April

In April se dagstukke vorder ons deur die Groot Trek, die stigting van die Boererepublieke en die oplewing van ’n Afrikaner-identiteitsgevoel in die Kaapkolonie.

  • 1 APRIL - DIE GELOFTE Soos enkele ander leiers was Andries Pretorius ’n indrukwekkende figuur: meer as twee meter lank en goed gebou, so simmetries dat gesê is dat ’n beeldhouer in hom ’n uitstekende model vir ’n Hercules-beeld sou kon vind. Hy was hardwerkend, vriendelik en vol ondernemingsgees, en het ’n hele paar plase in die Kolonie besit. Aan die einde

  • BLOEDRIVIER Teen dagbreek op 16 Desember 1838 het die mis opgeklaar. Sowat 10 000 Zoeloekrygers onder Dambuza (Nzobo) en Mhlela het herhaaldelik op die Voortrekkerlaer afgestorm. Die trekkers kon telkens die aanvalle stuit. Pretorius het sy broer, ’n tolk en ’n paar vrywilligers gestuur om die Zoeloes uit te daag om te kom veg – nie soos voorheen teen weerlose vroue en kinders nie,

  • ’N LIEFDESDRIEHOEK VAN DIE GROOT TREK Te midde van al die ellende van 1838 was daar soms kans vir ’n bietjie skinder oor ’n liefdesgeskiedenis waarby die heldhaftige Marthinus Oosthuizen betrokke was. Dit is een van Suid-Afrika se groot liefdesverhale, soos oorvertel deur Theo Gerdener. Oosthuizen was afkomstig uit die distrik Uitenhage. Sy ouers was veeboere en het ook rasegte honde en perde

  • DIE REPUBLIEK NATALIA DIE REPUBLIEK NATALIA ol hoop het die trekkers hul eie staat begin opbou. In 1839 is ’n grondwet geskryf; mans bo 21 jaar kon stem vir die Volksraad van 24 lede. Die Gelofte van Desember 1838 is nie algemeen nagekom nie. Wel het ds. Erasmus Smit elke jaar ’n dank- en biddag in Pietermaritzburg gehou, terwyl ook Sarel

  • VOORTREKKERS VERLAAT NATAL Toe die Kaapse goewerneur verneem dat Smith hulp vra, het hy ’n mag onder kol. Josias Cloete per skip gestuur om die beleërde garnisoen te ontset. Cloete was lid van ’n gesiene Kaapse familie. Die Natallers kon nie verhinder dat hy land nie en het teruggeval na Pietermaritzburg. Cloete het aan die Zoeloes die reg gegee om

  • NUWE BOTSINGS TUSSEN BOER EN BRIT Ná ’n besoek aan die Transgariep is die Kaapse goewerneur, sir Harry Smith, na Natal waar hy Andries Pretorius vroeg in 1848 ontmoet het. Smith het sy bes gedoen om Pretorius te laat afsien van sy plan om uit Natal te trek, en gesê dat hy van plan was om die Transgariep te annekseer omdat die meeste

  • ANDRIES PRETORIUS TROU WEER Toe die Winburgers Pretorius gevra het om te kom help, was sy 47-jarige vrou Christina (gebore De Wit) ernstig siek. Sy het reeds in Natal ’n soort disenterie opgedoen wat die gevolg van malaria was en het nooit behoorlik daarvan herstel nie. Weens haar siekte het hy getwyfel of hy moes gaan, maar sy het gesê: “Ek is baie

  • GEBOORTE VAN DIE BOEREREPUBLIEKE Die neerlaag by Boomplaats het Pretorius se aansien as Voortrekkerleier kwaai geknou. Hy het egter voeling behou met die Afrikaners suid van die Vaalrivier, en het die gebeurtenisse in Suider-Afrika so goed beoordeel dat hy die nuwe politieke situasie kon benut wat teen 1851 ontstaan het. In die Kaap was die Agtste Grensoorlog (1850–1853) aan die gang, die Basotho

  • UITGEWERS, OOK DIE SWAER VAN KARL MARX De Gereformeerde Kerkbode het van 1880 tot 1883 verskyn onder die naam De Christen en van 1884 tot 1932 as De Kerkbode. Tot in 1910 is dit uitgegee deur Van de Sandt de Villiers. BJ van de Sandt (1798–1850) was die eerste Afrikaner wat ’n drukker geword het. Hy het in 1809 as seun van elf jaar

  • AFRIKAANS WORD KOERANTTAAL Louis Henri Meurant (1812–1893) het in 1830 ’n drukpers gekoop waarmee hy op 30 Desember 1831 The Graham’s Town Journal begin uitgee het. Meurant en die latere redakteur Robert Godlonton was die eerste wat die opspraakwekkende nuus oor Piet Retief en Dingane uitvoerig gerapporteer het. Retief se stukke is uit Hollands vertaal, en die lesers het soveel daarin belang gestel dat

  • NUWE KLAAS WAARZEGGERS EN JAN TWYFELAARS  Klaas Waarzegger se samesprake en briewe het groot geesdrif vir Afrikaans gebring. Talryke Afrikaanse briewe en samesprake het in die koerante, veral Het Volksblad maar ook De Zuid-Afrikaan en ander blaaie verskyn. Die taalkundige J du P Scholtz het stukke in Afrikaans aangetref in ongeveer 300 nommers van koerante tussen 1861 en 1869. Klaas Waarzeggers en Jan Twyfelaars

  • ’N BAANBREKER VAN DIE PAARL Die eerste inrigting waar jong mense onbedoeld vir ’n taalbeweging gereed gemaak is, was die Paarlse Gimnasium. Die oprigter in 1858 van dié suiwer Hollandse skool was ds. GWA van der Lingen (1804–1869). Hy was die predikant wat ’n voorspraak was vir die Voortrekkers en deur Andries Pretorius ’n “waare Afrekaan” genoem is. Van der Lingen was die mees

  • AFRIKAANS VIR GODSDIENS EN ONDERWYS Baie van die mense wat tot in dié tyd Afrikaans as skryftaal gebruik het, was nie-Afrikaners, en sommige van hulle is buite Suid-Afrika gebore. Ook sjeik Abu Bakr Effendi (1835–1880) was so iemand. Abu Bakr, ’n Koerd wat in Turkye gebore is, was ’n Islamitiese godsdiens-onderwyser wat Afrikaans as godsdienstige taal vir die Kaapse Moslems gebruik het.Abu Bakr is

  • DIE “DUTCH MARK” OM DIE NEK Van die 1860 jare af het die verengelsing in die Kolonie toegeneem, veral deur middel van die skole. Selfs op die speelterrein moes die kinders Engels met mekaar praat om straf vry te spring. In party skole is gebruik gemaak van ’n sleutel, blokkie of hartvormige plank waarop iets geskryf is soos: “I am a donkey.” Hierdie “Dutch

  • AFRIKANERS VEG TEEN AFRIKANERS Die propaganda dat Afrikaners gedurig verdeeld was onder mekaar, was ongelukkig ten dele waar. Daar was aan die begin geen sterk regering in Transvaal nie. Die boere het die kaal, koue vlaktes en bulte van die Hoëveld vir eers links laat lê en gaan woon in die warmer dele wat boonop voldoende swart arbeid gehad het. Die wit mense het

  • DRIE KERKE IN TRANSVAAL; NG SENDINGKERK GESTIG In party twiste in Transvaal het kerksake ’n rol gespeel. Omdat die Kaapse NG Kerk so onsimpatiek teenoor die Groot Trek was, wou baie Transvalers nie onder die Kaapse kerk staan nie. In Augustus 1853 het ’n Algemene Kerkvergadering in Rustenburg besluit om ’n selfstandige kerk te vorm met ds. Dirk van der Hoff uit Nederland as

  • STRYD OOR LEWENSKWESSIES IN DIE NG KERK Hollands het dwarsdeur die 19de eeu ’n belangrike intellektuele taal vir Afrikaners gebly. Sowat 200 het hoofsaaklik in die teologie, regsgeleerdheid en geneeskunde aan Nederlandse universiteite gestudeer. Die teologiese studente het in aanraking met nuwe teologiese sienings gekom. Dié nuwe strominge en gesindhede wat veroorsaak is deur die Franse Revolusie en die verowering van Nederland deur Franse

  • GEESTELIKE HERLEWING EN PINKSTERBIDURE Die liberalisme het geen blywende invloed op die NG Kerk gehad nie, en party liberale predikante het later meer behoudend geraak. Groot steun het die liberale rigting wel gehad, veral onder lidmate met geleerdheid. Die invloed van die liberalisme het afgeneem nadat die NG Kerk in 1859 begin het om teologiestudente op te lei aan ’n kweekskool met ortodokse professore.

  • ANDREW MURRAY BEVORDER ONDERWYS AAN MEISIES Die kerkstryd oor die liberalisme het ’n intellektuele lewe onder Afrikaners bevorder. Die optrede van die Sinode en die uitsprake van die hof het groot beroering veroorsaak, soos mens in ’n godsdienstige volk kan verwag. Voorstanders van die liberale en ortodokse rigtings het ’n heftige polemiek daaroor in koerante en boeke gevoer. Die vernaamste onder eersgenoemde was di.

  • DIAMANTE ONTDEK Die Kaapse Afrikaners het tydens en ná die Groot Trek telkens hul simpatie met Afrikaners in die noorde bewys deur hulp te stuur, onder meer in die oorloë tussen die Basotho en die Vrystaat. Daarby het Engeland soms só teen Afrikaners in een deel van die land opgetree dat die Afrikaners elders dit as onreg beskou het. Dit het ’n eenheidsgevoel geskep.

  • DIAMANTE VERANDER SUID-AFRIKA Die ontdekking van diamante het ’n nuwe hoofstuk in Suid-Afrika se ekonomiese geskiedenis ingelui. Die welslae van vier jong Afrikaners sou ’n paar dekades later ’n belangrike rol speel in die ontwikkeling van Afrikaans. Dié vier was die Marais-broers van Stellenbosch: Pieter, Abraham, Christiaan en Jannie. Hulle het op 31 Augustus 1870 onder leiding van hul oom, Marthinus Neethling (’n broer

  • ’N MODELSTAAT EN DIE DORSLANDTREK Ná die beëindiging van die diamantveldkwessie kon president Johannes Henricus Brand (1823–1888) en sy burgers hul pogings voortsit om die Vrystaat op te bou. Die £90 000 vir die diamantveld is gebruik om ’n telegraaflyn na Bloemfontein aan te lê en ’n nasionale bank op te rig. Die diamantvelde het die ekonomiese lewe bevorder, terwyl die anneksasie die Vrystaat

  • GELOWIGE HOLLANDERS PLEIT VIR ’N AFRIKAANSE BYBEL Die godsdienstige herlewing van die 1860erjare het na ander terreine as kerklike organisasies deurgewerk. Die voorlopers van die eerste georganiseerde Afrikaanse taalbeweging was twee gelowige gewese Hollanders wat gepleit het vir ’n Bybel in Afrikaans. Die eerste was Arnoldus Pannevis (1838–1884). Hy het in die 1840er- en 1850erjare as skoolseun berigte gelees oor die Vrystaat en daarna

  • HOE DIE TAALBEWEGING BEGIN HET Die taalhistorikus J du P Scholtz skryf dis vrugteloos om te gis oor wanneer die taalbeweging begin het. Maar in 1874 het ’n paar koerantbriewe ’n kettingreaksie aan die gang gesit, wat ’n mens met die begin van die taalbeweging in verband kan bring.“Een Ware Afrikaander” (SJ du Toit) publiseer op 8, 11 en 22 Julie 1874 in De

  • “SKOOLMEESTERTJIES EN WYNBOERTJIES” BEGIN ’N TAALBEWEGING Die voormiddag van Saterdag 14 Augustus 1875 was naar en winderig in die Paarl. GR von Wielligh (1859–1932) vertel dat die suidooster die hange van die Klein Drakensteinse gebergte afgedaal en ’n vaart oor die vlaktes geneem het, “om stofwarrelings op die Pêrelse strate te maak”.Dié oggend het ’n paar jong mans een-een, soms miskien twee saam, in

  • “VYANDE” VAN DIE VOLK! 'nOmstrede bepaling van die Genootskap van Regte Afrikaanders (GRA) het te make gehad met geheimhouding. ’n Lid moes hom deur sy handtekening verbind om die name van sy medelede en besluite van die genootskap streng geheim te hou, selfs indien hy sou bedank. Von Wielligh verduidelik waarom. Die lede het “in die oë van sommige Afrikaners die grootste misdaad gepleeg

  • EERSTE AFRIKAANSE KOERANT Die eerste nommer van Die Afrikaanse Patriot op 15 Januarie 1876 het begin met die woorde: “Een Afrikaanse koerant! Wie het dit ooit gedroom! Ja, Afrikaanders, een koerant in ons ei’e taal! Dit het baiang moeite gekos om so vêr te kom; dit kan ek julle verseker, want die meeste Afrikaanders is nes steeks pêrde, hulle wil mos nie glo dat

  • VORDERING ONDANKS TEËWERKING Talle Afrikaners was gekant teen Die Afrikaanse Patriot. Heelparty plattelanders het die beweging toegejuig, maar die meer geleerde mense, en dié wat lank op goeie dorpskole was, was die blad vyandiggesind. Party ouers het hulle kinders belet om die Patriot te lees of die huis in te bring. Een van ds. Du Toit se kerkraadslede het vir

  • EERSTE AFRIKAANSE GEDIGTE Die lesers van die Patriot het die blad toegegooi met gedigte; “elkeen wou rijm, van wijle Generaal Piet Joubert af, tot die veewagtertjie in die veld”. “Oom Jan” het gevra: “Wi had kon denk dat Afrika / ooit sofeul digters had?”. ’n Eerste Versameling Afrikaanse gedigte het in 1878 verskyn – ’n versameling uit die Patriot en die Afrikaanse Almanak. Daarna

  • HOLLANDSE KOERANTE IN DIE KAAPKOLONIE Baie Kaapse Afrikaners was omstreeks 1855 nog onverskillig oor die politiek en die verontregting van hul taal. Die Engelssprekendes wat aktief was in die politiek, was bang dat die Afrikaners hulle sou oorheers. So was baie Engelssprekende liberale in die westelike distrikte gekant teen die bepaling dat alle mans kon stem, mits hulle eiendom van £25 besit.