1 SEPTEMBER GEBEURE 1836 – William Cornwallis Harris begin met reis William Cornwallis Harris begin op hierdie dag sy reis na binneland vanuit Graaff-Reinet. 1837 – De Aar kom tot stand Die eerste plase in die gebied is op hierdie dag uitgegee. Die dorp se naam is ontleen aan die plaas De Aar waar ’n put gegrawe was wat sterk
2 SEPTEMBER GEBEURE 1848 – Transoranje tot Britse gebied verklaar Die gebied ten noorde van die Oranjerivier is in die veertigerjare van die vorige eeu gekenmerk deur voortdurende botsings tussen verskillende bevolkingsgroepe. Konflik, spanning en onrus het hoogty gevier. En dit sou uiteindelik tot die uitbreiding van die Britse gesag oor gebied lei. Tussen die Afrikaners wat daar woonagtig was,
3 SEPTEMBER GEBEURE 1800 – Graaff-Reinetse rebelle gevonnis In 1795 het rebelle van Graaff-Reinet hulle teen Kompanjie-gesag verset, landdros HCD Maynier verjaag en ’n “vrye Republiek” verklaar – onderdanig slegs aan die Republiek van Nederland. Met die eerste Britse verowering van die Kaap in 1795 het die rebelle ook die gesag verwerp, maar hulle is later verplig om hulle te
4 SEPTEMBER GEBEURE 1865 – Heilbron kom tot stand Pogings om ’n dorp op die plaas Rietfontein te stig, het al so vroeg as 1865 begin. In 1872 is vordering gemaak deurdat genoemde plaas van HP Janse van Nieuwenhuys aangekoop is. Die eerste erwe is daarna op 4 September 1872 verkoop. Die dorp het sy naam aan ’n standhoudende fontein
5 SEPTEMBER GEBEURE 1914 – Afrikanerrebellie Koos de la Rey onderbreek sy reis na Kaapstad om die oefenkamp op Potchefstroom by te woon. Daar is teenstrydige getuienis oor wat hier gebeur het. Volgens een variasie daarvan het Jan Kemp vir De la Rey genooi hom om die manskappe kortliks toe te spreek. De la Rey vermaan hulle om getrou aan
6 SEPTEMBER GEBEURE 1880 – Stadsraad van Bloemfontein Bloemfontein se eerste stadsraadsvergadering is op 6 September 1880 deur tien lede bygewoon nadat die Munisipale Raad deur ordonnansie 9 tot volwaardige stadsraad verhef is. Onder die lede was Isaac Baumann en die sakeman, Robert Innes van Skotse ouers, wat as eerste burgemeester verkies is. Een van die eerste munisipale regulasies wat
7 SEPTEMBER GEBEURE 1914 – Afrikanerrebellie Koos de la Rey eet saam met minister Jan Smuts en sy vrou middagete by hulle huis in Irene waarna hy die aand per trein na Kaapstad vertrek. Christiaan de Wet voer in Bloemfontein met Hertzog samesprekings oor die gespanne toestand in die land. GEBOORTES 1794 – Johannes de Wet, vader van Marie
8 SEPTEMBER GEBEURE 1682 – Halley se komeet Simon van der Stel, goewerneur aan die Kaap, maak in sy dagboek ’n aantekening met betrekking tot Halley se komeet wat sy verskyning in die Suidelike Halfrond gemaak het. 1886 – Delwers stroom na Witwatersrand Duisende delwers, fortuinsoekers stroom na die Witwatersrand nadat gouddelwerye amptelik toegelaat en erken was. 1900 – Anglo-Boereoorlog:
9 SEPTEMBER GEBEURE 1824 – Oranjerivier word grens Die Oranjerivier (Grootrivier) word die noordelike grens van die Kaapkolonie. 1828 – Sir Lowry Cole word goewerneur-generaal van die Kaapkolonie 1900 – Vra toestemming vir oprig van kampe Genl. T Kelly-Kenny vra lord Roberts se toestemming om “refugee camps” in Bloemfontein en Kroonstad op te rig as veilige oorde vir wapenneerleggers en
10 SEPTEMBER GEBEURE 1802 – Samesprekings oor onttrekking van Britse troepe ’n VOC-amptenaar in die Kaap, Frans Bresler, het op 10 September 1802 in Algoabaai samesprekings met lt.goew. Francis Dundas gevoer oor die onttrekking van die Britse troepe aan die Oosgrens. Dit was kort voor die bewindsoorname van die Kaapkolonie deur die Bataafse Republiek wat uit die meeste distrikte van
11 SEPTEMBER GEBEURE 1900 – Kruger trek die grens by Komatipoort oor na Lourenço Marques Op 29 Mei 1900 het Paul Kruger in die ampswoning sy vrou, Gezina, vir die laaste keer gegroet. Dieselfde aand is hy per perdewa na Eerste Fabrieke, waar die trein na Oos-Transvaal gehaal is. Die geselskap wou moontlike onsmaaklikhede op die Pretoria-stasie vermy – daarom
12 SEPTEMBER GEBEURE 1900 – Long Tom vernietig Die eerste van die “Long Tom”- (Creusot-) kanonne word deur adjudant K Roos van die Staatsartillerie by Hectorspruit vernietig. Die stukke is in die Krokodilrivier gegooi. 1900 – Anglo-Boereoorlog: Skermutseling by Nelshoogtepas, Kaapsche Hoop 1914 – Afrikanerrebellie Die Volksraad besluit met 91 teen 12 stemme om Louis Botha se voorstel in verband
13 SEPTEMBER GEBEURE 1853 – Bainskloofpas geopen Die Bainskloofpas van 18 km op die R301 tussen Wellington en Ceres is op 13 September 1853 oopgestel. Dit is tussen 1848 en 1852 deur gevangenes gebou en is deur die Skotsgebore padingenieur, Andrew Geddes Bain, uitgelê. Hy het in 1816, toe hy 19 jaar oud was, na die Kaap gekom en vinnig
14 SEPTEMBER GEBEURE 1795 – Kaap deur Engeland ingeneem Na hulle maklike oorwinning by Muizenberg op 7 Augustus 1795, hoofsaaklik vanweë die lafhartige optrede van lt-kol. CMW de Lille en ’n aantal van sy gereelde soldate, het genl. JH Craig op 14 September 1795 die Kaap weer aangeval en dit sonder slag of stoot verower. Op 15 September is ’n
15 SEPTEMBER GEBEURE 1879 – Anglo-Zoeloe-oorlog: Cetshwayo krygsgevangene Die Zoeloekoning Cetshwayo kaMpande word as krygsgevangene na Kaapstad gestuur waar hy in die Kasteel die Goeie Hoop gevange gehou word. 1892 – Spoorlyn voltooi Die eerste passasierstrein uit Kaapstad na Johannesburg het Parkstasie op 15 September 1892 binnegestoom ná ’n rit van twee dae, 14 uur en 43 minute. Dit was
16 SEPTEMBER GEBEURE 1795 – Voorwaardes vir oorgawe onderteken Die Kaapse Kommissaris-generaal, Abraham Sluysken, het die voorwaardes vir oorgawe aan die Britse owerheid op 16 September 1795 by Rustenburghuis in Rondebosch onderteken. Dit was vyf dae nadat ’n Britse vloot Simonsbaai binnegeseil het om beheer en beskerming van die Kasteel en ander forte by Nederland oor te neem. Sluysken se
17 SEPTEMBER GEBEURE 1853 – Bainskloofpas open Bainskloofpas, gebou deur Andrew Geddes Bain, is op hierdie dag amptelik vir die publiek geopen. 1901 – Anglo-Boereoorlog: Elandsrivier op die plaas Modderfontein - Genl. Smuts val ’n buitepos, beman deur die 17th Lancer, aan 1901 – Anglo-Boereoorlog: Slag van Bloedrivierpoort, Natal Genl. Louis Botha oorrompel die Mounted Infantry onder beheer van lt.kol.
18 SEPTEMBER GEBEURE 1837 – Gerrit Maritz groet Piet Retief voor sy vertrek na die binneland 1914 – Foster-bende pleeg selfdood Drie dae nadat genl. Koos de la Rey in Langlaagte, Johannesburg, deur die polisie geskiet is wat na die berugte Fosterbende gesoek het, het die bendelede op 18 September 1914 selfdood gepleeg toe hulle vasgetrek is. Die bende het
19 SEPTEMBER GEBEURE 1737 – Daniël van den Henghel begin sy termyn as waarnemende goewerneur Daniël van den Henghel begin sy termyn as waarnemende goewerneur van die Kaapkolonie ná die dood van goewerneur Adriaan van Kervel. 1886 – Carl von Brandis aangestel as landdros Die kommissaris van myne, Carl von Brandis, word aangestel as die eerste landdros van Johannesburg wat
20 SEPTEMBER GEBEURE 1879 – Die telegraaflyn tussen Kaapstad en Johannesburg geopen 1886 – Germiston kom tot stand Die Johannesburg se voorstad, Germiston, kom op hierdie dag tot stand. Die totstandkoming was die gevolg van ontdekking van goud op die plaas Elandsfontein. Elandsfontein is op hierdie dag amptelik tot gouddelwerye verklaar. 1914 – Afrikanerrebellie: Koos de la Rey begrawe Koos
21 SEPTEMBER GEBEURE 1828 – Shaka vermoor Die Zoeloekoning Shaka is deur sy halfbroers, Dingane en Mhlangane, vermoor. 1899 – Die laaste sitting van die Vrystaatse Volksraad in Bloemfontein Reeds na die mislukte Bloemfontein-konferensie tussen pres. Paul Kruger en lord Milner in Junie 1899 was daar net een woord op almal se lippe: OORLOG! Toe die Volksraadslede dus op 21
22 SEPTEMBER GEBEURE 1849 – Stigting van die dorp Lydenburg Die dorp Lydenburg is op 21 September 1849 gestig deur ‘n groep Voortrekkers wat voorheen in 1846 die omliggende gebied betrek het onder leiding van Andries Hendrik Potgieter. 1899 – Anglo-Boereoorlog: NZASM Die ZAR neem die beheer oor die spoorlyne en werkwinkels van die Nederlandsche Suid-Afrikaansche Spoorweg-Maatschappij (NZASM). 1902 –
23 SEPTEMBER GEBEURE 1914 – Afrikanerrebellie By generaal Christiaan de Wet se vergadering op Koppies word die regering skerp gekritiseer oor die beoogde veldtog in Duitswes-Afrika. Generaal Jan Smuts stuur ’n telegram aan generaal Manie Maritz waarin hy hom vra of hy ’n sterk mag van Kakamas na Schuitdrift aan die Oranjerivier kan laat optrek, asook ’n mag van Upington
24 SEPTEMBER GEBEURE 1660 – Jan van Riebeeck skryf aan Otto Jansz Jan van Riebeeck het aan Otto Jansz op Robbeneiland geskryf en hom onder meer meegedeel: “Voorts verwag ons van u ’n opgaaf van die getal ooie, ramme en hamels wat u op die eiland het en of u nog ’n stuk of wat Hollandse ramme nodig het. Dié
25 SEPTEMBER GEBEURE 1657 – Eerste voltydse tuiner word vryburger Die eerste voltydse tuinier van die VOC aan die Kaap was die 43-jarige Jan Hendrik Boom wat op 25 September 1657 ’n vryburger geword het. Hy was meer as vyf jaar tevore saam met sy vrou Annetjie en kinders op die Drommedaris van kommandeur Jan van Riebeeck na die Kaap.
26 SEPTEMBER GEBEURE 1815 – Suid-Afrikaanse Weeshuis ingewy Die eerste kinderhuis in Suid-Afrika, die Suid-Afrikaanse Weeshuis, is deur ds. JP Serrurier van die Gemeente Kaapstad ingewy. 1900 – Anglo-Boereoorlog: Skermutseling by Burgerpas, Pelgrimsrus 1901 – Anglo-Boereoorlog: Gevegte by Itala en Prospect Teen die lente van 1901 het genl. Louis Botha sy planne vir ’n inval in Natal gereed gehad. Op
27 SEPTEMBER GEBEURE 1666 – Cornelis van Quaelb word kommandeur Zacharias Wagenaer word deur Cornelis van Quaelbergen opgevolg as kommandeur van die Kaap van Goeie Hoop. 1900 – Bekragtig oprigting van konsentrasiekampe Lord Frederick Sleigh Roberts bekragtig die oprigting van konsentrasiekampe in die Anglo-Boereoorlog. 1950 – Eskader na Koreaanse Oorlog Twee Eskader van die Suid-Afrikaanse Lugmag – die Flying Cheetahs
28 SEPTEMBER GEBEURE 1683 – Vryburgers versoek skool en kerk Vryburgers vanuit die Stellenbosch omgewing rig ’n versoek aan die Politieke Raad van die Kaap. Hulle vra ondermeer ’n skool vir hul kinders, asook ’n eie kerk. Die versoek word toegestaan. Sybrand Mankadan was die eerste onderwyser asook sieketrooster en voorleser. 1899 – Boeremagte vertrek na die ZAR en OVS
29 SEPTEMBER GEBEURE 1652 – Tafelberg word bestyg Herrie die Strandloper het volgens ’n inskrywing in Jan van Riebeeck se dagboek, op 29 September 1652 die eerste keer ’n paar van sy lede teen Tafelberg op vergesel. Dit was byna ses maande ná hul aankoms in Tafelbaai, wat hulle die eerste Europeërs op die berg maak. Herrie, of Harry omdat
30 SEPTEMBER GEBEURE 1885 – Republiek van Goosen afgeskaf Die Republiek van Goosen word afgeskaf en heringelyf in Brits-Betsjoeanaland, nadat ’n Britse militêre mag onder Sir Charles Warren na die gebied gestuur is. 1901 – Cornelis Broeksma word tereggestel Cornelis Broeksma was ’n prokureur van Holland, en gedurende die Anglo-Boereoorlog het hy in Johannesburg gewoon en gepraktiseer. Hy het ook
SeptemberWebmeester2023-08-21T16:00:36+02:00