• 1 OKTOBER GEBEURE 1655 – Vrye ondernemerskap Jan van Riebeeck ontvang ’n brief van die Here XVII dat amptenare vrygestel mag word om vrye ondernemerskap te beoefen. 1686 – Kermis Simon van der Stel, goewerneur aan die Kaap, stel op hierdie dag die gebruik in dat van die 1ste Oktober tot die14de Oktober jaarliks kermis gehou sal word aan die

  • 2 OKTOBER GEBEURE 1901 – Anglo-Boereoorlog: Piet Schuil gefusilleer Pieter (Piet) Schuil (23) is op hierdie dag gefusilleer in die Rustenburg-distrik. Piet was ’n gekwalifiseerde onderwyser wat op Rustenburg skoolgehou het. Met die uitbreek van die oorlog het hy by die kommando’s aangesluit om so ook sy deel te doen. Piet was egter maar ’n dromer, ’n man van boeke

  • 3 OKTOBER GEBEURE 1685 – Die Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie besluit om Franse Hugenote-vlugtelinge na die Kaap te stuur 1831 – Die “Driemanskap” telegrafeer hulle beswaar oor die vredesvoorwaardes na Engeland 1939 – Aanvang van die FAK se Eerste Ekonomiese Kongres Een van die eerste en dringendste vraagstukke waarmee die FAK sedert sy stigting gekonfronteer is, was die betreurenswaardige ekonomiese toestand

  • 4 OKTOBER GEBEURE 1886 – Amptelike stigtingsdag van die goudstad Johannesburg Die plaas Randjieslaagte word geproklameer as ’n openbare delwery en die volgende dag vaardig die adjunk landmeter-generaal, Johann Rissik ’n plan uit vir die opmeet van ’n dorp. Hierdie dorp was Johannesburg. Die indrukwekkende Rissik-Poskantoor is vernoem na Johann Rissik en is onlangs opgeknap tot sy voormalige glorie. 1914

  • 5 OKTOBER GEBEURE 1837 – Piet Retief vertrek na Natal om met Dingaan te onderhandel oor grondgebied 1853 – Darling ontstaan Die dorp, Darling, ontstaan op hierdie dag. Darling het sy ontstaan aan die behoefte tot ’n kerk te danke. Bewoners van Groenkloof was van mening dat die kerk op Malmesbury te ver was vir gereelde bywoning. Gedurende 1852 het

  • 6 OKTOBER GEBEURE 1654 – Houtbaai as woonplek vir Nederlandse gesinne Die direkteure van die Hollandse Oos-Indiese Kompanjie (Here XVII) stel Houtbaai aan Jan van Riebeeck voor as moontlike gebied om sommige Nederlandse gesinne te vestig. 1900 – Tweede Vryheidsoorlog: Oranje-Vrystaat geannekseer Die Oranje-Vrystaat word amptelik deur die Verenigde Koninkryk geannekseer as die Oranjerivierkolonie. 1902 – Die spoorlyn tussen Kaapstad

  • 7 OKTOBER GEBEURE 1901 – Anglo-Boereoorlog: Verpleegsters se dienste nie meer benodig Op aandrang van die Dameskommissie moet GF Esselen (superintendent van die Irene-konsentrasiekamp) mevv. Armstrong, Enslin, Vlok, mejj. Finaly, Cilliers, Dürr en Van Warmelo (almal Hollands-/Afrikaanssprekende vrywillige verpleegsters verbonde aan die Rooikruis) in kennis stel dat hul dienste nie meer benodig word nie. Hoewel Esselen self baie tevrede met

  • 8 OKTOBER GEBEURE 1811 – George kom tot stand Die dorp George kom tot stand. Dertig erwe word op hierdie dag per publieke veiling verkoop. George was aanvanklik ’n distrik van Swellendam. Die distrik was egter baie groot en om hierdie rede het graaf Caledon, die Kaapse goewerneur, toestemming aangevra om die Kolonie se distrikte te vermeerder. Op 23 April

  • 9 OKTOBER GEBEURE 1803 – Jacob Abraham Uitenhage de Mist en sy dogter Augusta vertrek na 'n verkenning van die binneland Op 9 Oktober 1803 verlaat Jacob Abraham de Mist, kommissaris-generaal, Kaapstad op ’n reis van 167 dae na die binneland, vergesel van sy dogter Augusta, ’n metgesel met die naam Mietjie Versveld, sy seun en dr. Heinrich Lichtenstein, ’n

  • 10 OKTOBER GEBEURE 1896 – Gereformeerde Kerk in Kerkstraat se hoeksteen word gelê Die kerk se hoeksteen is deur Paul Kruger gelê op sy verjaarsdag, 10 Oktober 1896, en ’n houer met dokumente is ook in die muur vasgemessel. Hy het die kerk amptelik geopen op Kersdag in 1897. In 1951 is restourasiewerk gedoen, en die houer is toe oopgemaak

  • 11 OKTOBER GEBEURE 1663 – Jonas de la Guerre verlaat die Kaap in ’n ekspedisie na die noorde Op hierdie dag het sersant Jonas de la Guerre die Kaap verlaat om noordwaarts te gaan op soek na die “groot rivier wat van oos na wes gevloei het” en om “handelsgeleenthede te ondersoek”. Hy het opgetree volgens die instruksies van Zacharias

  • 12 OKTOBER GEBEURE 1679 – Simon van der Stel kom in die Kaap aan 1898 – Normaalskool gestig Die Bloemfontein Onderwysersopleidingskollege word as die Normaalskool gestig, met PJ du Pré le Roux as eerste skoolhoof. 1899 – Anglo-Boereoorlog: Die eerste skote gevuur Die heel eerste skoot van die Anglo-Boereoorlog is op hierdie dag om ongeveer 22:45 uit die Mauser van

  • 13 OKTOBER GEBEURE 1867 – Die eerste diamant in Suid-Afrika gevind Die eerste diamant wat in Suid-Afrika gevind is, die Eureka-diamant van 21,25 karaat, is op 13 Oktober 1867 deur die 15-jarige Erasmus Jacobs naby Hopetown langs die Oranjerivier opgetel. Terwyl die Jacobs-kinders daarmee gespeel het, het dit die aandag van ‘n buurman getrek wat dit op sy beurt aan

  • 14 OKTOBER GEBEURE 1828 – Suid-Afrikaanse Kollege kom tot stand Tydens ’n vergadering in Kaapstad word besluit om die Suid-Afrikaanse Kollege (voorloper van die UK en SACS) te stig. 1875 – Oorhandig kopie van Transvaalse Volkslied Catharina F Rees, komponis van die “Transvaalse Volkslied”, oorhandig ’n kopie van die Lied aan president TF Burgers. “Kent gij dat volk vol heldemoed

  • 15 OKTOBER GEBEURE 1668 – Eerste erwe Simon van der Stel, Kaapse goewerneur, hou persoonlik toesig oor die uitmeet van die eerste erwe op Stellenbosch. 1910 – De Natal Onderwijzers Unie gestig Die Natalse Onderwysersunie (NOU) 1914 – Afrikanerrebellie JBM Hertzog bied in ’n telegram aan Louis Botha aan om na Manie Maritz te gaan. Botha verwerp sy aanbod nog

  • 16 OKTOBER GEBEURE 1815 – Cornelis Freek Bezuidenhout en Jacob Erasmus doodgeskiet Cornelis Freek Bezuidenhout, vergesel van sy seun en ’n besoeker, Jacob Erasmus, word deur Khoi-soldate onder ’n wit luitenant in die Baviaansrivier doodgeskiet toe hy hom verset om gearresteer te word op aanklagte van mishandeling van ’n swart werker. Hierdie voorval het tot die Slagtersnek Rebellie gelei. 1836

  • 17 OKTOBER GEBEURE 1911 – Pres. Steyn deur Louis Botha genooi na byeenkoms om uniale politieke party te stig Dit is verbasend hoe gereeld pres. MT Steyn deur verskillende politieke partye en kultuurgroepe genader is om sedert 1902 en ook ná 1910 leiding te gee. Toe premier Louis Botha ’n uniale politieke party wou stig, het hy eweneens vir Steyn

  • 18 OKTOBER GEBEURE 1686 – Edik van Nantes herroep Na ’n reeks godsdiensoorloë in Frankryk in die 16de eeu het koning Hendrik IV in 1598 die Edik van Nantes uitgevaardig. Hiervolgens het die Franse Protestante, bekend as Hugenote, ’n groot mate van geloofsvryheid verkry. Toe Lodewyk XIV in 1685 die edik herroep was daar vir diegene wat hulle protestantse geloofsoortuiging

  • 19 OKTOBER GEBEURE 1899 – Anglo-Boereoorlog: Die Transvaalse vlag word by Vryburg gehys 1900 – Anglo-Boereoorlog: Aanval by Fauresmith 1904 – Die Suid-Afrikaanse Vrouefederasie is gestig Die oorlogsjare het Transvaal en die Vrystaat verander in ’n woesteny. Die stoflike bestaansmiddele was grotendeels vernietig en die deel van die Boerevolk wat nie op die slagvelde en in die Konsentrasiekamp-kerkhowe begrawe is

  • 20 OKTOBER GEBEURE 1859 – Hoeksteen van kerkgebou Die hoeksteen van die oudste kerkgebou in Transvaal, die NG Kerk in Potchefstroom, gelê. 1885 – Die Boererepubliek Upingtonia kom tot stand 1899 – Anglo-Boereoorlog: Geveg by Talana Baie vroeg op hierdie dag was die toneel gereed vir die eerste veldslag van die Tweede Vryheidsoorlog in Natal. Genl. Lucas Meyer se afdeling

  • 21 OKTOBER GEBEURE 1899 – Anglo-Boereoorlog: Geveg by Elandslaagte Genl. JHM Kock, met die Johannesburg-kommando en die Duitse en die Hollandse korps onder hom, het op 19 Oktober daarin geslaag om die Britse spoorverbinding tussen Ladysmith en Glencoe gedeeltelik te ontwrig. Daarna het Kock so oormoedig geraak dat hy besluit het om die spoorwegstasie Elandslaagte, sowat 24 km noord van

  • 22 OKTOBER GEBEURE 1900 – Anglo-Boereoorlog: Aanval by Luckhoff 1914 – Afrikanerrebellie Die tweede vergadering by Koppies in die Vrystaat vind plaas. Dit word onder meer deur Christiaan de Wet, Jan Kemp, Brand Wessels, Nicolaas Serfontein en FGA Wolmarans bygewoon. CG Fichardt daag op met ’n spesiale boodskap van president Steyn waarin die aanwesiges aangemoedig word om die protesvergadering voort

  • 23 OKTOBER GEBEURE 1838 – Pietermaritzburg gestig Die aanwesigheid van verhongerde Boesmans het die Voortrekkers van Natal se beoogde eerste dorp Bosjesmansrand laat heet. Dit was ook as Stinkhoutrand bekend. Die vermoede bestaan dat Piet Retief self die standplaas in die Umzinduzivallei uitgesoek het. Ná die moord op hom en die dood van Gerrit Maritz is daar op hierdie dag

  • 24 OKTOBER GEBEURE 1683 – Oloff Bergh keer terug Kaptein Olof Bergh keer op hierdie dag terug van ’n lang en uitgebreide reis na Namakwaland. Die reis is onderneem in opdrag van die Kaapse goewerneur, Simon van der Stel, en wel om die volgende rede: Dit het van tyd tot tyd gebeur dat anderskleuriges by die Kasteel aangekom het met

  • 25 OKTOBER GEBEURE 1746 – Swellendam gestig Die Goewerneur-in-Rade aan die Kaap gee amptelik toestemming dat geboue op ’n vooraf uitgesoekte stuk grond opgerig mag word. Die Politieke Raad gee op 26 Oktober 1747 amptelik toestemming dat die stuk grond/dorp bekend mag staan as Swellendam. Swellendam is die derde oudste dorp in Suid-Afrika, en is vernoem na die goewerneur Hendrik

  • 26 OKTOBER GEBEURE 1657 – Eerste pynappels Die eerste pynappels word in Suid-Afrika aangeplant. 1706 – Die Here XVII besluit om geen verdere immigrasie na die Kaap te steun nie Teen 1700 het daar na vyftig jaar sedert die volksplanting slegs ongeveer 1 600 blankes aan die Kaap gewoon. Nogtans het die Here XVII op hierdie dag in 1706 besluit

  • 27 OKTOBER GEBEURE 1899 – Anglo-Boereoorlog: Skermutseling by Lombardskop, Ladysmith 1900 – Anglo-Boereoorlog: Skermutseling by Rensburgdrif, Parys 1901 – Anglo-Boereoorlog: Emily Hobhouse word onder militêre arres geplaas Emily Hobhouse is op hierdie dag in militêre arres geplaas by haar aankoms met die Avondale Castle in Tafelbaai. Hierdie arbitrêre stap het gevolg op die verklaring van krygswet in die Kaapkolonie, maar

  • 28 OKTOBER GEBEURE 1900 – Gelderland verlaat Dar-es-Salaam Die Gelderland, met President Paul Kruger en sy geselskap aan boord, verlaat Dar-es-Salaam 1912 – Brief van J van Graan aan Louis Botha oor die konsiliasiepolitiek van die regering In ’n brief deur J van Graan van Bloemfontein aan premier Louis Botha kom enkele gedagtes na vore wat baie Afrikaners oor baie

  • 29 OKTOBER GEBEURE 1914 – Afrikanerrebellie Jan Kemp en Christiaan Beyers is nog na Haakboschlaagte op pad toe sy kommando, onder bevel van Izak Claasen, by Treurfontein met regeringsmagte in aanraking kom. Ses rebelle onder twee wit vlae het te perd tot sowat 500 meter van die regeringsmagte gery en met hulle hoede gewaai. Kaptein Nolte van die regeringsmagte het

  • 30 OKTOBER GEBEURE 1854 – Goud is ontdek in die Soutpansberge 1866 – Brandfort gestig Die dorp is aangelê op die plaas Keerom wat aan Jacobus van Zijl behoort het. Daar bestaan twee weergawes met betrekking tot die ontstaan van die naam van die dorp. Die eerste is dat Jacobus van Zijl ’n fort gebou het op ’n koppie, bekend

  • 31 OKTOBER GEBEURE 1517 – Hervormingsdag Hierdie dag word in die Protestantse Kerke as die begin van die Kerkhervorming beskou, en jaarliks word dit op die Sondag die naaste daaraan herdenk. Die datum is dié waarop Martin Luther 95 stellinge aan die deur van die slotkerk in Wittenberg aangebring het. Die inhoud van die stellinge het gehandel oor die verwerplikheid