OKTOBER

Oktober se dagstukke beskryf van die eerstge groot prestasies in die Afrikaanse taal, soos digkuns van wêreldgehalte en rolprente. Die rol van Afrikanerwerkers en ekonomiese maatreëls vir die oplossing van die armblankevraagstuk loop oor na die ernstige verdeeldheid tydens die Tweede Wêreldoorlog.

  • DIE JEUG SE GEESDRIF EN PROBLEME "Daardie kinders het selfrespek, en ’n mens wens net dat jy dit van alle Afrikaanssprekendes kan sê,” skryf die Potchefstroomse blad Die Weste op 2 Oktober 1931 oor ’n Johannesburgse sportbyeenkoms: “Skoolseuns handhaaf/ Moedertaal meer werd as medaljes.” ’n Leerling wat ’n wedloop gewen het, het geweier om sy medalje te ontvang omdat daar nie ook

  • EERSTE AFRIKAANSE ROLPRENTE Afrikaans het in 1931 sy eerste klankrolprent gekry: Moedertjie, ’n 32 minuut lange verwerking van JFW Grosskopf se eenbedryf In die wagkamer. Die vervaardiger was African Film Productions (AFP), waarvan IW Schlesinger die oprigter was. Joseph Albrecht was die regisseur, maar omdat hy nie veel Afrikaans verstaan het nie, is Stephanie Faure se hulp ingeroep. Sy het die draaiboek

  • NUWE TEMAS VIR DIE POËSIE Die digters het algaande oor nuwe en selfs gewaagde sake geskryf. Gedigte van Toon van den Heever, later appèlregter, is in 1919 uitgegee met nuwe temas soos erotiese drif, opstand teen God, twyfel oor die Afrikanervolk; ook die mooi gedig “In die Hoëveld”.Twee persoonlike rampe wat Totius in 1920 getref het, het neerslag gevind in sy bundel

  • GEWILDE AFRIKAANSE BOEKE; DIE VOLKSKRYWER LANGENHOVEN STERF "Die Rooidag van die Afrikanerdom” is die benaming van die kritikus PC Schoonees vir die jare twintig. Een van die skrywers wat hy eervol vermeld, en wie se werk gretig gelees is, was AA Pienaar. Sy klassieke Uit oerwoud en vlakte (1921) onder die skuilnaam Sangiro was een van die gewildste ouer boeke en het

  • SÓ HET EEN ABSA-BANK BEGIN: VOLKSKAS Werke soos Ampie het die “armblanke” as motief gehad. Die benaming armblanke kom waarskynlik van die meestal minagtende Amerikaanse uitdrukking Poor White. Onze Arme Blanken was die titel van ’n ope brief van dr. Andrew Murray in Januarie 1893. Onder die rykstes in die land was daar byna geen Afrikaner nie, maar by die brandarmes is

  • UIT DIE 1930’S: GELUKSKOTE, ’N SUKSESVERHAAL EN ’N DINAMIETONTPLOFFING In die dae van armoede het duisende Afrikaners gestroom na ’n diamantveld wat padwerkers in 1926 in die omgewing van Lichtenburg ontdek het. Om wanorde met die afpen van kleims te beperk, het die regering stormlope of kleimwedrenne gereël. Mense het resies gehardloop en die wenners het kleims op die gunstigste plekke afgesteek.

  • BITTERHEID VAN DIE VERLEDE Die jare 20 was op politieke gebied nooit rustig nie. In die vroeëre jare 30 het die spanning selfs toegeneem. Onder ’n groot groep Engelssprekendes van Natal het in 1932 ’n beweging ontstaan om van die res van Suid-Afrika af te skei. Baie Natallers was ontevrede omdat amptenare ook dáár tweetalig moes wees. Óók in 1932 is, veral

  • DIE DROOGTE VAN DRIE-EN-DERTIG Nog dekades ná die 1932–1933-droogte is dikwels verklaar: dis nou “die ergste sedert 1933”; eers die 2015–2020-droogte was erger. Droogte was deel van die lewe in Suid-Afrika. Die “grote droogtevraagstuk”, in 1922 só genoem in ’n verslag van ’n kommissie van ondersoek, was dan ook die tema van verskeie artikels, boeke en amptelike verslae.In een daarvan, Dorre Suid-Afrika

  • POLITIEKE KRISIS: GESUIWERDES EN SMELTERS Die droogte van 1932–1933 het saamgeval met die ergste ekonomiese depressie wat die land beleef het. ’n Bitter politieke stryd het ontstaan oor die goudstandaard, ’n geldstelsel waarin die geldeenheid gelyk in waarde is aan ’n vaste hoeveelheid goud. In beginsel kon iemand destyds ’n pondnoot by die bank inwissel vir ’n goue pond. Diepgaande verskille het

  • AFRIKANER-PLEITBESORGERS VIR SWART MENSE Die botsing van “basiese instinkte” waarna Cillié verwys, kom ook tot uiting in die houding van Afrikaners teenoor die swart mense in die jare dertig. Aan die een kant het die teenstellings tussen die rasse toe verskerp; baie wit mense het maatreëls geëis teen veral woonbuurt- en sosiale integrasie en bloedvermenging. Tog was daar ook pogings om

  • SIMON VAN DER STEL AS BRUIN ROLMODEL "Ons volk was baie verlate,/ Van vele min geag,/ Hul kyk nou dieper in sake,/ En lees wat ons vermag”. So lui ’n strofe van ’n vers, “Ons ‘Son’”, wat op 13 April 1934 geplaas is in The Sun. Dit was ’n lofgedig vir dié weekblad as “bron van lig en lewe”, wat “skyn

  • DIE GROOTSTE AFRIKAANSE BLITSVERKOPER Te midde van broederstryd, droogte en ekonomiese nood het 1933 tog ’n ligpunt gebring: die vertaling van die Bybel in Afrikaans. ’n Besluit om die Bybel te vertaal, is in 1916 op voorstel van dr. NJ van der Merwe geneem deur die Vrystaatse Sinode van die NG Kerk, asook die Transvaalse Sinode van die Gereformeerde Kerke. ’n

  • DIE DERTIGERS: ’N DEBUUTBUNDEL WORD “GEDOOP” Op 29 Maart 1934 het ’n merkwaardige klein seremonie by die huis van NP van Wyk Louw en sy vrou Joan in Kaapstad plaasgevind. Sy jonger broer, WEG Louw se eerste digbunbdel, Die ryke dwaas, is “gedoop”. Die digter en ’n mooi jong joernalis, Truida Pohl, het die boek soos twee doopouers vasgehou en sjampanje

  • NP VAN WYK LOUW NPvan Wyk Louw het gou die sentrale figuur in die Afrikaanse letterkunde en kultuurlewe geword. Die skrywer en historikus Karel Schoeman noem Louw “Suid-Afrika se grootste digter en een van die min figure van wêreldformaat wat die land nog opgelewer het.” Die Engelse skrywer Guy Butler sou hom beskou as “the greatest poet our complex society has

  • EUGÈNE MARAIS STERF Op 29 September 1936 het die digter Eugène Marais homself met ’n haelgeweer doodgeskiet op sy vriend Gustav Preller se plaas Pelindaba. Daarmee het ’n einde gekom aan die tragiese lewe van een van die briljantste Afrikaners van sy tyd. Wat die publiek nie geweet het nie, was dat Marais ’n morfinis was. Waarom hy op 21-jarige leeftyd

  • PIERNEEF, MOERDIJK EN ANDER KUNSTENAARS Afrikaners het in toenemende mate ook die beeldende kuns beoefen. Onder die eerste skilders was Gregoire Boonzaier, WH Coetzer, Maggie Laubser, E Mayer, Hugo Naudé, JH Pierneef en Pieter Wenning. Jacob Hendrik Pierneef (1886–1957) is in Pretoria gebore. Met die Britse besetting van die stad moes sy Nederlands-gebore vader, Gerrit Pierneef, kies tussen gevangenskap of deportasie.

  • AFRIKANERS IN DIASPORA Van 1937 tot 1939 het groepies Afrikaners per skip in Kaapstad aangekom uit Argentinië wat 35 jaar lank hul vaderland was. Dit was een van ’n paar lande waarheen Afrikaners ná die Anglo-Boereoorlog geëmigreer het omdat hulle nie onder die Britse vlag wou bly nie. Party is na Duits-Wes (Namibië) en het die getalle van die Afrikaners versterk,

  • AFRIKANERS “IN AGTERBUURTE SAAMGEHOK” Waar is die duisende Afrikaners wat die stad binnegestroom het? “In die agterbuurte, saamgehok in skandelike huise, donker, onhigiënies, vuil. Die mense is honger, beroerd, bang. Hulle werk in fabrieke, by die dokke, oral waar hulle maar ’n werkie kan kry. Hulle klop bedelend aan my deur. Ek kry familie na familie, waar die kinders kaalvoet, honger

  • OP REIS MET OOM PAUL Afrikaanse toneelstukke is al in die 19de eeu opgevoer. Ook Gustav Preller en JHH de Waal het die waarde van toneel vir die Afrikaanse beweging ingesien. Preller en sy vriende het in 1907 die Afrikaans-Hollandse Toneelvereniging gestig en verskeie stukke opgevoer soos die steeds gewilde Piet se tante. Later in die 20ste eeu het toneelgroepe die

  • INSPIRASIE UIT DIE ANGLO-BOEREOORLOG Kommer oor die voortbestaan van die Afrikaner as ’n gemeenskap met ’n eie taal het ook by baie joernaliste bestaan. Die Afrikaner moet gehelp word om in die stede “homself te bly”, soos Die Huisgenoot dit op 4 Maart 1938 stel. Die redakteur van dié blad het volksgetrouheid op ’n ander manier probeer bevorder. JMH (Markus) Viljoen,

  • SPRINGBOKKE SPEEL TEEN DRIE RUGBYLANDE Paul Roos se toerspan na Engeland in 1906 (kyk by 25 Augustus) het die grondslag gelê vir Suid-Afrika se roem as rugbyland. In alle toetse teen Engeland sedert daardie jaar het Suid-Afrika ’n geringe voorsprong geniet tot 1974. In ’n Engelse toer na Suid-Afrika was in 1924: drie toetsoorwinnings vir die Springbokke en een toets gelykop,

  • DIE SIMBOLIESE OSSEWATREK VAN 1938 Die politieke verdeeldheid onder Afrikaners het sy dieptepunt in Mei 1938 bereik in die weke voor die verkiesing van 18 Mei. Daar was lelike bakleierye. ’n NP-plakkaat teen gemengde huwelike het onenigheid veroorsaak en bygedra tot ’n verkiesingsnederlaag van dié party. Die opsteller daarvan, ’n man van Heilbron, het uit selfverwyt homself doodgeskiet.Wat ’n ommekeer gebring het,

  • OSSEWATREK INSPIREER SKRYWERS EN BEVORDER AFRIKAANSE RADIO Die Trekherdenking het die Afrikaanse kultuurlewe verryk. Die Afrikaanse koerante en tydskrifte het talle artikels en spesiale uitgawes oor die Groot Trek gehad. Die pragtige gedenkuitgawe van Die Huisgenoot – 192 bladsye dik op glanspapier en met hoogstaande artikels deur historici en vier kleurafdrukke van skilderye – het ’n versamelaarstuk geword. Magdalena Retief van Uys

  • EKONOMIESE VOLKSKONGRES: “’N VOLK RED HOMSELF!” Een uitvloeisel van die Ossewatrek was die Ekonomiese Volkskongres van 5 tot 7 Oktober 1939 in Bloemfontein. Die FAK het die kongres op versoek van die Broederbond gereël, en 757 mense uit alle dele van die land het dit bygewoon. Die voorsitter was ds. William Nicol en die beskermheer dr. JD Kestell. Kestell het gesê: “Ons

  • ANTON RUPERT VORDER SKOUSPELAGTIG Aanvanklik het Bonuskor veral belê in visserye, staal- en houtbedrywe, plaasimplemente, chemikalieë en steenkoolmyne. Hoewel dit die beleid was op te konsentreer op finansieel gesonde ondernemings, het een van die eerste lenings gegaan aan ’n klein maatskappy, Voorbrand Tabak. Aan die hoof van Voorbrand was Anton Rupert, ’n man met ’n MSc in chemie. Op 23-jarige leeftyd het

  • TWEEDE WÊRELDOORLOG VERDEEL SUID-AFRIKANERS Gebeurtenisse in Europa het opnuut die politiek en die hele lewe in Suid-Afrika beïnvloed. Groot ellende het ná die Eerste Wêreldoorlog in Duitsland geheers: armoede, werkloosheid, inflasie. Uit die moedeloosheid is die Nasionaal-sosialistiese Duitse Arbeidersparty (kortweg die Nazi-party) gebore met Adolf Hitler as leier. Nazi-Duitsland het Oostenryk in 1938 “aangeheg”, die Sudetengebied in Tsjeggo-Slowakye dieselfde jaar ingelyf en

  • GEVEGTE IN ABESINNIË, LIBIË EN ITALIË Die oorlog het die armblankevraagstuk help oplos omdat die oorlogsekonomie en die verdedigingsmag aan soveel armes ’n heenkome gegee het. Weens die verset teen die oorlogsbeleid wou Smuts, opperbevelhebber van die Verdedigingsmag, nie mense opkommandeer nie. Hy het egter beroepe op mense gedoen om vrywillig aan te sluit. Duisende hét ook. Teen 1942 was daar 150

  • OSSEWABRANDWAG EN STORMJAERS Die Britse koning het genl. Smuts in September 1941 tot veldmaarskalk benoem. In die Engelssprekende wêreld was sy aansien groot. Hy het ook ’n magtige man geword. Die Parlement het in 1940 die Wet op Oorlogsmaatreëls aangeneem. Dit het die regering die mag verleen om heelparty belangrike dinge te doen sonder verlof van die parlement. Pryse van goedere en

  • AGTER TRALIES EN DORINGDRAAD Party Stormjaers het in interneringskampe beland. Dié kampe is kragtens noodregulasies opgerig vir Duitse en Italiaanse onderdane, asook Afrikaners wat gevaarlik geag is. Nie al die geïnterneerdes was saboteurs en aktiviste nie. Baie het bloot vanweë verdenking daar beland. Bloemfonteiners was geskok toe prof. WFC Arndt en dr. JGA Arndt van UKOVS in 1940 geïnterneer is. Nog ’n

  • HOOGTEPUNTE IN DIE AFRIKAANSE POËSIE Die bittere politieke verdeeldheid was ’n doring in die vlees van Afrikaners. NP van Wyk Louw noem dit “die droewigste tyd vir ons Afrikanerdom wat ’n hele geslag beleef het”. Op 11 Februarie 1942 skryf hy aan sy broer WEG Louw dat hy homself gaan dissiplineer om nie bitsig te praat teen enige nasionale Afrikaner nie. “En

  • MER: FEMINIS, SKRYWER, SOSIALE WERKSTER EN NAVORSER Verskeie prosawerke van MER, skryfnaam van Maria Elizabeth Rothmann, het in die jare veertig verskyn, soos Drie vertellings (1944) en Die eindelose waagstuk (1948). Sy weerspieël in haar lewe en werk die lotgevalle van Afrikaans as literêre taal. Soos ander geleerde Afrikaanssprekendes het sy in haar jeug nie Afrikaans as skryftaal gebruik nie, maar Engels,