NOVEMBER

In Novembermaand se dagstukke beleef ons die hoofbloei van Afrikanerskap met politieke mag, republiekwording, ‘n ekonomiese wonderwerk en buitengewone prestasies op letterkundige en selfs mediese gebied. Dit eindig met die eerste tekens van naderende verdeeldheid, met die stigting van die HNP.

  • AFRIKAANSE INSTELLINGS LOOP DEUR Genl. Smuts het sterker as ooit gestaan ná die Geallieerde oorlogsuksesse in Noord-Afrika. Op 7 Julie 1943 is verkiesing gehou; die regeringsondersteuners in die Volksraad het gestyg tot 107, terwyl net 43 Nasionaliste verkies is. Dit was die grootste politieke triomf in Smuts se loopbaan. Sy ou teenstander, genl. Hertzog, is op 21 November 1942 eensaam en stil

  • INTELLEKTUELE EN POPULÊRE TYDSKRIFTE EN KOERANTE 'nNuwe intellektuele tydskrif, Standpunte, het in Desember 1945 die eerste keer verskyn. Die broers NP van Wyk Louw en WEG Louw het hulle lank vir so ’n blad beywer. Hulle was die oprigters en saam met die kritikus en digter HA Mulder die eerste redaksie. In 1946 het die Nederlandse digter en kritikus Jan Greshoff bygekom.

  • BUITELANDSE ERKENNING VIR NP VAN WYK LOUW Die Tweede Wêreldoorlog het in Mei 1945 in Europa tot ’n einde gekom en kommunikasie met daardie wêrelddeel het weer moontlik geword. Reeds voor die oorlog het ’n paar Nederlandse skrywers en letterkundiges laat blyk hoeveel waarde hulle aan NP van Wyk Louw se werk heg, en ná die oorlog het dit onder nog meer

  • OP WEG NA APARTHEID Voor die einde van die Tweede Wêreldoorlog het die vernaamste Geallieerde nasies besluit om ’n wêreldorganisasie te stig wat internasionale geskille uit die weg moes ruim en die vrede moes help bewaar: die Verenigde Nasies. Genl. Smuts het ’n deurslaggewende rol gespeel in die formulering van die aanhef van die VN se Universele Verklaring van Menseregte.Dit was ietwat

  • WESTERSE EN SUID-AFRIKAANSE RASSISME Apartheid het spanning geskep tussen Suid-Afrika en Brittanje, Suid-Afrika se vernaamste buitelandse belegger en handelsvennoot, skryf Hermann Giliomee in Die Afrikaners. Maar belangriker as die Westerse regerings se afkeuring van apartheid was hul begeerte dat die bande tussen Suid-Afrika en die Weste nie versteur word nie. Die Weste wou verhoed dat SA met sy minerale en strategiese ligging

  • EERSTE APARTHEIDSWETTE Die opposisie en die buitewêreld was geskok oor Smuts se neerlaag en hiperkrities teenoor die NP. “Don’t give the Nats a sporting chance!”, het oudmin. JH Hofmeyr gesê. Die VP het soveel steun gehad dat dit kon hoop om gou weer aan bewind te kom. Genl. Smuts het die 1948-uitslag bestempel as ’n tydelike terugslag, ’n “reverse”, en het sy

  • STRYD OOR AFSONDERLIKE KIESERSLYSTE Die onderlinge agterdog tussen die Nasionale en Verenigde Party het bygedra tot ingrypende wetgewing om die bruin kiesers van die gemeenskaplike kieserslys in Kaapland te verwyder. Die NP het die VP daarvan beskuldig dat laasgenoemde net in die bruin mense belang stel as daar ’n verkiesing nader. Dan is talle bruin kiesers geregistreer, maar in kiesafdelings waarin die

  • “’N WREDE WET” VEROORSAAK BITTERHEID Die apartheidsmaatreëls het soos die Anglo-Boereoorlog opnuut ’n kloof tussen wit en bruin Afrikaanstaliges geskep. Ongeveer 70 000 bruin, 30 000 Indiër- en 1600 wit gesinne is ingevolge die Groepsgebiedewet verskuif uit buurte waarin hulle vroeër gewoon het. Baie van die bruin en Indiërgesinne het in swak omstandighede gewoon en is in gunstiger omstandighede gehuisves. Maar dikwels

  • ’N INDUSTRIËLE REVOLUSIE Die eerste jare van die nuwe bewind is nie net deur apartheid gekenmerk nie. Opvallender was die industriële revolusie waaraan Afrikaners ’n al hoe groter aandeel sou neem. In ’n kort tyd het stede soos Welkom, Vanderbijlpark en Sasolburg ontstaan.Welkom was die stad wat in die Vrystaat ontwikkel het ná die ontdekking van gouderts van besonder hoë gehalte in

  • SUKSES DEUR VERNUWING 'nRembrandt-advertensie uit 1955 begin só: “Sekere koerante was onlangs vol berigte dat die sogenaamde ‘Amerikaanse sigaret-oorlog’ nou ook na Suid-Afrika versprei. Die waarheid van die saak is: die ‘oorlog’ is hier in Suid-Afrika begin. Reeds in 1952 het Rembrandt die eerste VAN RIJN Filtersigaret vervaardig. Van Rijn was die eerste lang filtersigaret in die wêreld. Die eerste masjien wat

  • VAN LUGBRUG TOT VOLKSFEES Die hoofkenmerk van die internasionale politiek ná die Tweede Wêreldoorlog was die “koue oorlog” tussen die kommunistiese Sowjet-blok en die Weste. Suid-Afrika het die Weste gesteun. Een van die eerste dade van die bewind was om hulp aan te bied met die Berlynse lugbrug. Die Russe, wat Oos-Duitsland beset het, het ’n blokkade van Wes-Berlyn ingestel om die

  • MASSAMEDIA EN SPORT: SPRINGBOKSPAN SING “STILLE NAG” VIR KAPTEIN Soos in ander lande het die sirkulasie van algemene tydskrifte van goeie gehalte gedaal – Die Huisgenoot s’n in die jare vyftig al. Die “kuise en ingehoue styl” van die blad het vir ’n nuwe geslag “flou afgesteek teen die hartstog, uitgesprokenheid en uitdagendheid van die bioskoop en ingevoerde blaaie”, sê Johan Spies,

  • VERVOLGVERHALE, KERKDIENSTE TREK RADIOLUISTERAARS Die Afrikaanse radio het sowel die ligte as meer ernstige kultuur bevorder. Die luisteraars se musieksmaak is help vorm en die radio het gesorg dat die beroemde koloratuur-sopraan Mimi Coertse tot selfs onder die Afrikaners van Kenia bekend raak. Sy het in 1956 haar debuut in die Weense Staatsopera gemaak as die Koningin van die Nag in Mozart

  • VERNUWENDE EN OMSTREDE DIGTERS Die letterkundige toneel is in die vyftigerjare oorheers deur NP van Wyk Louw en DJ Opperman. Byna elke jaar het daar ’n groot werk van een van hulle of van albei verskyn. In 1954 was dit byvoorbeeld Louw se Nuwe Verse en Opperman se drama Periandros van Korinte.Vanuit Amsterdam, waar hy van 1950 tot 1958 professor in Afrikaans

  • “DIE WONDER VAN AFRIKAANS” MET FEESTE GEVIER Afrikaners was in die jare vyftig positief oor hul taal en sy prestasies. Die Burger (27 Junie 1955) het die Afrikaanse kulturele en ekonomiese lewe “die moderne wonder van Suid-Afrika” genoem. Engelssprekendes was pessimisties oor hul taal en party het – hoe ongelooflik dit ook mag klink – gemeen dit kan agteruitgaan en uitsterf. Dit

  • DR. HF VERWOERD NEEM OOR Dr. HF Verwoerd was die opvolger van premier JG (Hans) Strijdom, wat in 1958 oorlede is. Strydom het in 1954 as eerste minister by dr. DF Malan oorgeneem. Verwoerd was die seun van Nederlandse immigrante en het sy vroeë onderwys in Rhodesië geniet. Daarna is die familie na Brandfort, maar ondanks ’n verandering in sy onderwysmedium het

  • DIE ONHEILSJAAR 1960: SHARPEVILLE Die jaar 1960 was vir Suid-Afrika vol rampe en onheil. Dit het begin met ’n mynramp. Op 21 Januarie het ’n rotsstorting in die Coalbrook-steenkoolmyn 437 mynwerkers vasgekeer. Twee weke is geprobeer om die werkers te bevry. Alles tevergeefs.Die besoekende Britse premier, Harold Macmillan, het 3 Februarie in die Parlement sy “winde van verandering”-toespraak gehou. Hy het verwys

  • TUISLANDE EN HUL AMPTELIKE TALE Dr. Verwoerd se wonderbaarlike genesing het hom in staat gestel om op 31 Mei 1960 in Bloemfontein die hoofrede by die Uniefeesvierings in dié stad te lewer. ’n Simboliese handeling wat hy verrig het, het egter in ’n antiklimaks geëindig. ’n Vredesduif wat hy in die lug gewerp het, het tot ontsteltenis van almal op die grond

  • AFRIKANERPROTES TEEN APARTHEID Van vroeg af het party Afrikaners apartheid teengestaan, onder andere die teoloë proff. Ben Marais van Pretoria en BB Keet van Stellenbosch. Keet, ’n vooraanstaande figuur in die taalbeweging een van die vertalers van die Afrikaanse Bybel, het in 1955 in Suid-Afrika waarheen? betoog dat die beleid nie onbepaald gehandhaaf kon word nie. Gebiedskeiding is onprakties en selfs onchristelik

  • RIVONIA-VERHOOR: PLAN VIR ’N GEWELDDADIGE OPSTAND Swart nasionalisme en verset was aan die groei. Die vroeë jare sestig het die opkoms beleef van organisasies soos Poqo, wat uit die PAC ontstaan het, en Umkhonto we Sizwe (“Assegaai van die volk”) militêre vleuel van die ANC. Die versetgroepe het sabotasieveldtogte gevoer en die staatsveiligheid bedreig. Deur harde polisiewerk en ingrypende wette is die

  • REPUBLIEKWORDING EN “DIE DRIE VAN MANNETJIES ROUX” Te midde van die debatte van 1960 was daar ’n verkiesingsveldtog aan die gang. Op 5 Oktober 1960 is ’n referendum gehou oor die vraag of die land ’n republiek moet word. Met 850 458 stemme teenoor 775 878 het die kiesers ten gunste daarvan besluit. Op 15 Oktober het 70 000 mense ’n dankfees,

  • ’N EKONOMIESE WONDERWERK EN ’N BLOEIENDE KULTUURLEWE Ekonomies het dit kort ná Sharpeville en republiekwording slegterig gegaan; die land het baie kapitaal en mense verloor. Die regering het maatreëls getref wat vertroue herstel en die ekonomie geprikkel het. Die voorsitter van die Nywerheidsontwikkelingskorporasie, dr. HJ van Eck, het in Maart 1962 gesê dat Suid-Afrika ekonomies vinniger groei as enige ander land s’n.

  • DIE SESTIGERS BRING VERNUWING IN DIE PROSA Die algemene kultuurpeil van ’n moderne volk word grotendeels gemeet aan die prosa wat binne hom geskryf, geniet, gewaardeer en selfs toegelaat word, sê NP van Wyk Louw in Vernuwing in die prosa (1961). Die prosa weerspieël meer die algemene peil van die beskawing van ’n groep as die poësie en het groter vormende krag

  • BEYERS NAUDÉ EN BREYTEN BREYTENBACH WEK OPSPRAAK Hoewel dr. Verwoerd so ’n magtige man was, het al hoe meer Afrikaners die regeringsbeleid gekritiseer. Een van hulle was ds. CF Beyers Naudé, seun van ds. JF Naudé, een van die stigters en eerste voorsitter van die Broederbond. Naudé was ’n gewilde prediker en moderator van die Suid-Transvaalse Sinode van die NG Kerk. Hy

  • GEESDRIFTIGE REPUBLIEKFEES EN ONENIGHEID TUSSEN DIE GROTES Ondanks apartheid was daar baie waarop Afrikaners in 1966 kon trots wees toe republiekwording gevier is. Hulle het hul stempel afgedruk op ’n presterende staat wat in 1975 die 18de grootste ekonomie in die wêreld sou hê en die 15de grootste handelsland was (teenoor onderskeidelik die 28ste en 37ste dertig jaar later).Op Dinsdag 31 Mei

  • MOORD OP DR. VERWOERD Ondanks sy dikwels omstrede optredes was dr. Verwoerd se aansien groot, ook weens sy hantering van die geskil tussen Brittanje en Rhodesië, wat hom op 11 November 1965 onafhanklik verklaar het. Verwoerd het geweier om aan sanksies en boikotte teen dié land deel te neem. Die Britse regering se optrede teen die Rhodesiërs het by baie Suid-Afrikaners, ook

  • SPORT WORD ’N WAPEN Die universele liefde vir sport het aan die vyande van die Suid-Afrikaanse bewind ’n magtige wapen gegee. Hulle het die land stap vir stap op sportgebied geïsoleer. Die Suid-Afrikaanse sportbeleid het dit vir dié mense maklik gemaak. So het dr. Verwoerd op 4 September 1965 by Loskopdam gesê dat enige besoekende sportspan die land se gebruike moet eerbiedig.

  • EERSTE GROOT SKEURING: HERSTIGTE NASIONALE PARTY In die jare sewentig is die sportbeleid verder gevoer sodat kleurdiskriminasie kon verdwyn. Die minister van sport, dr. Piet Koornhof, het mense soms met sy vernuftige planne verwar. Grappenderwys het ’n kabinetskollega eendag gesê hy weet nie mooi wat die sportbeleid is nie, want hy het tienuur die oggend laas met Koornhof gepraat!Sportintegrasie, en meer spesifiek

  • DR. CHRIS BARNARD PLANT EERSTE HART OOR Suid-Afrika was in Desember 1967 wêreldnuus – en dié keer nie oor ’n negatiewe saak nie. Die eerste geslaagde hartoorplanting ter wêreld is vroeg op 3 Desember 1967 in die Groote Schuur-hospitaal in Kaapstad uitgevoer. Dit was ’n merkwaardige prestasie vir die geneeskunde in Suid-Afrika, en veral vir die leier van die hartspan, prof. Christiaan

  • LUG-, TREIN- EN NATUURRAMPE Elke land ken rampe. Die padongeluk wat die meeste kinderlewens geëis het, was die Westdene-ramp in Johannesburg op 27 Maart 1985. Die bestuurder van ’n skoolbus met leerlinge van die Hoërskool Vorentoe het beheer oor die voertuig verloor en die bus het deur die versperrings om die Westdene-dam gebars en in die water beland. Leerlinge en onderwysers en