Mei

Die dagstukke vir Mei dek die interessante tydperk vanaf die ontdekking van goud aan die Witwatersrand tot kort voor die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog. Dit vertel heelwat van die kulturele en ekonomiese ontwikkeling in Transvaal, die Vrystaat en die Kaapkolonie.

  • 1 MEI - TRANSVAALSE UITLANDERS VRA BRITSE “BESKERMING” Gebeurtenisse in Transvaal het meer lesers aan die Patriot besorg. Brittanje het dié land geannekseer en op die ou end moes die Transvalers vir hul vryheid veg. Die Patriot het Transvaal se kant gekies en so sy sirkulasie opgestoot. Daar was ’n lang voorgeskiedenis. In pres. Burgers se tyd het die swart leier Sekhukhune

  • 2 MEI - ENGELAND ANNEKSEER TRANSVAAL Op 15 Februarie 1877 is Sekhukhune gedwing om Transvaal se vredesvoorwaardes te aanvaar. Een van die voorwendsels vir die Britse anneksasie het dus weggeval, en Shepstone het die vrede tussen Transvaal en Sekhukhune ongedaan probeer maak. Op 9 April het hy Burgers meegedeel dat hy Transvaal sal annekseer. Burgers het ’n kort formele protes opgestel

  • 3 MEI - “ONZE JAN” HOFMEYR WORD POLITIKUS Die Britte het geweier om die anneksasie van Transvaal ongedaan te maak, omdat die republiek te swak sou wees teen Cetswayo se Zoeloes. Ironies genoeg het die Zoeloes die Britse mag op 22 Januarie 1879 by Isandlwana uitgewis! Die Transvalers se besluit om Kruger en Joubert na Engeland te stuur, getuig van ’n vasbeslotenheid

  • 4 MEI - DIE PATRIOT STEUN DIE TRANSVALERS Dit was veral die Patriot wat die groot voorvegter vir die Transvaalse saak geword het. Die blad het al hoe gewilder geword. Volgens ds. SJ du Toit het die Afrikaners ’n “onbepaalde vertrouwe” in die Patriot gehad. Hulle het moeite gedoen om dit in die hande te kry en op vergaderings is “di Patriot

  • 5 MEI - TRANSVAALSE VRYHEIDSOORLOG BEGIN Die stemming in Transvaal was teen dié tyd al heelwat anders as toe Shepstone dit sonder slag of stoot kon annekseer. Volksvergaderings getuig van ’n groeiende nasionalisme, en in die Vrystaat en Kaapkolonie het Afrikaners hul steun aan die Transvalers toegesê. In 1880 het Paul Kruger, Piet Joubert en dr. EPJ Jorissen Stellenbosch, Malmesbury, die Paarl,

  • 6 MEI - MAJUBA Kol. Owen Lanyon het ’n afdeling soldate onder kol. Philip Anstruther gelas om van Lydenburg na Pretoria te gaan om die garnisoen daar te versterk. Die Transvalers het kmdt. Frans Joubert opdrag gegee om hom te keer. Anstruther kon nie glo dat die Transvalers hom sal aanval nie en het geen verkenners uitgestuur nie. Sy blaasorkes het ’n

  • 7 MEI - “MAJUBA LAAT AFRIKANERBOND WORTEL SKIET” “Die Vierkleur van ons dierbaar land/ Die waai weer oor Transvaal,/ En wee die Godvergete hand/ Wat dit weer neer wil haal!” Só begin SJ du Toit se “Transvaalse Vryheidslied” wat gou bekend was tot in Nederland en Vlaandere. Die Patriot het die Afrikanergevoel gebruik om Afrikaans te bevorder. Een van die dinge “wat

  • 8 MEI - NUWE TAALREGTE VIR KAAPSE AFRIKANERS Die nasionalisme van die 1880erjare het vir die Kaapse Afrikaners een winspunt gebring. Onder leiding van SJ du Toit, JH Hofmeyr, WP de Villiers en TP Theron is druk op die Kaapse regerings uitgeoefen om regte aan Hollands toe te ken. Du Toit en die Patriot het die beweging vir die erkenning van Hollands

  • 9 MEI - PAUL KRUGER EN BISMARCK GESELS SONDER TOLKE Ds. SJ du Toit is in 1882 na Transvaal as die nuwe superintendent van onderwys. Die driemanskap – Paul Kruger, Piet Joubert en MW Pretorius – het hom dié pos aangebied. Sy pro-Transvaalse gevoelens was bekend, en sy ywer vir die onderwys ook. Een van sy biograwe, DA Scholtz, noem die jare

  • 10 MEI - KRUGER AAN LEYDS: “EK HET ELKE DAG VIR JOU GEBID” Die Europese reis was ’n triomftog vir Du Toit, maar daarna het sy invloed afgeneem. Die begin van die einde lê in ’n geskiedenis wat later deur Henriette Grové uitgebeeld is in ’n drama, Toe hulle die Vierkleur op Rooigrond gehys het (1975). Du Toit het die Vierkleur gehys

  • 11 MEI - “SEWE DUIWELS” “Jy doen nooit iets agter my rug nie.” Dié woorde van Kruger aan Leyds was kenmerkend van die President. In die presidentsverkiesing van 1893 het die verkiesingskomitee van sy teenstander, genl. Piet Joubert, hom beskinder. Toe hy dit hoor, sê Kruger dat hy ook heelwat weet van Joubert, wat teen hom gebruik sou kon word. Op ’n

  • 12 MEI - SPOORWEË VERKORT LANG REISE OOR SWAK PAAIE Op 22 April is terloops gemeld dat die ontdekking van diamante gelei het tot die bou van spoorweë na Kimberley. Soos elders ter wêreld het die koms van spoorweë die land ingrypend verander. Dit is vandag moeilik om jou voor te stel hoe stadig, moeisaam en dikwels gevaarlik dit voorheen was om

  • 13 MEI - VERMAAK EN WERK: HOE OM SOUT TE “RAAP” Party transportryers het ’n konsertina saamgeneem om bietjie vermaak op die lang pad te verskaf. Die konsertina was die hoofinstrument vir Boeremusiek, dit wil sê dansmusiek wat veral deur wit en bruin Afrikaanstaliges ontwikkel is. Boeremusiek het met die Groot Trek saamgegaan – drie broers Spies het ’n orkes van konsertina,

  • 14 MEI - SIEKTES EN MEDISYNE: EERSTE HOMEOPATIESE MIDDELS Hoewel die meeste Afrikanergesinne groot was, het siektes soms talle lewens geëis, ook van kinders. Doodsberigte in die Kerkbode is soms aangrypend: ’n egpaar Smit maak op 12 Februarie 1859 bekend dat vyf van hul kinders binne ses weke oorlede is aan witseerkeel. Aan dieselfde siekte het ’n weduwee van Warrenton in die

  • 15 MEI - WIT EN BRUIN AFRIKAANSSPREKENDES Soos elders ter wêreld was daar in die 19de eeu nog talle beperkings op die stemreg. Vroue het nog nêrens die stemreg gehad nie. Soos in die Verenigde State kon swart mense ook nie in die Boererepublieke stem nie. In die Kaapkolonie kon swart en bruin mense wel stem indien hulle aan bepaalde voorwaardes voldoen.

  • 16 MEI - GOUD BRING VOORSPOED Wat die ekonomie en vervoerwese ingrypend sou verander, was die ontdekking van goud. Van 1884 af het mense op plase in die Witwatersrand goud gesoek. Fred Struben en LDC Geldenhuys was die eerste wat goud gevind het, maar terwyl hulle besig was, het George Walker en George Harrison in 1886 half per ongeluk op die plaas

  • 17 MEI - SJ DU TOIT EN DIE GOUD VAN LANGLAAGTE Toe die Randse goudveld opgang maak, het ’n paar mense van die Paarl ’n sindikaat gevorm en twee afgevaardigdes direk na SJ du Toit gestuur, om hom ’n gratis aandeel aan te bied mits hy hulle help om goeie eiendom te verkry. Die Randse plase was al in die hande van

  • 18 MEI - EERSTE AFRIKANERS IN DIE GOUDSTAD Een van die min oorspronklike Randse Afrikaners wat ’n groot aandeel aan die ontwikkeling van die goudveld gehad het, was die eiendomsagent en dorpsontwikkelaar Louw Geldenhuys. Saam met sy broer FE het hy in 1886 die plaas Braamfontein gekoop, en sy deel Emmarentia genoem, sy vrou se naam. Later is verskeie woongebiede, ook die

  • 19 MEI - ARMOEDE EN ’N ARBEIDSKOLONIE SJ du Toit en ander se goudmyn-avontuur was ’n pynlike mislukking. Nog voor dié tyd het Afrikaners al bewus geraak van hul droewige ekonomiese agterstand. Die Patriot het sy lesers aangemoedig om Afrikaanse ondernemings te steun. Maar selfs in Transvaal waar boerewinkels steun van die Zuid Afrikaansche Handelsmaatschappij in Amsterdam geniet het, het sulke ondernemings

  • 20 MEI - ’N “TEMPEL VAN EDEL ARBEID” Pres. MT Steyn van die Vrystaat het ’n einde probeer maak aan die verkeerde houding van baie Afrikaners oor hande-arbeid. Die Volksraad het £6 000 gegee vir ’n ambagskool met koshuis. Dis geopen met 24 leerlinge, wat binne drie maande aangegroei het tot 47. Bedags het die seuns ambagte geleer, en saans skryf, lees

  • 21 MEI - TRANSVAAL WORD MODERNE STAAT Dit was heelwat moeiliker om spoorweë in Transvaal aan te lê as in die Vrystaat. Delagoabaai, tans Maputo, was die hawe naaste aan Pretoria en die Rand, en ’n spoorlyn daarheen sou vir die grootste afstand oor Transvaalse grondgebied loop. Met hul besoek aan Nederland het die deputasie van Kruger, genl. NJ Smit en ds.

  • 22 MEI - VRYHEID EN VROUE-EMANSIPASIE: “DIT WAS HEERLIK OM JONK TE WEES!” Baie jong Afrikaners in die Kaapkolonie het die twee republieke as ’n uitkoms beskou. ME Rothman, later die skryfster MER, gebore in 1875 in Swellendam, vertel hoe baie Swellendammers nie meer hulle tradisionele ambagte – wamakery en die verwante timmerwerk, smidswerk en looiery – kon beoefen nie. Daarby het

  • 23 MEI - WAAROM TRANSVAAL GEEN TAALBEWEGING GEHAD HET NIE Transvaal kón Afrikaans as ’n amptelike taal gehad het. JD du Toit (Totius) deel in die biografie van sy vader, SJ du Toit, mee dat daar in 1881 ’n poging aangewend is om Afrikaans as die amptelike taal te erken. Een van die GRA-manne – miskien Du Toit self – het met

  • 24 MEI - OP PAD NA DIE JAMESON-INVAL: RHODES BOTS MET KRUGER Cecil John Rhodes was fabelagtig ryk. Deur sy belange in De Beers en Consolidated Gold Fields was hy omstreeks 1895 ’n multimiljoenêr met ’n jaarlikse inkomste van meer as ’n miljoen pond. Die bepalings van die trustaktes het hom in staat gestel om ’n deel van die opbrengs van die

  • 25 MEI - JAMESON VAL TRANSVAAL BINNE Rhodes het van Junie 1895 af met ander Randse kapitaliste saamgewerk om die uitlanderopstand te organiseer en te finansier. Deur sy invloed by Alfred Beit kon hy sorg dat ook Wernher, Beit en Kie tot die plan toetree. Hoewel dit die hoofoogmerk was om van Transvaal ’n Britse kolonie te maak, was die winste wat

  • 26 MEI - JAMESON HYS DIE WIT VLAG – ’N VOORSKOOT Jameson se meksims en kanonne het op Nuwejaarsdag 1896 die klippe waaragter die burgers gelê het, met ’n haelbui van koeëls beskiet. Hulle kon egter nie deurbreek nie en die Transvalers het van alle kante toegesak. Die nag het die uitgeputte troepe in ’n laagte gaan skuil. Hulle was omsingel deur

  • 27 MEI - TREIN MET DINAMIET ONTPLOF Minder as twee maande ná die Jameson-inval het nog ’n gebeurtenis Transvaal geruk – een van die grootste dinamietontploffings in Suid-Afrika se geskiedenis. Dit was op Braamfontein-stasie, sowat 300 meter van Park-stasie. Op 16 Februarie 1896 het ’n treinvrag dinamiet in Park-stasie aangekom. Dit was Sondag en die vrag is dus nie afgelaai nie, maar

  • 28 MEI - DIE RUNDERPES-RAMP Ook nog in 1896 het ’n ekonomiese ramp ’n groot deel van Suid-Afrika getref. Dit is veroorsaak deur die runderpes – letterlik “beestepes”: die Nederlandse woord vir beeste is runderen of rundvee. Runderpes is ’n virussiekte wat eeue lank in Asië bestaan het voordat dit met die val van die Romeinse Ryk met die invallers na Europa

  • 29 MEI - VERNIETIGING EN BEWARING VAN WILD Talle soorte wild is dood aan die runderpes, iets wat wildbewaring nog aktueler gemaak het as wat dit reeds was. Sedert die Groot Trek het Afrikanerleiers al wild probeer beskerm. In Julie 1837 het Piet Retief bepaal dat kommandante versigtig moes waak teen die onnodige uitroei van wild. Oortreders kon met 10 tot 100

  • 30 MEI - BOME GEPLANT ... EN VERNIETIG ’nGeweldige ramp in Suid-Afrika se natuurgeskiedenis is die verlies van die stink- en geelhoutbome van die Suid-Kaap. Die grootste bosbrand in die land se geskiedenis het in 1869 ontstaan en oor 600 kilometer dele van die distrikte Swellendam, Riversdal, Mosselbaai, George, Humansdorp en Uitenhage kaal gestroop. Mnr. HB Darnell het beskryf hoe die brand

  • 31 MEI - BEWARING VAN KULTUURERFENIS “Sê aan mnr. Rhodes sy neus is ook net ’n klein puntjie van sy gesig. Laat hy dit afsny en dan in die spieël kyk.” Dit was die antwoord wat Rhodes gekry het terwyl hy as Kaapse premier mev. Marie Koopmans-De Wet se mening laat vra het oor ’n “klein verandering” wat die regering wou laat