Junie

Juniemaand se stukkies lees ons meer van die algemene kultuurlewe net voor die Anglo-Boereoorlog. Dan begin die oorlog en heelwat onderwerpe wat daarmee te doen het, volg.

  • EUGÈNE MARAIS EN ANDER REPUBLIKEINSE REDAKTEURS 'nNeef van Johan Koopmans, en huisvriend van die Koopmans De Wet-familie was dr. Frans Vredenrijk Engelenburg. Hy het in 1889 die redakteur van De Volksstem geword en dit met ’n paar onderbrekings gebly tot in 1929. Sy kennismaking met pres. Kruger was nie alte gelukkig nie. Die president was op sy stoep, en die jong Hollander

  • TWEE AFRIKAANSE TAALKONGRESSE Die gebeurtenisryke 1896 het naas rampe darem ook vordering vir Afrikaans opgelewer. Die eerste Afrikaanse tydskrif het tot stand gekom op aanbeveling van die eerste Afrikaanse taalkongres in die geskiedenis wat op 15 en 16 Januarie 1896 in die Paarl gehou is. Sowat honderd mense van oor die hele land het dit bygewoon. Baie Transvalers en Vrystaters wat wou

  • SJ DU TOIT VERANDER VAN KOERS Terwyl hy nog in Pretoria was, het SJ du Toit in 1891 ’n gesprek met Rhodes gehad oor dié se planne om Rhodesië te koloniseer. Dit was ’n vriendelike en vertroulike gesprek met ’n gedemoraliseerde, eensame Du Toit. Hy was sonder geld of invloed, en die gesprek het vir hom baie beteken. Teen daardie tyd was

  • DIE HOLLANDSE TAALBEWEGING IN SUID-AFRIKA Na die koersverandering van SJ du Toit het Afrikaans die koeranttaal geword waarin die republieke se saak veroordeel is, en wel deur die Patriot. Die Afrikanersaak is in Hollands gestel deur blaaie soos De Volksstem in Pretoria, De Express in Bloemfontein en Ons Land in Kaapstad. Laasgenoemde is in 1892 gestig en het die steun van JH

  • AFRIKANERS GENIET AFRIKAANSE EN HOLLANDSE BOEKE Hollands was die leestaal van baie Afrikaners. Een van die gewildste skrywers was D’Arbez, skuilnaam van JF van Oordt (1856–1918). Hy was ’n seun van dr. JWG van Oordt, redakteur van Het Volksblad, en van 1878 tot 1894 van De Zuid-Afrikaan. JF se moeder, Susanna, was ’n dogter van ’n Suid-Afrikaanse Nederlandse opvoedkundige, dr. ANE Changuion.

  • EERSTE AFRIKAANSE BYBELVERTALINGS Twee GRA-lede het vertalings van Bybelboeke aangepak. CP Hoogenhout het die Markus-evangelie in 1878 vertaal. Dit is egter nie uitgegee nie, maar die geskrewe manuskrip het behoue gebly. In die 1890erjare het SJ du Toit met die hulp van ’n paar ander die vertaling van die Bybel aangepak. Die vertalings van sewe Bybelboeke is tussen 1893 en 1908 gepubliseer,

  • NAGMAAL OP DIE PLATTELAND "Die Hervormde kerk het nagmaal, die Verenigde kerk het nagmaal, die Enkel Gereformeerde kerk het nagmaal, en in al die paaie wat na Uitdraai lei, ry die kerkwaens kreunend en skokkend na dieselfde doel.” Dis een van die eerste sinne in J van Melle se roman Dawid Booysen. Die plattelandse nagmaal was inderdaad ’n groot gebeurtenis. B Spoelstra

  • KERKVERENIGING EN KERKSKEURING Die “Verenigde kerk” waarvan Van Melle in Dawid Booysen melding maak, is nie meer onder die naam bekend nie. Die ou naam herinner egter aan die kerkstryd in Transvaal. Die sukses van die Vryheidsoorlog het die nasionale gevoel versterk. ’n Groot volksfees is in Desember 1881 by Paardekraal gehou waarop die gelofte van 1880 beklemtoon is. Ook in die

  • ENGELS IN DIE NG KERK Die kerk was een van die instellings waarin daar byna die hele 19de eeu ’n felle kultuurstryd gewoed het. Aanvanklik is probeer om die NG Kerk te verengels deur die invoer van Skotse predikante. Naderhand het Engelsgesinde lidmate daarop aangedring dat die predikant in Engels preek, maar ander Afrikaners het hulle sterk teengestaan. In die Groote Kerk

  • AANHITSERS VAN OORLOG Die vyand was vir die meeste Afrikaners nie die Engelssprekendes as sodanig nie, maar die kapitaliste, mense soos Rhodes en Phillips, wat albei ’n belangrike rol in die Jameson-inval gespeel het. Die kapitaliste het Suid-Afrika reeds ekonomies beheer, en hulle wou dit ook polities beheer en van die Afrikaners knegte maak in hul eie land. Dit was die opvatting

  • KRUGER AAN MILNER: “DIS MY LAND WAT JY WIL HÊ!” Terwyl genl. William Butler in 1898 as hoë kommissaris waargeneem het, het hy baie gedoen om die South African League met sy buitensporige eise en luidrugtige propaganda teen te werk. Die uitlanders se veldtog het ’n hoogtepunt bereik ná ’n insident rondom middernag 18 op 19 Desember 1898. Ene Thomas Edgar, ’n

  • VRYSTAAT BLY GETROU AAN SY EREWOORD Van die Bloemfonteinse konferensie in Junie tot in Oktober 1899 het die Britse regering al hoe meer druk op Transvaal uitgeoefen. “Onze Jan” Hofmeyr het die Uitvoerende Raad en die Volksraad in geheime sittings meegedeel dat Transvaal in geval van oorlog nie op die steun van die Kolonialers kon reken nie. Hy het verklaar dat hy

  • BRITSE EKSTASE EN AFRIKANER-SOMBERHEID OOR OORLOG "Waarom hoor ons die voetstappe van soldate? Waarom kan die gerugte van oorlog nie tot swye gebring word nie?” Dit vra die skryfster Olive Schreiner in ’n stuk wat op 1 Junie 1899 geplaas is in die pro-Boer-koerant South African News in Kaapstad. Die stuk was getitel An English South African’s view of the situation en

  • KRUGER STEEK SY DROEFHEID VIR DIE PRETORIANERS WEG Pretoria was stil op 10 Oktober, aangesien pres. Kruger in ’n openbare kennisgewing gevra het dat sy verjaarsdag nie gevier word nie. Frederik Rompel, wat verbonde was aan De Volksstem, skryf dat daar op dié dag ’n bedrukte stemming in pres. Kruger se voorkamer geheers het. Maar naderhand het ’n paar besoekers begin grootpraat

  • TOTIUS EN SY PA VERSKIL Sommige Afrikaners wat kon gaan veg, wou nie. Ander wat wou gaan veg, kon nie. Party burgers was eerder boere as Boere. Hulle het soveel waarde aan hul vee geheg, dat hulle daarmee na gebiede soos die huidige Lesotho of die Transvaalse bosveld gevlug en tot die einde van die oorlog daar gebly het.Talle ander wat nie

  • SONDER KENNIS EN ERVARING VAN OORLOG NPvan Wyk Louw skryf dat die Afrikanervolk teen sy sin en sonder vorige ervaring in ’n stryd met ’n wêreldmag gesleep is. Die volk moes baie leer en afleer. Inderdaad was hulle sonder ervaring en sonder kennis van strategie. GD Scholtz skryf dat die Britte ’n strategiese plan gehad het om Johannesburg en Pretoria te verower

  • “DIS ONCHRISTELIK OM ’N VLUGTENDE VYAND TE AGTERVOLG!” Dis is onmoontlik om in hierdie “dagboek” ’n volledige beeld van die oorlog te gee. Hier word dus gekonsentreer op ’n paar belangrike gebeurtenisse en interessante momente. Die vollediger geskiedenisse is te vinde in boeke soos Oorlog-Beeld: nuusblad oor die stryd tussen Boer en Brit deur Jackie Grobler, Die Anglo-Boereoorlog 1899–1902 deur Fransjohan Pretorius,

  • PRES. KRUGER BESLUIT OOR ’N KOERANT OP SONDAG Soos mens kan verwag, is die nuus oor die veldslae gretig afgewag. Groot paniek het ná die Slag van Elandslaagte in Pretoria geheers. Onder die gesneuweldes was dr. Herman Coster, gewese staatsprokureur van Transvaal, en die Duitse graaf Zeppelin, vrywilliger aan Boerekant, en CG de Jonge. Laasgenoemde is op 12 September 1899 deur die

  • “ROOI BUL VAN KRUGERSDORP” VANG WINSTON CHURCHILL Terwyl die Boere in Natal gewag het op die aankoms van die veel sterker Britse magte van Durban af, het hulle een van die merkwaardigste wêreldleiers van die 20ste eeu gevange geneem. Dit was die latere Britse eerste minister, sir Winston Churchill, seun van lord Randolph Churchill. Hoewel die jong Churchill die Jameson-inval afgekeur het,

  • GENL. DE LA REY SE SEUN SNEUWEL Sir Redvers Buller, as nuwe opperbevelhebber van die Britse magte in Suid-Afrika, het op 31 Oktober 1899 op dieselfde skip as Churchill in die Kaap aangekom. Buller se oorspronklike plan om na Pretoria op te ruk, het hy laat vaar toe hy die nuus van “Mournful Monday” verneem. Hy het sy leër in drie dele

  • MAGERSFONTEIN Omdat genl. De la Rey sy seun moes begrawe, was hy nie op die krygsraadsvergadering waarop genl. Cronjé en kmdt. J Prinsloo besluit het om die burgers 16 km te laat terugval tot by Spytfontein, en hulle nie in te grawe by Magersfontein, 7,5 km agtertoe nie. Oor Cronjé se kop telegrafeer De la Rey toe vir pres. Steyn, wat met

  • BRITTE VERNEDER DEUR DIE “BLACK WEEK” Ná die “Black Week” het miljoene Britte so vernederd gevoel soos maar selde in die geskiedenis van hul volk, skryf GD Scholtz. In hul imperialistiese oë het die Britte hulleself gesien as die uitverkorenes van die beginsel van “the survival of the fittest”; diegene wat hulle wou teëgaan, was van die “lesser breeds”. En by Stormberg,

  • DIE GROOTSTE WAAGSTUK VAN DIE OORLOG Cronjé sou nog kon weggekom het as hy bereid was om sy laer agter te laat en net met sy perderuiters pad te gee. Toe Cronjé op 17 Februarie vlakby Paardeberg die Modderrivier wou oorsteek, moes hy ontdek dat die Britte hom aan alle kante omring. Cronjé se ongeveer 4000 burgers het hulle toe by die

  • ’N WIT VLAG OP MAJUBADAG Die toestand in Cronjé se laer was ellendig. Dae aaneen het die Britse kanonne ’n dodelike hael van liddietbomme op die laer gewerp en Cronjé kon die vuur nie eers beantwoord nie omdat sy kanonne stukkend geskiet of sonder ammunisie was. Daar was net sowat honderd perde in die laer oor. Die ander was doodgeskiet en het

  • DE WET LAAT DIE BURGERS MOED SKEP Die burgers het by tye dapper weerstand gebied, veral by die Slag van Driefontein (ongeveer 60 km wes van Bloemfontein) op 10 Maart 1900, waar genl. De la Rey die bevelvoerder was. Maar lord Roberts het Bloemfontein op 13 Maart 1900 ongehinderd binnegetrek. In die oorwegend Engelse hoofstad het die stemming sterk pro-Brits geraak. Toe

  • DIE VAL VAN PRETORIA Ná die verowering van Bloemfontein het Roberts ’n paar weke daar vertoef sodat die Britse magte kon uitrus. Met ’n oorweldigende mag het hy op 3 Mei na Pretoria begin opruk. Op 12 Mei was die Britse magte in Kroonstad; die Vrystaatse regering het reeds na Heilbron uitgewyk. Op 31 Mei kon Roberts Johannesburg binnetrek.In Pretoria het die

  • DIE “KRUGER-MILJOENE” Wat het intussen geword van Transvaal se munt- en goudvoorraad van tussen £400 000 en £500 000? Lord Roberts het drie dae in Johannesburg vertoef voordat hy na Pretoria opgeruk het. ’n Paar honderd Boere het tot Maandag 4 Junie die oprukkende vyand vertraag. Die man onder wie se leiding die goud verwyder moes word, was die staatsprokureur JC Smuts.DW

  • VOORTSETTING VAN OORLOG IN WEEGSKAAL Die opskrif hierbo is ook die opskrif van die “hoofberig” van Jackie Grobler se Oorlog-Beeld van 9 Junie 1900. Die eerste twee sinne van die berig, afkomstig van Machadodorp, lui: “Die Transvaalse owerhede was hierdie week op die punt om eerloos aan die Kakies oor te gee, maar president Steyn van die Oranje-Vrystaat het hulle met ’n

  • RAMP IN DIE BRANDWATERKOM Twee van die grootste terugslae wat die republikeinse magte in 1900 getref het, was die oorgawe van genl. Piet Cronjé by Paardeberg op 27 Februarie en dié van oudhoofkommandant Marthinus Prinsloo in die Brandwaterkom op 29 Julie. Ds. JD Kestell skryf selfs laasgenoemde datum “moet aangeteken staan as die treurigste dag in die geskiedenis van ons oorlog”.Wat het

  • PRES. KRUGER VERLAAT TRANSVAAL Pres. Kruger was sedert sy vertrek uit Pretoria saam met sy huishouding by Waterval-Onder, omdat Machadodorp te koud vir hom was. Die regering het op Machadodorp gebly en staatsekretaris FW Reitz het elke dag per trein heen en weer gereis om met Kruger te beraadslaag. Kruger was baie neerslagtig en sy pynlike oogaandoening (chroniese ontsteking van die bindvliese)