Julie
In Julie word die verhaal van die Anglo-Boereoorlog gevolg tot met die vredesluiting op 31 Mei 1902.
EUROPESE VOLKE STEUN KRUGER SE “PELGRIMSTOG” Sowat 130 000 mense het pres. Kruger op 22 November 1900 by die Franse hawe Marseille verwelkom. Ná ’n dag of twee is die reis per trein na Parys voortgesit, waar daar net so ’n groot ontvangs was. Die bruisende geesdrif van die Parysenaars was volgens Paul Zietsman (Paul Kruger se laaste jare) so indrukwekkend dat
PRES. STEYN TWEE JAAR OP KOMMANDO Ná die vertrek van pres. Kruger het pres. Steyn die groot krag onder die Afrikaners geword. Genl. Botha en ander het hom later “die siel van die vryheidstryd” genoem.Hy het ná die smadelike oorgawe van genl. Marthinus Prinsloo op 30 Julie 1900 in die Brandwaterkom saam met sy regering by genl. De Wet se kommando gebly.
DIE KOMMANDOLEWE Soos pres. Steyn ondervind het, was die lewe op kommando geen piekniek nie. Prof. Fransjohan Pretorius doen in sy werk Kommandolewe tydens die Anglo-Boereoorlog 1899-1902 uitvoerig en interessant verslag oor die kommandolewe: die kos en klere, godsdiens, dissipline, liggaamlike ontspanning, tydverdryf en kultuuraktiwiteite.Vir die goeie orde was daar by elke kommando algemene bepalings oor higiëne. Een skrywer het opgemerk dat
TYDVERDRYWE OP KOMMANDO Dit blyk uit Fransjohan Pretorius se Kommandolewe tydens die Anglo-Boereoorlog dat enkele burgers troeteldiere, veral honde, aangehou het, hoewel dit in die guerillafase byna onmoontlik geraak het. In Februarie 1901 het ’n hondjie Jan FE Celliers as baas aangeneem. Sy het hom getrou gevolg, selfs tydens ’n Britse oorval in September 1901. Die hondjie, Tokkie, was tot
DIE BOERE EN HUL TAAL Afrikaans was die spreektaal op kommando. In die Vrystaat was daar Engelssprekende amptenare (meestal Skotte) saam met pres. Steyn. Van hulle het tot die einde van die stryd getroue Vrystaatse burgers gebly. Hulle en ’n groepie geleerde Afrikaners het Engels as skryftaal gebruik, maar die meeste het ’n wye spektrum tussen Afrikaans en Nederlands geskryf. In die
“VERSKROEIDE AARDE” Die Boere het talle knap generaals gehad, maar veral drie het in die geheue van die Afrikaners bly voortleef: genl. Botha en veral genls. De Wet en De la Rey. De Wet was ’n man met ’n vinnige humeur, wat aan die begin van die oorlog maklik die manne met ’n slaanding kon deurloop om hulle te dissiplineer. Maar hy
“METHODS OF BARBARISM” Onder die Britte wat die “verskroeideaardebeleid” veroordeel het, was sir Henry Campbell Bannerman, leier van die Liberale Party. Hy het op 14 Junie 1901 in ’n toespraak enkele woorde gebruik wat histories geword het: “A phrase often used is that ‘war is war’, but when one comes to ask about it one is told that no war is going
HONGER EN ONTBERINGS IN KONSENTRASIEKAMPE Die verkragting van talle Boervroue het in ons tyd veral aan die lig gekom deur die twee dele van Andries Raath se Die Boerevrou 1899-1902, asook PG du Plessis se roman Fees van die ongenooides. ’n Ou vrou het hom as jong man vertel van kinders wat ná ’n verkragting gebore is.In 1901 is beëdigde verklarings oor
“HELDIN UIT DIE VREEMDE” Ondanks die lyding in die kampe het die vroue die mans aangespoor om te volhard met die stryd. Pres. Kruger het verklaar: “Ons teenstanders verwag dat ons vroue onder die druk van hul lyding die mans sal oorhaal om die wapen neer te lê, maar ook hier sal hulle soos in al hul berekenings bedroë uitkom. Dit is
HENSOPPERS EN JOINERS "Het ek hom maar liewer doodgeskiet”, het genl. De Wet gesê toe hy verneem het dat sy jonger broer, genl. Piet de Wet, en ses lede van sy staf, onder andere sy stafoffisier, Thomas Craven, op 24 Julie 1900 met die Britte onderhandel en op 26 Julie oorgegee het. Tot sy broer se verbittering het Piet de Wet daarna
PRESIDENT STEYN ONTSNAP Die joiners het die Britte baie gehelp, en dit was een van hulle wat ’n Britse kolonne vroeg die môre van 10 Julie 1901 na die Noordoos-Vrystaatse dorp Reitz gelei het om pres. Steyn en die lede van die Vrystaatse regering te probeer vang. Steyn se gevangeneming sou ’n nekslag vir die stryd gewees het.Die lede van sy staf
BERAADSLAGINGS OOR ONAFHANKLIKHEID EN TAALREGTE EN VREDE Hoewel pres. Steyn danksy Ruiter op Reitz kon ontsnap, het die Engelse al sy dokumente in die hande gekry. Daaronder was ’n brief wat die Transvaalse regering op 10 Mei aan hom gerig het oor maniere om die oorlog te beëindig. Dit was nie die eerste keer die jaar dat oor vrede gepraat is nie.
“ONS MOET VEG TOT DIE BITTERE EINDE” Genl. Smuts het aan die Vrystaat laat weet dis beter om die oorlog te laat ophou en oor vyftien of twintig jaar die stryd te hervat. Steyn was, met sy eie woorde, “diep verontwaardigd en bitter teleurgesteld”. Hy het op 15 Mei die Transvaalse bewering verwerp dat die regering en die offisiere die oorlog sou
MILNER SE PLANNE MET TAAL BEGIN IN KAMPSKOLE Alfred Milner, wat in 1901 “Lord Milner of St. James and of Cape Town” geword het, was van Junie 1901 af administrateur van Transvaal en die Orange River Colony en van Junie 1902 af ook Goewerneur, en het van Kaapstad na Johannesburg verhuis. Uit die ruïnes van die twee republieke wou hy twee kolonies
WAAGHALSIGE AKSIES IN DIE KAAPKOLONIE Genl. Smuts het op 3 September 1901 daarin geslaag om die Oranjerivier oor te steek. Die Britse kolonnes het onophoudelik jag op hom gemaak, maar hy kon daarin slaag om telkens uit hul omsingelingspogings te ontsnap. Eers het hy in die rigting van die Oos-Kaap uitgewyk, en is ná ’n reeks noue ontkomings in die rigting van
AFRIKANERREBELLE WORD TEREGGESTEL Weens Boere-invalle in die Kaapkolonie is krygswet na al hoe meer distrikte uitgebrei totdat dit op 17 Januarie 1901 oor die hele Kolonie van krag was behalwe in die hawestede, in Wynberg en in die swart gebiede. Die Britse militêre owerheid het alle gesag gehad en van ’n normale lewe kon daar geen sprake meer wees nie. Mense moes
GIDEON SCHEEPERS Hy “leef in hierdie land nou ewig en altyd!” Só karakteriseer die digter DJ Opperman die beroemdste martelaar van die oorlog, Gideon Scheepers, in sy grootse gedig “Gebed om die gebeente”. Scheepers is op 4 April 1878 in die distrik Middelburg, Transvaal, gebore en was in 1899 lid van die Vrystaatse Artillerie. Toe De Wet in November 1900 weens vol
PRO-BOERS EN ANTI-BOERE Olive Schreiner was nie die enigste Engelse skrywer wat teen die barbaarse metodes van die Britte geprotesteer het nie. Aan die einde van die oorlog het ’n bundel gedigte, Songs of the veld and other poems verskyn. Toe ’n besending daarvan in Suid-Afrika aankom, het die owerheid onmiddellik daarop beslag gelê, en dit is eers meer as ’n eeu
WIT EN BRUIN AFRIKAANSSPREKENDES Die Kaapse bruin mense was in die oorlog van die vurigste ondersteuners van die Britte. Die Britse bewind het immers aan hulle politieke regte toegestaan wat hulle nie sou verwerf in die republieke met hul klein bruin bevolking nie. Die republikeinse bedrywighede in die Kaapkolonie het nie net Kaapse Afrikaners geraak nie, maar ook bruin Afrikaanstaliges.Die Britte het
WIT EN SWART Prof. Fransjohan Pretorius haal die mening van P Warwick aan dat die Indiër-, swart en bruin elite geglo het dat ’n Britse oorwinning hul saak sou bevorder. Dié elite het dus Brittanje gesteun. ’n Uitsondering was John Tengo Jabavu, eienaar en redakteur van die Oos-Kaapse koerant Imvo Zabantsundu (“Beskouinge van die Bantoevolk”). Dit was vir hom moreel onregverdigbaar om
DIE VROUE VAN DIE LEIERS Talle vroue het daarin geslaag om uit die hande van die Engelse te bly. Hulle het van plek tot plek gevlug, geskuil in grotte, soms tydelik weggekruip in erdvark- of ander gate wat hulle of hul mans groter uitgegrawe het en ’n hele paar op ’n eiland in die Vaalrivier.Onder die vlugtendes was die eggenote van genl.
KRYGSGEVANGENEKAMPE WORD LEERSKOOL VIR RUGBY Die 2016-rolprent Modder en bloed van Sean Else vestig die aandag op die groot rol wat sport en veral rugby, gespeel het om die Boere-krygsgevangenes van verveling te red. Sowat 27 000 Boere (volgens party bronne tot 32 000) was in krygsgevangene- en ander kampe. Minstens 24 000 van tussen sewe en 78 jaar is na oorsese
TOLSTOI BEWONDER DIE RIDDERLIKE DE LA REY In die somer van 1901 tot 1902 het genl. De Wet vir heelwat opwinding gesorg. Hy en sy manne het die aand voor Kersdag 1901 geluidloos die steil hange van Groenkop tussen Bethlehem en Harrismith uitgeklim nadat die Britse wagte aan die voet van die kop doodgeskiet is. Die voorste burgers was op die kop
DIE BEGIN VAN DIE EINDE In Maart 1902 is Steyn na De la Rey, onder meer omdat hy in dié se kommando dr. KG von Rennenkampf dringend wou raadpleeg oor sy verswakkende gesondheid. Hy het op 20 Februarie agtergekom dat iets fout is met sy oë. Dit het dag na dag vererger – hy het alles dubbeld gesien en sy ooglede was
OP PAD NA VEREENIGING Kitchener het die republikeinse verteenwoordigers aangeraai om hulle aan die Britse vlag te onderwerp en selfbestuur te probeer verkry. Hulle het hom daarop gewys dat hulle nie oor die mag beskik om van onafhanklikheid afstand te doen nie. Hy was bereid om hul voorstelle aan die Britse regering te telegrafeer, maar die Britse regering het dit verwerp. Daarop
MILNER: “EK WIL NET EEN TAAL IN SUID-AFRIKA HÊ!” Ná ontbyt op 15 Mei het die regerings vooraf byeengekom in die tent van president Steyn. Hulle was geskok deur die vinnige agteruitgang in sy gesondheid. Dit het gelyk asof hy in ’n paar maande jare ouer geword het. Sy gees was egter so helder en so sterk as ooit, en sy moed
“ONS MOENIE DIE VOLK VIR DIE ONAFHANKLIKHEID OPOFFER NIE” Vroeg op Donderdag, 29 Mei, is die kommissie wat met Kitchener en Milner onderhandel het, na pres. Steyn se tent. Hy het gesê dat hy glad nie die vredesvoorwaardes aanvaar nie. Maar, het hy bygevoeg, hy kan self nie langer aan die stryd deelneem nie en het daarom moontlik nie meer die reg
VREDE VAN VEREENIGING ’N UUR VOOR MIDDERNAG Die byeenkoms van Saterdagmôre 31 Mei het in stilte begin. Min mense het gepraat; sommige het gefluister. Twee voorstelle is gedoen: die eerste was om die Britse vredesvoorwaardes te verwerp, die tweede om dit te aanvaar. De Wet het toe gevra dat ’n opdrag aan Smuts en Hertzog gegee word om ’n verklaring op te
“DIE BITTER EINDE” Op 2 Junie het die volksverteenwoordigers van Vereeniging vertrek. Elkeen is na sy eie kommando om die besluit aan die burgers mee te deel. So was genl. De Wet op 5 Junie by die eerste wapenneerlegging naby Vredefort. Op 7 Junie het hy by Reitz aangekom, waar die kommando’s van Vrede, Harrismith, Heilbron en Bethlehem die wapens neergelê het.
VERWOES, VERWOES, VERWOES Geen oorlog wat Brittanje sedert 1815 gevoer het, het daardie land meer aan geld en lewens gekos as die Anglo-Boereoorlog nie. Die land moes meer as £200 miljoen opdok. Onder meer is 400 346 perde, muile en donkies “bestee”, skryf Thomas Pakenham. Daar was meer as 100 000 ongevalle onder die 396 693 imperiale en 82 742 koloniale soldate:
DIE NOOD VAN DIE TERUGKERENDES Die historikus DW Krüger skryf aangrypend oor die terugkeer van die bittereinders – “die taaiste manne wat Suid-Afrika opgelewer het”, noem hy hulle – na ’n land wat deur die vyand in puinhope verander is, terug na murasies, grafte, afgebrande plase, verwoeste dorpe.Wanneer die wapens afgelê word, praat die kommandant die laaste keer, en menige burger is