AUGUSTUS

In Augustusmaand word die Afrikaner se herlewing, veral op kulturele en taalgebied, bespreek. Die merkwaardige opkoms van Afrikaans as alternatief vir Hollands kry aandag.

  • “DIE AFRIKANER BLY ’N ONUITDELGBARE ELEMENT” JDKestell verwoord in Met de Boeren-commando’s (1903) die Afrikaners se wil om voort te bestaan: “God het die Afrikaanse volk in die groot stryd gevorm. Dit is nie uitgedelg: sy taal is nie vernietig nie. Die mag van die vyand het dit wel oorweldig, het dit soos ’n magtige golf oorstroom, maar die Afrikaner-sin en -gees

  • DIE TAALTRANSFORMASIE VAN SUID-AFRIKA Saam met die armoede, honger en stoflike ellende was daar iets meer: vir die Afrikaners het dit ’n vreemde land geword. Brittanje het bereik waarna hy veertig jaar gestreef het: “British paramountcy” of “British supremacy”. Milner en ander Britsgesindes wou ’n “British South Africa” hê, wat noodwendig tot die verdwyning van Afrikaans sou lei.Die gevolge van die transformasie

  • DIE HEROPBOU VAN PLASE EN DORPE Een van die vredesvoorwaardes was dat die Britte die duisende krygsgevangenes en die duisende vroue en kinders in die konsentrasiekamp na hul tuistes moes terugbring. Die meerderheid krygsgevangenes het eers geweier om te aanvaar dat vrede met verlies van die onafhanklikheid gesluit is. Op Sint Helena wou hulle nie die eed van trou aan die Britse

  • AFRIKANERS IN DIE GOUDSTAD Die Afrikaners wat na Johannesburg getrek het, het te lande gekom in ’n onsimpatieke omgewing. Nêrens anders was die afsku teen Afrikaans en die Afrikaner so sterk as daar nie. Die Afrikaners in Johannesburg was lank ’n vlottende gemeenskap – byna die helfte van dié wat na Johannesburg gekom het, het die stad weer verlaat. Engelssprekendes het hulle

  • KERKE HELP ’N ONTREDDERDE GEMEENSKAP Die oorlog het ongeveer 20 000 kinders ouerloos gelaat. Familie en vriende kon sommige van hulle grootmaak, maar baie van hulle het geen heenkome gehad nie. Binne enkele maande ná die oorlog het drie leraars van die Transvaalse NG Kerk weeshuise opgerig, naamlik ds. Abraham Kriel van Langlaagte in September 1902, ds. JM Louw van Boksburg in

  • GUSTAV PRELLER BESLUIT TEEN EMIGRASIE NA ARGENTINIË Ná die oorlog kon Milner ’n tyd lank deur sensuur en krygswetregulasies die stigting van ’n Afrikanerpers teenwerk. Oorsese nuus kon nie vryelik die land binnekom nie en die gevangenskap van redakteurs soos FS Malan in die oorlog was nog vars in die geheue van joernaliste. Laat in 1902 het Milner Eugène Marais toegelaat om

  • AFRIKANERS KRY WEER KOERANTE De Volksstem is in 1900 ná die val van Pretoria gestaak. Die redakteur en mede-eienaar, dr. FV Engelenburg, is gevang, beboet en gedeporteer. Die ander eienaar, mnr. Izaak Wallach, moes ook padgee. Ná die oorlog het Wallach aansoek gedoen om heropening van die drukkery, maar die owerheid se voorwaarde was dat De Volksstem nie die kroonkoloniebestuur mag aanval

  • AFRIKANERS RIG EIE SKOLE OP Die Hollands-Afrikaanse koerante was aan die voorpunt in die veldtog wat kort ná die oorlog oor die verwaarlosing van Hollands op skool begin het. Die klagtes was aanvanklik toegespits op Hollands as vak. Afrikanerleiers het beweer dat die staatskole te min tyd aan Hollands bestee, dit gebrekkig onderrig en vyandig daarteenoor is. Party skole sou dit nie

  • AFRIKANERLEIERS VERSKIL OOR ENGELS Engels was, naas Hollands, ook ’n vak en voertaal by CNO-skole. Van standerd 3 (graad 5) af het Engels as voertaal en vak ewe veel tyd gekry as Hollands. Die skole het die bepaling in verband met Engels soms met teensin toegepas. Maar Eendracht, waar die gevierde ds. HS Bosman van Pretoria die CNO-leier was, was so Engels

  • DIE LOT VAN DIE PRESIDENTE Pres. Steyn was in 1907 reeds twee jaar terug in die Vrystaat ná 2½ moeilike jare van herstel in Europa. Skenkings van vriende en simpatiseerders soos Arthur Fichardt van Bloemfontein en Onze Jan Hofmeyr, wat in Kaapstad met ’n kollektelys rondgegaan het, het die reis moontlik gemaak. Op 11 Julie 1902 is hy na die skip gedra.

  • PRESIDENT KRUGER SE BEGRAFNIS Op die dag van pres. Kruger se begrafnis, 16 Desember 1904, “was dit byna of die republiek nog geleef het”, skryf DW Krüger. Oudstryders in die uniforms van die Republikeinse polisie en die Staatsartillerie het ’n erewag gevorm om die praalbed. Die lykdiens is gehou deur predikante van al drie die Afrikaans-Hollandse kerke. Voor aan die lykstoet na

  • NASIONALE VROUEMONUMENT: GELD JARE LANK INGESAMEL Op talle herbegrafnisse van oorlogslagoffers en onthullings van oorlogsmonumente het die leiers dit beklemtoon dat die kampslagoffers en burgers ook ter wille van hul geliefde taal gesterf het. Hul getrouheid tot die dood roep Afrikaners op tot dieselfde trou teenoor taal en volk. Die taal en godsdiens is al wat hulle nog oor het, en dit

  • ’N ARISTOKRATIESE DUBBELTROUE IN BLOEMFONTEIN Terwyl pres. Steyn en sy werkkomitee met die beplanning van die Vrouemonument besig was, moes hulle soms aandag gee aan ’n groot sosiale geleentheid – die dubbele troue van twee egpare uit die Bloemfonteinse aristokrasie op 12 April 1907 in die Tweetoringkerk.Steyn het vir die monument sterk gesteun op staatmakers uit die republikeinse tyd en die oorlog.

  • TAALGETROUHEID WORD DEEL VAN AFRIKANERIDENTITEIT Afrikaanse politici, predikante, joernaliste en onderwysleiers het, soos Paul Zietsman dit stel, die gedagte ingegrif dat dit die Afrikaner se nasionale, morele en selfs godsdienstige plig is om sy taal te behou. Taal het deel geword van die identiteit van die Afrikaner. Taalgetrouheid het die primêre toets vir Afrikanerskap geword en Afrikaners wat Engels as hul taal

  • DE GOEDE HOOP – OOK VIR AFRIKAANS Nie net het Nederlands na die logiese wapen teen verengelsing gelyk nie, die enigste Afrikaanse koerant was polities verdag. Weens SJ du Toit se aanvalle op die republieke en sy verdediging van die Engelse, was die Patriot in diskrediet. Dié koerant is in 1904 gestaak, en Ons Klyntji in 1906. Du Toit het ná die

  • “IS DIT ONS ERNS?” “LAAT DIT TOG ONS ERNS WEES!” Die man wat in Transvaal met die Afrikaanse beweging begin het, was ’n gebore Transvaler, Gustav Preller. Hy het die voordeel gehad van Hollands-Afrikaanse onderwys in Transvaal, terwyl De Waal se taal erg Anglisisties was weens sy Kaapse opleiding. Gelukkig was Preller se redakteur, FV Engelenburg, ’n voorstander van Afrikaans, al het

  • AFRIKAANS KRY OORWELDIGENDE STEUN Nadat Preller sy reeks gepubliseer het in De Volksstem (De Volksstem het op 1 Januarie 1905 een -s verloor maar eers op 1 Januarie 1927 Die Volkstem geword), het hy dit as geheel in pamfletvorm uitgegee. Ander koerante het dit oorgeneem. Die reaksie was oorweldigend positief.Gerespekteerde leiers soos pres. Steyn, genl. De Wet en genl. Louis Botha, asook

  • “WINTERNAG” Een kort gedig het die vroeë welslae van die taalbeweging verseker: “Winternag” van Eugène Marais. Hy was in die dae van die Transvaalse republiek baie krities teenoor pres. Kruger en sy beleid. Carel van der Merwe onthul in Donker stroom dat Marais in die Anglo-Boereoorlog in Engeland ’n Britse burger geword het. In 1901 wou hy na Sint Helena en Ceylon

  • DIE EERSTE AFRIKAANSE DIGBUNDELS NÁ DIE OORLOG Vir ’n digter uit die ou Transvaal was “Winternag” ’n inspirasie. Dit was Jan FE Celliers. Sy pligsbesef het hom in 1900 gedwing om vermom as vrou uit die Brits besette Pretoria te ontvlug nadat hy ’n paar maande daar vasgekeer was. Te velde was hy, soos hy self geskryf het, “’n swerwer oor die

  • ’N BAANBREKER MET AFRIKAANSE BOEKE Totius se gedigte is gedruk by ’n drukkery wat so ’n baanbreker was as DF du Toit & Co voor 1900. Hendrik de Graaf, ’n gebore Nederlander, wat vrywilliger in die oorlog was, is by Elandslaagte gevang en na Sint Helena gestuur. Voor die oorlog was De Graaf aan die staatsdrukkery in Pretoria verbonde, en het ná

  • ’N BYNA BLINDE SKRYWER WEK LEESLUS Een van die skrywers wat aan die begin van die twintigste eeu baie gelees is, is GR von Wielligh (1859–1932). Sy boeke is telkens herdruk, en hy het baie mense lus gemaak om te lees. Meer as 100 000 eksemplare is van sy boeke versprei. Hy het die Khoisan aan die Afrikaanse lesers bekend gestel en

  • SKRYWERS EN JOERNALISTE SUKKEL BIETJIE MET DIE TAAL Nog voordat die eerste boeke verskyn het, het die taalyweraars ’n paar verenigings gestig. Op Woensdagaand 13 Desember 1905 het sowat dertig mense in De Volkstem-gebou die Afrikaanse Taalgenootskap gestig, met NM Hoogenhout as voorsitter en Gustav Preller as een van die bestuurslede. Die ATG en veral Preller wou so min as moontlik van

  • DIE DIALEKTE EN DIE STANDAARDTAAL Die standaardtaal wat langsamerhand ontwikkel is, is gegrond op Oosgrensafrikaans. Waarom het sprekers van Kaapse Afrikaans en Oranjerivierafrikaans in die taalbeweging en die proses van standaardisering ontbreek?Dialekverskille korreleer dikwels met etniese verskille tussen die sprekers, en/of ’n verskillende geskiedenis. ’n Voorbeeld is die verskil tussen Black English Vernacular en sprekers van standaard-Engels in Amerika. In Afrikaans was

  • MOEDERTAALONDERRIG VIR DIE GEWESE REPUBLIEKE In albei die gewese republieke het Afrikanerpartye ná die toekenning van selfbestuur die oorwinning behaal. In Transvaal was dit Het Volk onder genl. Louis Botha. Dit het met 36 setels ’n absolute meerderheid verkry oor die Britsgesinde Progressiewe met 21, die Responsible Government Party (RGP) 5, die Arbeiders 3 en onafhanklikes 2. In die Vrystaat het die

  • DIE EERSTE SPRINGBOKKE Afrikaners het soveel van rugby gehou dat byna tweederdes van die eerste Springbokspan na Brittanje in 1906 Afrikaanssprekend was.Die eerste rugbywedstryd in die land het op 23 Augustus 1862 in Kaapstad plaasgevind tussen burgerlike en militêre spelers, wat almal die spel geleer het aan Britse skole soos Eton, Rugby, Winchester en Marlborough. Die spel het gou gewild geraak in

  • GELYKE TAALREGTE VIR AFRIKAANS- EN ENGELSSPREKENDES Die strydvaardige Afrikanernasionaliste kon in 1908 ’n oorwinning van groot betekenis behaal. Daardeur kon hulle die ontwikkeling van Afrikaans en later indirek ook dié van die Afrikatale in die 20ste eeu positief beïnvloed. Dit het gebeur op die Nasionale Konvensie wat ’n grondwet vir ’n Unie van Suid-Afrika moes opstel.Ná die oorlog het Engelssprekende leiers en

  • UNIE EN AKADEMIE ERKEN “HOLLANDS” Die taalbepaling is op 20 September 1909 vasgelê in die South Africa Act/An Act to constitute the Union of South Afric, ’n wet van die Britse Parlement. Artikel 137 van die Uniegrondwet lui dat “both the English and Dutch languages” offisiële tale is. In die amptelike vertaling van die Zuid-Afrika Wet is Hollands die ekwivalent van Dutch.

  • DIE UNIE VAN SUID-AFRIKA KOM TOT STAND Die Britse regering het lord Gladstone aangewys as die eerste Goewerneur-generaal van die Unie – die verteenwoordiger van die Britse koning. Gladstone was die seun van die Britse staatsman wat in 1881 die vryheid van Transvaal erken het. Op 31 Mei 1910 het hy die proklamasie van unifikasie voorgelees. Dit was die amptelike geboortedag van

  • AFRIKANERS KAN IN HOLLANDS EKSAMEN SKRYF Die taalartikel het ná Uniewording ’n belangrike gevolg vir skool- en universiteitseksamens gehad, en daardeur op die duur ook vir die onderrigmedium van albei. In 1911, 1912 en 1916 is Hollands vir die een sertifikaat na die ander as eksamentaal toegelaat. Tot dan was Engels die enigste taal van die eerste eksamineringsliggaam vir skole en universitêre

  • ANC GESTIG EN DIE “NATURELLEN GROND WET” AANGENEEM Die rasseteenstelling was een van die sake wat die afgevaardigdes na die Nasionale Konvensie verdeel het. Feitlik alle verteenwoordigers van Transvaal, die Vrystaat en Natal was teen die verlening van algemene stemreg aan swart of bruin mans, terwyl byna almal in die Kaapkolonie ten gunste van algemene stemreg was. Vroue het nog nêrens stemreg

  • “DIE STORIE VAN ONS STERFTE” "Ja, neef, wat kan ek, oumens, jou vertel? / Jy wil die storie van ons sterfte hoor? / Nou goed!” So begin die titelgedig van Oom Gert vertel en ander gedigte van C Louis Leipoldt (1911). Hierdie bundel het bo enige twyfel die waarde van Afrikaans as literatuurtaal bewys. Die Nederlandse taalkundige CGN de Vooys het verklaar