Januarie

Januarie se stukkies handel oor ’n deel van die geskiedenis van die Kaap onder die VOC se regering.

  • 1 JANUARIE - ’N RUSTIGE SATERDAG IN TAFELBAAI Saterdag 6 April 1652 het besondere betekenis vir baie mense. Dié dag is vir hulle die begin van groot dinge in Suid-Afrika. In later jare is soms gepraat van volksplanting en stigtingsdag. Maar eintlik was dit net ’n rustige dag in Tafelbaai – al wat anders was, was dat twee mans op

  • 2 JANUARIE - WAAROM HET VAN RIEBEECK HIERHEEN GEKOM? Hoewel die Portugese in die 15de eeu die militêre beheer gehad het oor die Indiese Oseaan en aangrensende kuste, asook die handel met die Ooste, was dit nie hulle wat aan die Kaap ’n handelspos gaan stig het nie. Dis gedoen deur ’n nuwe handelsnasie wat van die tweede helfte van die 16de

  • 3 JANUARIE - DIE “GOUE EEU” IN NEDERLAND Die koms van ’n groepie Nederlanders na die Kaap was eintlik die gevolg van ’n direksiebesluit van ’n groot maatskappy in een van die kleinste volke van Europa. Dit was egter ’n volk wat ondanks sy betreklik klein bevolking van 1,8 miljoen in 1650 sy “Goue Eeu” beleef het. Die lande van Europa het

  • 4 JANUARIE - EERSTE TEENSLAE EN SUKSESSE Van alles wat gebeur het in die nuwe land, het Van Riebeeck noukeurig verslag gedoen in sy dagverhaal. Dit beslaan 2400 foliobladsye. In 1952–1957 is ’n wetenskaplik verantwoorde uitgawe uitgegee. Ons is dus goed ingelig oor die vroeë jare aan die Kaap. In skoolgeskiedenisboeke is soms van die Kaap geskryf as “verversingspos”, maar volgens kenners

  • 5 JANUARIE - VOEDSEL GERANTSOENEER Die tekort aan vee aan die Kaap in 1654 was die gevolg van die optrede van die Khoi-tolk Autshumao, Hadah of Herry. Met die koms van die Hollanders het sy aansien baie verbeter. Hulle het hom as kaptein van die “Strandlopers” of “Watermans” behandel, al het hy geen beeste gehad nie en al het sy mense ’n

  • 6 JANUARIE - DIE EERSTE SLAWE KOM AAN Herry, wat soek was sedert die moord en diefstal van Oktober 1653, het in Junie 1655 weer by die Fort opgedaag. Hy het veertig mooi melkkoeie gehad, en het ’n ander Khoi-Khoi-stam van die moord en diefstal beskuldig. Niemand het hom geglo nie, maar omdat die Here XVII gelas het dat Van Riebeeck die

  • 7 JANUARIE - DIE EERSTE VRYBURGERS KRY PLASE Die Kompanjie het sy slawe hoofsaaklik as algemene arbeiders gebruik, maar ’n aantal was vakmanne soos timmermans en messelaars. Ander het as huisbediendes, tuiniers en veewagters gewerk. Die meeste Kompanjieslawe is gehuisves in die slawelosie wat egter gou tot ’n soort bordeel ontaard het. Party buite-egtelike kinders het blanke vaders gehad. Van 21 Februarie

  • 8 JANUARIE - DIE KAAP NÁ TIEN JAAR Van Riebeeck wou graag na die Ooste gaan en het in 1662 sy lank begeerde bevordering gekry. Hy is opgevolg deur Zacharias Wagenaer. Toe dié op 2 April 1662 in die Kaap aankom, het Van Riebeeck hom te voet en te perd elke uithoek van die nedersetting gaan wys: ook die pakhuise, smids- en

  • 9 JANUARIE - ’N KRISISJAAR VIR NEDERLAND ÉN AFRIKAANS Kort ná die verlies van Noord-Amerika het die stryd tussen Engeland en Nederland verder gegaan. Die Nederlanders het in 1666 en 1667 onder Michiel de Ruyter groot seeslae teen die Engelse gewen, selfs in die Teems opgevaar en verskeie Engelse oorlogskepe verwoes. Maar in 1672 is Nederland, en daarmee sy klein kolonie aan

  • 10 JANUARIE - DIE AGTERUITGANG VAN DIE KHOI-KHOIN Teen 1679 was die Kaap nog nie aantreklik vir die amptenare nie; niemand het lus gehad om hom blywend aan die Kaap te vestig nie. Maar die meerderheid vryburgers het ondanks hul moeilikhede geen verlange gehad om na Nederland of Batavia te gaan nie. Wanneer een van hulle dood is, het die weduwee selde

  • 11 JANUARIE - DIE KOMS VAN DIE HUGENOTE Die nuwe kommandeur, Simon van der Stel, het op 12 Oktober 1679 in Kaapstad aangekom. Hy het die bestuur van die nedersetting twee dae daarna, op sy veertigste verjaarsdag, oorgeneem. Met sy koms was daar nog maar 762 wit mense, en baie van hulle was amptenare en soldate. Van der Stel is op

  • 12 JANUARIE - DIE EERSTE TAALSTRYD IN SUID-AFRIKA Die kommandeur het die Hugenote ondanks sy bedenkings hartlik ontvang en plase aan hulle langs die Bergrivier toegeken. Sommige se plasies het tussen die nuwe boerderye van die Nederlandse boere gelê, maar waar dié rivier sy oorsprong het, was daar soveel Franse dat dit spoedig as die “Fransche Hoek” bekend gestaan het. ’n Franse

  • 13 JANUARIE - ’N VROEË KAAPSE LITERÊRE WERK Die Kompanjie het die versoek vir ’n klein Franse “tuisland” verwerp omdat die Here XVII wou hê dat die Franse met die Nederlanders integreer en nie ’n groep met ’n afsonderlike taalidentiteit vorm nie. Nederlandse en Franse kinders moes dieselfde skole besoek. Waar moontlik, moes tweetalige onderwysers aangestel word, veral om die Franse

  • 14 JANUARIE - DIE GROOT BOOMPLANTER Simon van der Stel was ’n groot boomplanter. In die Kompanjiestuin was daar sowat drieduisend vrugte- en ander bome, wat ingevoer is uit Europa, Asië en Amerika. Daaronder was mispels, vyebome en granate, terwyl populiere, wilgers en esbome teen die einde van die eeu mooi gevorder het.Die Kompanjie se tuin in Rustenburg het byna sesduisend bome

  • 15 JANUARIE - DIE EERSTE KAPITALIS VAN SUID-AFRIKA Toe Simon van der Stel in 1699 sy amp neerlê, het hy in sy instruksies aan sy seun hom die gebruiklike seën toegewens, maar God ook gesmeek om aan dié seun, Willem, regverdigheid en versigtigheid te gee, asook ’n opregte, suiwer en standvastige gemoed en godvrugtige ywer vir die vestiging van “Kerk en

  • 16 JANUARIE - ’N MITIESE STRYD TEEN DIE MAGHEBBERS BEGIN Twee belangegroepe het vroeg in die 18de eeu teenoor mekaar gestaan: maghebbers en vryburgers. Die mitiese stryd tussen hulle het weerklank gevind in opvattings oor Afrikanerskap in die Afrikaanse letterkunde, onder meer in Johannes van Wyk, een van die gewilde patriotiese romans van die vroeë skrywer JHH de Waal, Hercule des

  • 17 JANUARIE - KLAGSKRIF TEEN DIE GOEWERNEUR EN SY AMPTENARE Op 31 Augustus 1705 het die jaarlikse verpagting van die Kaapse “koele wijne” plaasgevind. Die vier mense wat die hoogste gebie het, moes 36 450 gulden aan die Kompanjie betaal. Plotseling het Willem Adriaan egter laat afkondig dat hy nie tevrede met dié bedrag is nie en het gevra of daar

  • 18 JANUARIE - OPGESLUIT IN DIE “DONKER GAT” Die goewerneur het ook ander planne beraam om hom teen die vryburgers se klagtes te verdedig. Hy het die hele Kaapse gemeenskap na die kasteel genooi. Burgers, vrygestelde slawe, selfs bandiete, is met wyn en tabak getrakteer en gevra om ’n geskrif te teken dat hulle die goewerneur as eerlike mens ken. Baie

  • 19 JANUARIE - “VICTÓRIE! VICTÓRIE!” VIR DIE VRYBURGERS In Februarie 1707 het Starrenburg ’n laaste poging aangewend om die nege vryburgers te vang wat hy ’n paar maande tevore gedagvaar het. Dit was oestyd, en die boere wou op hul plase wees. So kon hy Jacobus van Brakel en Hercules des Pres in die hande kry. Albei is op ’n vuil,

  • 20 JANUARIE - “EK IS ’N AFRIKANER!” In die tyd van onrus, en net voordat die nuus van die “Victórie” gekom het, was Stellenbosch die toneel van ’n byna onbenullige insident wat later deel sou word van die mitiese gebeure. Vier besope en baldadige jong mans, onder wie die sewentienjarige Hendrik Biebouw, het op 6 Maart 1707 groot moles gemaak in

  • 21 JANUARIE - DIE VERDWYNING VAN FRANS ’n Gevoel van eenheid was waarskynlik reeds aan die begin van die 18de eeu in die kiem onder die vryburgers teenwoordig. Hulle het hulle bedreig gevoel deur die San (“Boesmans”) wat vee gesteel en wit mense vermoor het. Maar wat daardie eenheid gou werklikheid laat word het, was die optrede van Willem Adriaan van

  • 22 JANUARIE - DIE WONDER VAN ’N NUWE TAAL Frans het aan die Kaap verdwyn, maar wat het van Hollands geword? Amptenare het dit wel gebruik, maar in die mond van vryburgers, trekboere, slawe en Khoi-Khoin het ’n nuwe taal ontwikkel. Besoekers het dikwels kommentaar daarop gelewer. OF Mentzel, wat van 1733 tot 1741 amptenaar was, skryf dat die taal van

  • 23 JANUARIE - EINDE VAN DIE HOLLANDSE IMMIGRASIE Die oorwinning van die vryburgers oor die amptenare was een van ’n paar gebeurtenisse wat die toekoms bepaal het van die mense wat in ons tyd as Afrikaners bekend staan. Vir die burgers was die boerdery deur Willem Adriaan van der Stel en sy amptenare ’n ekonomiese bedreiging. Hulle kon maklik die

  • 24 JANUARIE - ’N EPIDEMIE MAAI ONDER ALLE BEVOLKINGSGROEPE ’n Ramp het in 1713 al die bevolkingsgroepe aan die Kaap getref. Dit was in ’n tyd dat Europa deur oorloë geteister is en gevaarlike siektes daar versprei het – in party lande die pes, in ander lande die pokke. Teen dié siekte was daar nog geen entstof of geneesmiddel nie. Aan

  • 25 JANUARIE - ’N VOLK VAN BOERE Soos alle handelsondernemings wou die Kompanjie wins maak. In sy oorsese besittings was dit die beleid dat net die Kompanjie handel mag dryf. So streng was die handelsverbod dat mense wat meer as een pond naeltjies, kaneel of neutmuskaat van die Ooste af weggeneem het, met die dood gestraf kon word. Private handel is

  • 26 JANUARIE - DIE LEWE VAN DIE TREKBOERE: VLEIS MET AS TOEKOS ANDER VLEIS Ná 1700 het trekboere in twee rigtings begin uitbrei – noord- en ooswaarts. Tot byna die end van die 1730’s het die trekkers voortbeweeg tussen die kusstrook en die berge wat parallel met die kus loop. Kort voor 1730 het albei hooftrekke op ernstige hindernisse gestuit. In

  • 27 JANUARIE - GODSDIENSTIGHEID VAN DIE TREKBOERE Simpatieke reisigers uit Europa en besorgde Kapenaars het in die 18de eeu soms gevrees dat die boere in die binneland mettertyd sou verwilder en barbare word. Tog het dit nie gebeur nie. Hoewel skole nagenoeg onbekend was, het plaaskinders by rondswerwende “skoolmeesters” leer lees, gewoonlik ontslane matrose en soldate, wat deur hul ouers gehuur

  • 28 JANUARIE - DIE STATEBYBEL Die Statebybel, wat soveel trekboere op hul eensame pad die binneland in vergesel het, was baie gewild in die land. In die 18de eeu het ’n onafgebroke stroom Bybels uit Nederland gekom. Nie alleen het lidmate dit vir huisgodsdiens gebruik nie, maar die reisiger H Lichtenstein vertel aan die begin van die 19de eeu dat mense

  • 29 JANUARIE - PIONIERSWERK OP GENADENDAL Die trekboere het, soos reeds gesê, die slawe en Khoi-Khoin by hul godsdiensoefeninge betrek. Ook sendingwerk is aangepak. ’n Paar predikante in Nederland het die Evangeliese Broederkerk of Morawiese Genootskap gevra om ’n sendeling na die Khoi-Khoin aan die Kaap te stuur. Georg Schmidt van Herrnhut in Silesië was dadelik bereid om te gaan. Hy

  • 30 JANUARIE - KHOI-KHOIN VERLOOR SELFSTANDIGHEID Dwarsdeur die 18de eeu het Khoi-Khoin in diens van wit boere in die Kaapkolonie getree. Die Khoi-Khoin was vaardig met die afrigting en hantering van beeste. Hulle het koeie gemelk, geweet hoe om diere af te slag, velle te bewerk, diervet uit te braai, velsakke, velskoene, swepe en rieme te maak. Met bietjie bykomende

  • 31 JANUARIE -  SLAWEWETTE EN DIE KOMS VAN DIE ISLAM Rijk Tulbagh (1699–1771) was van 1716 in diens van die Kompanjie aan die Kaap en was van 1751 tot 1771 goewerneur. Hy word gewoonlik getipeer met die beskrywing: “streng maar regverdig”. Daarby het hy ook ’n lewendige belangstelling gehad in die Kaapse diere- en plantelewe, en het dikwels die Kompanjie se