Februarie

In Februarie word aspekte van mense se gewone lewens in die 17de en 18de eeue gedek, asook die Eerste Britse bewind, Bataafse Bewind en Tweede Britse bewind.

  • 1 FEBRUARIE - BOEREKOS EN SMULPAPE Die nedersetting aan die Kaap is begin onder meer om vars voedsel aan mense op die skepe te verskaf, en dit het in die 18de eeu dikwels gebeur dat besoekers uit Europa in die hospitaal beland het omdat hulle hulle aan die lekker Kaapse kos ooreet het. Sewentiende- en 18de-eeuse reisigers deel mee dat die gegoede

  • 2 FEBRUARIE - SKIPBREUKE EN DIE HELD WOLTEMADE Bartolomeus Dias het die Kaap “Stormkaap” genoem, en die naam was gepas. Sedert 1500 het honderde skipbreuke aan die Suid-Afrikaanse kus voorgekom. In die nag van 17 op 18 Junie 1722 het sewe Nederlandse en drie Engelse skepe byvoorbeeld in Tafelbaai vergaan. Seshonderd man het verdrink. Een van die skipbreukelinge van die Engelse skip

  • 3 FEBRUARIE - VERKENNING VAN DIE LAND Kusskeepvaart het tot in die 19de eeu nodig gebly weens die gebrek aan goeie paaie. Die oudste pad in Suid-Afrika, die “wagenpad naar ’t bos”, het van die Kasteel af om Duiwelspiek en verby die huidige Rondebosch na die kloof bokant Kirstenbosch geloop waar die Kompanjiewerkers bome afgekap het. Daar is in 1653 met die

  • 4 FEBRUARIE - NUWE NAME VIR NUWE SAKE Met die verkenning van die land en sy diere en plante het daar ’n behoefte aan nuwe name ontstaan. Soos reeds vermeld, is bestaande name soms oorgeneem. So is Kango ’n verminking van Khoi-woorde wat “die vallei tussen die heuwels” beteken. In die Kango is een van die mooi natuurverskynsels van die land in

  • 5 FEBRUARIE - DIE LEWE IN DIE KOLONIE Heel dikwels moes Afrikanervroue maar alleen die boerdery behartig as hulle mans dood was. Die kinders van die grensboer was ook al jonk selfstandig. Sommige dogters het getrou op 14 of 15, en seuns is op 16 as vryburgers ingeskryf. In tye van gevaar, byvoorbeeld as die San (“Boesmans”) dreig, is 15-jarige seuns onder

  • 6 FEBRUARIE - KERKLIKE LEWE AAN DIE KAAP Hoewel Afrikaners in die binneland nie veel gelees het nie, was daar een boek waaruit die meeste elke dag gelees het en wat byna in alle gesinne te vinde was: die Bybel. ’n Amptelike kommissie het in 1806 bevind: “Die godsdiens word skynbaar op prys gestel; die Bybel, ’n gebede- of ander godsdienstige boek

  • 7 FEBRUARIE - ’N GROOT KAAPSE PREDIKER ’n Paar vroeë predikante wat baie vir die Afrikaners beteken het, was W van Gendt, JP Serrurier, HC Vos, Meent Borcherds en HR van Lier. Laasgenoemde was een van die mees besondere figure uit die Kaapkolonie van die 18de eeu. Helperus Ritzema van Lier (1764–1793) is in Nederland gebore en het in 1783 doktor in

  • 8 FEBRUARIE - DIE PIËTISME BREI UIT Michiel Christian Vos was die geestelike opvolger van Van Lier. Hy is in 1759 aan die Kaap gebore. Hy het jonk getrou om sy erfgeld in die hande te kon kry en sodoende vir predikant te studeer. Ná ’n paar jaar as predikant in Nederland het hy in 1794 leraar van Tulbagh geword. Met die

  • 9 FEBRUARIE - EERSTE DEMOKRATIESE OPVATTINGS Die sendingywer wat in die 18de eeu in Europa ontstaan het, was een van die nuwe stromings waarmee die Afrikaners aan die einde van die eeu sou kennis moes maak. Die tweede was nuwe opvattings oor vryheid en demokrasie. Dié nuwe ideë word weerspieël in twee politieke geskrifte wat in Mei 1778 aan verskeie Kapenaars gestuur

  • 10 FEBRUARIE - REGSTELSEL EN KERK VERSTERK POSISIE VAN AFRIKANERVROU Afrikanervroue het reeds van vroeg af in die Suid-Afrikaanse samelewing as sterk persoonlikhede na vore getree. Die reeds aangehaalde Duitser, OF Mentzel, wat in die 1730erjare aan die Kaap was, het die Kaapstadse vroue beskou as te glad met die mond en te statusbewus. Die plattelandse vroue het hom meer beïndruk. Hermann

  • 11 FEBRUARIE - DIE AGTERUITGANG VAN NEDERLAND Die Kaap kon ’n lang tyd Hollands bly omdat Nederland in die 17de eeu so ’n sterk seemoondheid was en omdat die Kaap nog nie veel waarde gehad het nie. Die Weste het nog nie die Ooste begin koloniseer nie. Toe dit egter gebeur, het die Kaap strategiese waarde verkry. Dit het buitendien gebeur in

  • 12 FEBRUARIE - HERLEWING VAN DIE BOUKUNS Hoewel die einde van die Hollandse tyd nadergekom het, was die 1780erjare vet jare vir die Kaap, eers weens die teenwoordigheid van ’n Franse garnisoen en daarna die spandabelheid van die bewind. Goewerneur Jacob van de Graaff het nuwe verdedigingswerk aangepak en ’n groot nuwe hospitaal is aangebou. Hy het met regeringsgeld gemors. Heelparty soldate

  • 13 FEBRUARIE - DIE EERSTE BOTSING TUSSEN WIT EN SWART Terwyl die inwoners van Kaapstad in weelde geleef het, het die grensboere bitter swaar gekry as gevolg van ’n nuwe bedreiging vir hul voortbestaan. Dit was die tweede groot bedreiging wat die naderende einde van die eeu gebring het. Die eerste was die moontlike verowering van die Kaap deur Engeland. Hierdie tweede

  • 14 FEBRUARIE - OPSTAND IN GRAAFF-REINET Die bewindhebbers aan die Kaap was geneig om op ’n ander manier na die swart mense te kyk as die grensbewoners. Onder invloed van die Franse filosoof Jean Jacques Rousseau het die mense van Europa aan die einde van die 18de eeu begin dweep met sy idee van die “edele barbaar” in wie al die menslike

  • 15 FEBRUARIE - OPSTAND TE MIDDE VAN ’N BUITELANDSE BEDREIGING Twee dae nadat die Graaff-Reinetters die gesag van die Kompanjie verwerp het, het ook Swellendam op 18 Junie 1795 in opstand gekom. Heel waarskynlik was daar vooraf samesprekings, want die Graaff-Reinetters het geweet dat die Swellendammers, net soos die mense van die ander twee distrikte, naamlik Stellenbosch en Kaapstad, baie ontevrede was

  • 16 FEBRUARIE - OORGAWE EN ’N SELFMOORD ’n Amerikaanse skip het op 28 Junie 1795 die nuus gebring dat die State-Generaal alle Nederlanders, ook in die kolonies, van hul eed van trou aan die Prins onthef. Dit het geïmpliseer dat hulle die Kaap moes verdedig. Hoewel baie Kaapse amptenare Oranjegesind was, het daar vir hulle geen keuse oorgebly nie. Deur middel van

  • 17 FEBRUARIE - OPTREDES TEEN AFRIKANERS Europa was nog in oorlog gewikkel, en aangesien die Kaap met behulp van die Britse leër en vloot verower is, was die gesag vir eers in die hande van admiraal GK Elphinstone en genls.-maj. A Clarke en JH Craig. Ná ’n paar maande het Craig die gesag gevoer oor die bevolking. Volgens die sensus van 1798

  • 18 FEBRUARIE - LADY ANNE BARNARD BESOEK DIE BOERE John Barrow se tydgenoot, lady Anne Barnard, het heelwat in Suid-Afrika gereis. Aangesien lady Macartney nie met haar eggenoot, die goewerneur, saamgekom het Kaap toe nie, is die amptelike gesellighede in lady Anne se woonplek gehou. Sy was weetgierig en reislustig, en het met allerlei mense in aanraking gekom. In haar briewe skets

  • 19 FEBRUARIE - BOER EN BRIT: VERSOENING EN VERSET Die meerderheid Kapenaars was in 1795 afsydig van die Engelse. Een van die Britse gesagvoerders, JH Craig, skryf op 22 September 1795 dat, behalwe ’n halfdosyn of wat van die handelaars en hoë amptenare van die kolonie, byna elkeen die vyand van die Britte is. Hy het gesê dat, as daar ’n vyandelike

  • 20 FEBRUARIE - KAAP KRY SY EERSTE KOERANT Die Kaap het tot in 1800 geen eie koerant of tydskrif gehad nie. Nuus oor die Amerikaanse vryheidsoorlog of die Franse Revolusie moes die Kapenaars kry uit oorsese nuusblaaie of briewe, of verneem van mense wat met die skepe gekom het. Die Kompanjie het gemeen dat ’n drukpers aan die Kaap ’n instrument van

  • 21 FEBRUARIE - DIE KAAP IS WEER HOLLANDS Sedert 1792 was daar oorlog tussen die revolusionêre Frankryk en ’n aantal Europese moondhede. Die Franse het op land skouspelagtige oorwinnings behaal, veral ná die opkoms van die jong Napoleon Bonaparte. Aan die oorlog het ’n voorlopige einde gekom met die vrede van Amiens op 25 Maart 1802. Artikel 4 daarvan het gelui dat

  • 22 FEBRUARIE - BOERE ONTVANG NUWE HEERSERS HARTLIK Eers goewerneur Janssens, en later kommissaris-generaal De Mist, het omvattende reise in die binneland onderneem. Die laaste gerieflike woonhuis waarin Janssens op pad na die oosgrens tuisgegaan het, was die boerewoning van Hillegard Mulder. In een van die grootste vertrekke het daar ’n orrel gestaan. Daar het die gesin en die bure op Sondag

  • 23 FEBRUARIE - KONTRAS TUSSEN SENDINGSTASIES Die reisgeselskap van De Mist kon agterkom in watter moeilike omstandighede baie mense lewe. Op Matjiesfontein in die Roggeveld het Lichtenstein geluister na die ervarings van die “dikke” Gerrit van Wyk se dogter. Byna twee jaar tevore het slawe en Khoi-Khoin haar man, Cornelis Coetsee, haar skoonvader en nog drie mense voor haar oë vermoor, die

  • 24 FEBRUARIE - MET BATAAFSE VLAG VERWELKOM Janssens en De Mist het oral in die land gevind dat die Afrikaners bly was dat die Kaap weer Hollands was. Op 9 April 1803 het Janssens van Swellendam af aan De Mist geskryf: “Die genoeë op die platteland om aan die Moederland teruggegee te wees, skyn seer algemeen.” De Mist het ná sy reis

  • 25 FEBRUARIE - INVOER VAN WOLSKAPE De Mist en Janssens het goeie samewerking van die Afrikaners ondervind, en in ’n proklamasie op 1 Oktober 1804 het Janssens sy waardering uitgespreek vir hul vaderlandsliefde en die wyse waarop almal saamwerk om die land in ’n staat van verdediging te bring. Hulle het ook die belange van die Kapenaars probeer dien, onder meer

  • 26 FEBRUARIE - DIE VROEG-19DE-EEUSE PLAASLEWE Die gevestigde boer het soos ’n outydse edelman sy groot huishouding ingerig en geregeer. Lichtenstein gee ’n beskrywing van die lewe op die plaas van Jakob Laubscher nie ver van Saldanhabaai. Die woonhuis, stalle, skure en werkkamers was goed ingerig. Laubscher het 80 perde, 690 beeste, byna 3000 skape en baie pluimvee besit; hy het 60

  • 27 FEBRUARIE - DIE ENGELSE KOM WEER ’n Paar maande nadat Janssens en De Mist die bewind aan die Kaap oorgeneem het, het die oorlog weer op 18 Mei 1803 begin tussen Engeland en Frankryk, en daarom ook sy bondgenoot die Bataafse Republiek. Die Bataafse Regering het die Kaap dadelik daarvan in kennis gestel. Die boodskap het op 6 Julie 1803 aangekom.

  • 28 FEBRUARIE - ’N NUWE TAALSITUASIE Die Kaapsche Stads Courant en Afrikaansche Berigter het op 18 Januarie 1806, die dag van Janssens se kapitulasie, ook as The Cape Town Gazette and African Advertiser verskyn. Dit was die eerste aanduiding dat die nuwe Britse besetting die taalsituasie aan die Kaapkolonie sou beïnvloed. Vir die eerste klompie jare ná 1806 was die Engelssprekendes in