1 FEBRUARIE GEBEURE 1708 – Louis van Assenburgh word aangestel as opvolger van goewerneur Willem Adriaan van der Stel aan die Kaap Louis van Assenburgh word aangestel as goewerneur aan die Kaap. Hy was ’n gerespekteerde militêre offisier. Anders as sy voorganger, Simon van der Stel, was hy egter nie ’n openbare figuur nie. Wat wel bekend was, is dat
2 FEBRUARIE GEBEURE 1653 – Eerste koolkoppe aan die Kaap geoes Op hierdie dag is die eerste mooi koolkoppe aan die Kaap geoes. Deel van die aandete was kool gewees en almal het ingestem dat dit vorentoe smaak en ’n aangename afwisseling was. Die rooikool was egter nog nie reg om geoes te word nie. Van Riebeeck noem dat verskeie
3 FEBRUARIE GEBEURE 1488 – Bartolomeus Dias land in Mosselbaai Dias se karvele kon nie deur die sterk suidoostewind vaar nie, en met ’n roete-aanpassing het hulle om Kaappunt gevaar. Dias se geselskap het óf by Visbaai óf Mosselbaai hul eerste tree op die suidkus van Afrika gegee. Hier het die eerste skermutseling tussen Westerling en die Hottentotte plaasgevind. Daarna
4 FEBRUARIE 4 FEBRUARIE GEBEURE 1838 – Die Retief-Dingaan-traktaat Piet Retief het in November 1837 vir die eerste keer met Dingaan onderhandel oor ’n grondgebied in Natal vir die Voortrekkers. Hoewel Dingaan gewillig was om grond aan die Voortrekkers af te staan, het hy dit as voorwaarde gestel dat Retief die Zoeloes se beeste wat Sekonyela se mense geroof
5 FEBRUARIE GEBEURE 1900 – Anglo-Boereoorlog: Geveg by Vaalkrans (Vaalkrantz) Dit begin op hierdie dag wat op 7 Februarie in ’n Boere-oorwinning eindig. Dag 1: Generaal Buller se mag van by die 24 220 man kom presies 6:00 die oggend in beweging. Daar word na Potgietersdrif se kant beweeg, maar dit is net vir die skyn. Presies om 7:00 skiet
6 FEBRUARIE GEBEURE 1795 – Die Vryburgers roep die Republiek van Graaff-Reinet uit In die 18de eeu bereik die eerste berede kommando’s van die Nederlandse setlaars die gebied waar Graaff-Reinet tans lê. Hulle het vanuit die Kaapkolonie na die ooste getrek. Die eerste boerderye word in die jare ’70 van die 18de eeu opgerig. In hierdie eerste jare heers daar
7 FEBRUARIE GEBEURE 1886 – Ontdekking van goud George Walker ontdek goud terwyl hy die fondasies lê vir ’n huis op die Witwatersrand. 1900 – Anglo-Boereoorlog: Geveg by Vaalkrans (Vaalkrantz) Dag 3: Die son het skaars begin bak toe die Republikeinse artillerie begin het om die Britse stellings te bestook. Generaal Buller is onseker oor homself en die vermoë van
8 FEBRUARIE GEBEURE1837 – Die Voortrekkers kies die eerste kerkraad van die onafhanklike VoortrekkerkerkNadat die Trekgroep reeds oor die Oranjerivier was, is oorgegaan tot die daarstelling van ’n amptelike bestuur vir die Voortrekkers. Aangesien die Trekkers besiel was met die gedagte dat “de openbare Godsdienst de eerste grondslag moet zijn waarop een Christelijke Maatschappij moet gegrondvest worden”, sou hierdie amptelike bestuur
9 FEBRUARIE GEBEURE 1898 – Pres. Paul Kruger is herverkies as President van die ZAR 1841 – Daniël Lindley as predikant van die gemeente Pietermaritzburg aangestel Na jare van ontevredenheid met Erasmus Smit as predikant van die Voortrekkers – onder meer vanweë die feit dat hy dan nie voldoende opgelei en behoorlik bevoeg verklaar is om al die kerklike sakramente
10 FEBRUARIE GEBEURE 1840 – Mpande word koning van die Zoeloes MW Pretorius verklaar Mpande as koning van die Zoeloes nadat die mag van Mpande se broer, Dingane, gebreek is by ’n laaste geveg by Magongo op die Umkuzirivier. 1841 – Erasmus Smit tree af Erasmus Smit, omstrede predikant onder die Voortrekkers weens o.a. ’n mate van twyfel oor die
11 FEBRUARIE GEBEURE 1699 – Vryburgers en WA van der Stel Wilhelm Adriaan van der Stel kom in die Kaap aan om by sy vader as goewerneur oor te neem. Sy bewind was gekenmerk deur korrupsie deur die amptenare en botsings met die Vryburgers, soveel so dat Henning Hüising en drie ander Vryburgers deur hom na Nederland verban is. Toe
12 FEBRUARIE GEBEURE 1850 – Die eerste kunstentoonstelling in Suid-Afrika open in Kaapstad 1869 – Die Tweede Verdrag van Aliwal-Noord Na die Tweede Basoeto-oorlog (1865 tot 1866) het die Kaapse goewerneur, sir Philip Wodehouse, as bemiddelaar tussen die Vrystaat en die Basoeto’s opgetree, terwyl die grondgebied wat die Vrystaat in die oorlog verower het, aan hom toegestaan is. Plundering en
13 FEBRUARIE GEBEURE 1713 – Pokke-epidemie Pokke-epidemie tref die verversingstasie aan die Kaap, nadat dit saam met die bemanning op ’n Nederlandse skip aangekom het. Die siekte veroorsaak onherstelbare verwoesting onder die inheemse en kolonistiese bevolking van die Kaapse Skiereiland en aangrensende binneland. Die inheemse Khoisan-mense word die hardste getref. 1785 – Martinus Bergh vertrek na Nederland Die Kaapse burger,
14 FEBRUARIE GEBEURE 1687 – Die hoeksteen van die eerste NG Kerk op Stellenbosch word gelê 1785 – Cornelis Jacob van de Graaff word goewerneur Cornelis Jacob van de Graaff aanvaar die goewerneurskap aan die Kaap. Graaff-Reinet is na hom en sy vrou vernoem. 1840 – Natal tot Voortrekkerrepubliek geproklameer Pas nadat Dingaan verslaan en Mpande tot koning van die
15 FEBRUARIE GEBEURE 1743 – Die Politieke Raad besluit om meer kerke aan die Kaap op te rig Baron van Imhoff, besoekende goewerneur-generaal van Oos-Indië, het as voorsitter opgetree by die vergadering van die Politieke Raad op hierdie dag. Hy het sy kommer uitgespreek oor die onkunde op godsdienstige gebied wat hy op sy kort reis in die binneland teengekom
16 FEBRUARIE GEBEURE 1850 – Harrismith ontstaan Harrysmith is vernoem na Harry Smith, baronet van Aliwal, asook Kaapse goewerneur gedurende 1847. Harry Smith word ook onthou omrede die slag van Boomplaats. Na Boomplaats het hy die sogenaamde Vaalrivier distrik gestig wat uit sowat 300 plase bestaan het en waarop later onder meer die dorp Harrismith aangelê was. Die taak om
17 FEBRUARIE GEBEURE 1838 – Voortrekkers word wreed vermoor by Moordspruit, Blaauwkrans en Weenen (Slag van Saailaer) Die Voortrekkers in Natal het in Februarie 1838 op Piet Retief se terugkeer van Dingaan af gewag. Retief het ’n ooreenkoms om grondgebied finaal gaan beklink. Maritz se mense het langs die Boesmansrivier naby die huidige Estcourt gestaan. Retief se mense was by
18 FEBRUARIE GEBEURE 1766 – Probleme op die slaweskip Meermin Enkele dae tevore het ’n skip bekend as die Meermin vanuit Madagaskar na die Kaap vertrek. Die skip het aan die VOC behoort en het ’n vrag slawe aan boord gehad. Die kaptein het die slawe jammer gekry, hul kettings afgehaal en hulle op die dek laat rondbeweeg. Samelopend het
19 FEBRUARIE GEBEURE 1730 – Jan de la Fontaine as goewerneur van die Kaapkolonie benoem Die Kaapse koloniste het op hierdie dag met blydskap verneem dat Jan de la Fontaine die nuwe goewerneur aan die Kaap sou wees nadat hy reeds 20 jaar getroue diens aan die Kompanjie gelewer het. Hy het die agting en liefde sowel van die burgers
20 FEBRUARIE GEBEURE 1656 – Jan van Riebeeck se seuntjie oorlede Anthony, die babaseuntjie van Jan en Maria van Riebeeck, het slegs twee maande oud geword. Omdat daar gedurende hierdie tyd geen predikant aan die Kaap was nie, het hy gesterf sonder dat hy gedoop is. Die sterftesyfer onder jong kinders was in die 17de eeu ontsettend hoog. Jan en
21 FEBRUARIE GEBEURE 1657 – Eerste toekenning van grond aan Vryburgers aan die Kaap Op hierdie dag het die eerste “nege vrije luyden” grond aan die Kaap gekry. Die burgers kon hulle eie grond uitkies en is in twee kolonies gevestig, nl. Harmanskolonie en Stevenskolonie. Hulle moes die landbou op vasgestelde voorwaardes bevorder. Die Kompanjie sou aan die Vryburgers plaasgereedskap
22 FEBRUARIE GEBEURE 1707 – Stryd teen WA van der Stel gewen Die inwoners van Stellenbosch is in die nag van 22 Februarie 1707 uit hul slaap gewek deur ’n jong man wat te perd deur die stil strate gejaag en die lug laat weergalm het met die kreet “Victorie, Victorie!”. Die gerug het die burgers bereik dat hulle die
23 FEBRUARIE GEBEURE 1854 – Oranje-Vrystaat kom tot stand Nadat sir Harry Smith die gebied tussen die Oranje- en Vaalrivier tot die Oranjerivier-Soewereiniteit verklaar het, sou die Republikeinse Trekkers met die steun van Andries Pretorius tevergeefs by Boomplaats in Augustus 1848 die gebied probeer herwin. Die Britse gesag is opnuut bevestig, maar dit is halsstarrig en onwillig deur die Boere
24 FEBRUARIE GEBEURE 1862 – Edenburg gestig Die dorp het onstaan as ’n kerkdorp van die Ned. Geref. Kerk en is aangelê op die plaas Rietfontein. Die dorpsinwoners het aanvanklik gevra dat die dorp vernoem moet word na ds. Andrew Murray. Murray het egter gevra dat dit vernoem moet word na sy geboortedorp in Skotland, Edinburgh. 1866 – Die Nederduitsch
25 FEBRUARIE GEBEURE 1660 – Heining om vee te beskerm Jan van Riebeeck besluit om ’n heining te plant sodat die inheemse volke nie gesteelde vee kan wegvoer nie. Oorblyfsels van hierdie heining is vandag nog te sien. 1727 – Pieter G van Noodt word goewerneur van die Kaap 1902 – Anglo-Boereoorlog: Oorwinning by Ysterspruit Op die oggend van 25
26 FEBRUARIE GEBEURE 1852 – Die Birkenhead strand ’n Skip, die Birkenhead strand naby Danger Point. Aan boord was gewees 638 passasiers. Slegs 184 sou lewend aan die ramp ontkom. Die meerderheid passasiers aan boord was Britse soldate gewees. 1876 – Die Eerste Beginsels van die Afrikaanse Taal gepubliseer Die voorstanders van Afrikaans het dadelik besef dat ’n Afrikaanse spraakkuns
27 FEBRUARIE GEBEURE 1751 – Rijk Tulbagh word goewerneur aan die Kaap 1837 – Wet word gepubliseer ’n Wet, bekend as die “Cape of Good Hope Punishment Act” word op hierdie dag in die Government Gazette gepubliseer. In kort het dit beteken dat ’n kakebeenwa soos gebruik was in die tyd nie meer as 10 pond kruit mag vervoer nie.
28 FEBRUARIE GEBEURE 1706 – Adam Tas in hegtenis geneem In die nag van 27/28 Februarie 1706 is Adam Tas deur landdros Starrenburg in hegtenis geneem. Dit is belangrik om daarop te let dat Adam Tas in 1697 as vrye burger na die Kaap gekom het. Hy was dus, in teenstelling met so baie ander Vryburgers, nooit in diens van
29 FEBRUARIE GEBEURE 1510 – D’Almeida gooi anker in “Tafelbaai” Don Francisco d’Almeida gooi op hierdie dag anker in ’n toekomstige Tafelbaai. Tesame het die vloot uit drie skepe bestaan, en was D’Almeida aan boord die Belem gewees. Van die bemanning het aan wal gestap en sake met die inheemse bevolking gedoen. Sake het goed gevlot, en is daar ook
FebruarieWebmeester2023-08-21T15:23:37+02:00