesaghebbende antwoord hierop kom van Jan Visagie in sy Voortrekkerstamouers 1835–1845. Tussen dié twee jaartalle het 2540 gesinne aan die trek deelgeneem – sowat 17 000 wit mense. (Hy skat die gemiddelde gesin op ses tot sewe mense.) Daarby moet ’n mens enkellopendes en grootouers, asook werksmense,

  • 15 MAART - OP DIE TREKPAD OOR BERGE EN RIVIERE Die trekkers was heeltemal afhanklik van die trekosse en het hulle goed opgepas. Snags is soms groot vure gemaak om wilde diere weg te hou. ’n Span het gewoonlik uit twaalf tot sestien osse bestaan, en elke os het sy eie naam gehad. In Tregardt se trek was daar ’n Ribbok, Somer,

  • 16 MAART - BY DIE UITSPANPLEK: KOS KOOK, KLERE MAAK, SIEKES DOKTER Die trekkers het volgens Op trek (redakteur J Celestine Pretorius) in groepies getrek en gekampeer omdat daar nie weiding vir almal se vee was nie. Sulke groepe het oor en weer gekuier, koffie gedrink en soms saamgeëet, soos op Nuwejaar. Wanneer gevaar dreig, het die geselskappe gekonsolideer. Die meeste trekkers

  • 17 MAART - PARTY PREDIKANTE WOU NIE VOORTREKKERKINDERS DOOP NIE Op enkele uitsonderinge na het die predikante van die NG Kerk die trek afgekeur omdat hulle bang was dat die trekkers sou verwilder, maar veral omdat die trek opstand teen die wettige owerheid was. So het die Sinode van 1837, waarvan die meerderheid Afrikaners was, in ’n herderlike brief die deelname van

  • 18 MAART - SKOOLGAAN OP DIE TREKPAD Die geestelike boeke van die Voortrekkers het preek-, gesange- en kategeseboeke ingesluit. Die trekkers het graag gesing, soms met viool- of akkordeonbegeleiding. Party het draagbare huisorreltjies of serafyne gehad. Reeds in die 18de eeu was daar liedeboeke waarin geestelike en selfs wêreldlike liedjies opgeteken is. Eie berymings op bestaande liedere is gedoen en die melodieë

  • 19 MAART - VAN RENSBURG SE TREK VERDWYN SPOORLOOS Die eerste trekleier, Louis Tregardt, gebore 1783, was kleinseun van die Tregardt-stamvader, ’n Sweedse immigrant. Louis Tregardt is in 1833 uit die Kolonie na Hintsa se gebied, maar toe dié in April 1835 ook in die grensoorlog betrokke raak, het Tregardt en sy mense padgegee en voor die end van 1835 oor die

  • 20 MAART - UIT DIE DAGBOEK VAN LOUIS TREGARDT Uit Louis Tregardt se dagboek leer ons sy geselskap beter ken as enige ander trek. Soos Anna Böeseken toon, rus sy blik veral met trots en voldoening op sy naasoudste seun Petrus Frederik of Pieta, gebore 30 Oktober 1819. Behalwe Pieta op jag – daar was leeus, tiers, renosters, kwaggas, wildevarke, elande, wildebeeste,

  • 21 MAART - TREKKERS BINNE EN TREKKERS BUITE DIE LAER Andries Hendrik Potgieter (1792–1852), beter bekend onder sy tweede naam, en sy geselskap van sowat 200 uit die Tarka het teen die einde van 1835 met hul trek begin. Potgieter was ’n indrukwekkende man: 1.8 meter lank, fors gebou, gespierd, ’n knap perderuiter, skerpsinnig, rusteloos en met ’n aggressiewe selfstandigheidsdrang. ’n Lid

  • 22 MAART - DIE SLAG VAN VEGKOP Mzilikazi het in 1836 vir die trekkers ’n groot bedreiging geraak. Hendrik Potgieter het einde Augustus van Tregardt af teruggekeer en die verwoesting in die laers aanskou wat die Matebele aangeval het. Dit was by Liebenbergkoppie waar byna almal uitgemoor is en later die dag by Kopjeskraal, waar die trekkers hulle met welslae verdedig het.

  • 23 MAART - OPTREDE TEEN DIE MATABELE Intussen het ’n nuwe trek die Oranje oorgetrek, dié van Gerrit Maritz uit Graaff-Reinet. Hy was ’n wamaker en een van die rykste manne daar. Maritz het grond besit en as regsagent opgetree. Met sewe spoggerige waens, blou geverf en met ’n mooier fatsoen as die gewone, het hy op trek gegaan. Hy het heelwat

  • 24 MAART - “NIEUW HOLLAND IN ZUID-OOST-AFRIKA” Piet Retief, wat in die Sesde Grensoorlog alles verloor het, wou nie dadelik aan die trek deelneem nie, en het eers met die luitenant-goewerneur, Andries Stockenström, onderhandel, maar vergeefs. Op 2 Februarie 1837 verskyn sy manifes in die Graham’s Town Journal, waarin hy sê dat die trekkers weens die landsbeleid geen vooruitsigte in die Kolonie

  • 25 MAART - POTGIETER WOU SO VER MOONTLIK VAN ENGELSE WEGKOM Piet Retief was van die begin af ten gunste van Natal as die eindbestemming van die trek. Daarmee het ander leiers nie saamgestem nie. Potgieter se groot strewe was om so ver moontlik van die Engelse weg te kom, en omdat daar reeds ’n paar Engelse handelaars in Port Natal was,

  • 26 MAART - RETIEF BESLUIT OM SELF NA DINGAAN TE GAAN Teen die einde van 1837 het dit dus gelyk of daar ’n toekoms vir die trekkers is. Ná die onderhandelinge met Dingaan was daar in Natal ’n vooruitsig van grondgebied. En terwyl die onderhandelinge in November in Natal aan die gang was, het ’n kommando onder Potgieter en Uys (Maritz was

  • 27 MAART - VOORBODES EN WAARSKUWINGS TEEN DINGAAN Die oggend van 25 Januarie 1838 het Piet Retief en sy keurkommando afskeid geneem van die res van die trekkers. Erasmus Smit het die godsdiensoefening in Retief se tent gelei. Retief was die vorige week neerslagtig, “vol droefheid” oor die tweedrag onder die mense, skryf hy aan sy vrou. Hendrik Potgieter, met wie hy

  • 28 MAART - DIE MOORD OP PIET RETIEF Toe die trekkers op 6 Februarie 1838 gereed staan om te vertrek, kom ’n boodskapper van Dingaan by Retief met die versoek dat die trekkers nog eenmaal na hom moet kom om te groet. ’n Oomblik het die Boere geaarsel, maar Retief het hulle gerusgestel. Die hele geselskap, ook die bruin mans, is almal

  • 29 MAART - MOORDE EN HELDEDADE Ná die moord het Dingaan en sy raadgewers ’n erger slagting voorberei. Een van hulle het gesê: “Nou moet ons die wyfievoël en die kinders op die nes gaan vang.” Kort daarna het baie Zoeloesoldate verdwyn in die rigting waaruit die Boere gekom het. Die les wat die trekkers in 1836 geleer het toe die Matebele

  • 30 MAART - DIE HELDEDAAD VAN DIRKIE UYS Die terugtrekkende Zoeloes het op 17 Februarie 25 000 beeste, en baie skape, bokke en perde saamgeneem. Waens en gereedskap was totaal verwoes, die laers tot niet gemaak, en 282 wit en 250 bruin mense vermoor. Hele gesinne was uitgewis. Daar was feitlik geen gesin wat nie iemand aan die dood moes afstaan nie.

  • 31 MAART - DONKER DAE VIR DIE VOORTREKKERS By die geveg van Italeni moes nie net Uys se manne vlug nie, maar ook Potgieter se kommando. Die skrik het wyd versprei en elkeen het van die onheilstoneel probeer wegkom. Die aand van 12 April het die eerste twee lede van die kommando weer by die laer aangekom en die hele nag het