SEPTEMBER

Die opkoms en vordering van Afrikanernasionalisme na Uniewording tot aan die einde van die 1920’s kry aandag in Septembermaand se dagstukke. Dit het betrekking op alle lewensterreine.

  • POLITIEKE STRYD EN DIE HERTZOGPRYS Politieke spanning het al van vroeg af bestaan tussen genl. Botha, eerste minister, en genl. Hertzog, sy minister van justisie. Botha wou die Engelssprekendes nie afskrik nie, en hulle was teen Hertzog oor sy onderwysbeleid in die Vrystaat. Sommige Afrikaners het al voor Uniewording vreemd begin staan teenoor Botha. Hy het die welwillendheid van die Britse regering

  • DIE NASIONALE PARTY WORD GESTIG Hertzog het steun ontvang van mense soos pres. Steyn, ds. Kestell, JHH de Waal en genl. CR de Wet. De Wet het op 28 Desember 1912 op ’n groot vergadering in Pretoria om Hertzog as taalstryder te huldig, gesê hy staan “liewer op ’n mishoop met sy volk as in die paleise van die Britse Ryk”. In

  • LANGENHOVEN VEG TEEN NEDERLANDS Die man wat gesorg het dat Afrikaans ’n onderwystaal word, is die skrywer CJ Langenhoven, gebore 1873. Reeds as jong student het hy geen toekoms vir Nederlands gesien nie, en die voorkeur aan Afrikaans gegee. Hy het egter geen toekoms vir Afrikaans as skryftaal verwag nie, en was derhalwe van mening dat Engels die oorwinning sou behaal. Hy

  • AFRIKAANS WORD ONDERWYSMEDIUM Die onderwysordonnansies van Transvaal, Kaapland en die Vrystaat is in 1911 en 1912 verander om voorsiening vir moedertaalonderrig in albei amptelike tale in te voer. Daarvoor was die onderwys, veral in Kaapland, hoofsaaklik deur medium van Engels. In 1917 het net 14 640 van die 47 230 Afrikaanse kinders hul opleiding in Hollands gekry, 18 371 in Engels en

  • OORLOG BREEK UIT EN GENL. DE LA REY WORD DOODGESKIET Die moord op die Oostenryks-Hongaarse kroonprins Frans Ferdinand, op 28 Junie 1914 in Sarajevo, het gelei tot ’n oorlog waarby Suid-Afrika ook betrokke geraak het: aanvanklik Serwië, Rusland, Frankryk en Brittanje teen Oostenryk-Hongarye en Duitsland. Brittanje het op 4 Augustus 1914 teen Duitsland oorlog verklaar, en Suid-Afrika op 7 Augustus gevra “to

  • DE WET REBELLEER EN WORD GEVANG Terwyl De Wet besig was met protesvergaderings, het lt.-kol. SG (Manie) Maritz, met ’n aantal volgelinge uit die Verdedigingsmag Upington verlaat en na die Duitsers oorgeloop. Dit was verraad. Die krygswet is op 12 Oktober afgekondig, en burgers opgekommandeer – ’n bewys vir anti-Botha-manne dat die regering nie woord hou om Duitswes slegs met vrywilligers te

  • GENL. BEYERS VERDRINK EN JOPIE FOURIE GEFUSILLEER In Oos-Transvaal was die verset verby toe genl. Christiaan Muller digby Bronkhorstspruit gevang is. In Wes-Transvaal was genl. Beyers nog in die veld. “Ek gaan uit om my volk wakker te maak, al kos dit ook my lewe,” het hy op 12 Oktober aan ds. Christiaan Neethling gesê. Soos De Wet se manne is Beyers

  • DEUR DIE DORSLAND NA DUITSWES In Generaal J.C.G. Kemp en die epiese woestyntog beskryf MCE van Schoor dié tog ondanks die militêre en politieke mislukking as “’n verrykende invloed op die Afrikanergees”. Die tog is ’n voorbeeld van menslike uithouvermoë en ’n openbaring van waartoe die mens onder folterende fisieke omstandighede in staat is, en ook van wat mense bereid is om

  • BOLANDSE AFRIKANERS BEPLAN ’N DAGBLAD Die Rebellie het tot gevolg gehad dat Hertzog die bietjie steun verloor het wat hy en sy pas gestigte Nasionale Party nog in die Hollands-Afrikaanse pers geniet het. De Vriend des Volks het gesuggereer dat Hertzog betrokke was by die verraad van Manie Maritz. Toe die rebelle verdryf, verslaan en gevang is, het die Bolandse Hertzog-mense gevoel

  • NASPERS EN DIE BURGER OPGERIG Op die vergadering in Heemstede is ’n deputasie benoem wat mnr. Jannie Marais in die Strand besoek het; hy het op 18 Desember onderneem om 5000 aandele te neem. Die volgende dag het sy ryk broer, Christiaan Marais, beloof om 1000 aandele te neem. Willie Hofmeyr het die 25-jarige advokaat Henry Fagan gewerf om by die maatskappy

  • AFRIKANERNASIONALISME WORD STERKER "Daar ruis deur die ganse land ’n nuwe stroom,” het De Burger geskryf. Daar was al van Desember 1914 af aanduidings van ’n herlewing van Afrikanernasionalisme ná die onderdrukking van die Rebellie. Dit is die eerste weerspieël in die styging in die sirkulasie van Het Westen, enigste van die Hollands-Afrikaanse koerante wat redelik simpatiek gestaan het teenoor die rebelle.

  • VROUE BETOOG VIR GENL. DE WET SE VRYLATING Die veldtog vir die vrylating van die oorlogsheld De Wet is, soos gemeld, begin deur mev. Hendrina Joubert asook mev. FC Eloff-Kruger, ’n dogter van pres. Paul Kruger. Hul oproep is op 25 Junie 1915 in De Volkstem en daarna die ander Afrikaans-Hollandse koerante geplaas. Hulle vra die “susters en dogters van Suid-Afrika” om

  • DANKFEES OOR DE WET-VRYLATING WORD VIERING VIR AFRIKAANS Die Randse Afrikaners het van die vrylating van De Wet ’n groot volksbetoging gemaak – ook op 23 Desember 1915 toe De Wet en sy vrou per trein na sy tuisdistrik Vrede vertrek het. Sowat 1 200 platformkaartjies is aan belangstellendes verkoop. Die Vrystaatse en Transvaalse volksliedere is gesing en De Wet is skouerhoog

  • VAN MELLE SE VERHALE OOR DIE REBELLIE Een van die rebelle wat ’n paar maande tronkstraf gekry het en aan wie ’n onderwysverbod opgelê is, was ’n gebore Nederlander, Jan van Melle. Hy het in 1906 die eerste keer na Suid-Afrika gekom as onderwyser, is in 1909 terug na Nederland, maar het in 1913 na Transvaal teruggekom. Met die begin van die

  • HELPMEKAAR Die nasleep van die Rebellie het gelei tot ’n groot nasionale kraginspanning – ’n geldinsameling vir die vergoeding van mense wat eise teen die rebelle ingestel het. Rebelle het goedere wat hulle nodig gehad het, by winkels en op plase opgekommandeer en kwitansies uitgereik omdat hulle die geld later wou terugbetaal. Die eisers het soms met die kwitansies geknoei. Verder het

  • SANTAM EN SANLAM KOM TOT STAND Die Helpmekaar en advertensieboikotte teen De Burger en De Volkstem het Afrikanernasionaliste ook ekonomies bewus gemaak. Veral die boikotbeweging teen De Burger het die solidariteitsgevoel en offervaardigheid versterk. Verontwaardigde lesers het kolomme vol daaroor geskryf. ’n Vrou het na die koerantkantoor gekom met al haar en haar man se spaargeld as bydrae om die boikot te

  • NOG VORDERING VIR AFRIKAANSE ONDERNEMINGS 1918 – die jaar van Sanlam en Santam – was ook die jaar waarin die Koöperatieve Wijnbouwers Vereniging van Zuid-Afrika Beperkt, die KWV, opgerig is. Dit het gevolg op die mislukking van verskeie maatskappye en verenigings wat die wynboere se belange moes behartig. Die KWV is op 8 Januarie 1918 as maatskappy geregistreer. Die meeste wynhandelaars was

  • AFRIKANER-BROEDERBOND GESTIG Die eerste Afrikaanse ondernemings het in die Kaap tot stand gekom. Aan die Rand was so iets onmoontlik; die Afrikaners daar was te arm. In dié omstandighede is na ’n ander uitweg gesoek om mekaar te help – in ’n soort teenhanger van pro-Engelse organisasies. Carroll Quigley skryf in Tragedy and Hope dat daar ’n “international Anglophile network” van “Round

  • 1916: DIE HUISGENOOT VERSKYN; PRES. STEYN OORLEDE Afrikaanssprekendes kan die jaar 1916 om veral twee redes onthou: die begin van Die Huisgenoot en die heengaan van pres. Steyn, die onversetlike yweraar vir gelyke taalregte vir Afrikaans- en Engelssprekendes.Een van die Nasionale Pers se eerste oogmerke was die oprigting van ’n tydskrif. Dié het die eerste keer in Mei 1916 verskyn: De Huisgenoot,

  • SPAANSE GRIEP EIS BRILJANTE TOBIE MULLER SE LEWE "Die dood het in ons land rondgewandel en op dié wandeling het hy duisende frisse, veelbelowende lewens afgemaai. Die gevolg is dat Oktobermaand, in ander jare ons mooiste lentemaand, in 1918 ’n maand van droefheid en angs vir die meeste van ons geword het.”Dit skryf Die Huisgenoot in sy hoofartikel van Oktober 1918 oor

  • JAN MARAIS SE GELD MAAK UNIVERSITEIT VAN STELLENBOSCH MOONTLIK Engels was lank die enigste of vernaamste onderwysmedium maar langsamerhand het Nederlands en Afrikaans ook onderrigtaal geword. Engelse enkelmediumskole was al meer as ’n eeu iets algemeens; Afrikaanse enkelmediumskole het stadig maar seker bygekom. Taalbewuste onderwysers kon deur Afrikaanse gedigte en volksgeskiedenis ’n groter getrouheid aan volk en taal help kweek. NP van

  • AFRIKAANS WORD UNIVERSITEITSTAAL Die Universiteite van Kaapstad, Stellenbosch en Suid-Afrika het op 2 April 1918 tot stand gekom. Laasgenoemde het ses samestellende universiteitskolleges gehad: die Rhodes-, Hugenote-, Grey-, Natalse en Transvaalse Universiteitskolleges, en die SA School of Mines and Technology. In 1921 het die Potchefstroomse Universiteitskollege bygekom. Die GUK, TUK en die School of Mines was die voorgangers van die Universiteite van

  • SUID-AFRIKA EN DIE “GROOT OORLOG” Totdat die Tweede Wêreldoorlog sy naam gekry het, was die Eerste Wêreldoorlog bekend gestaan as die “Groot Oorlog” (of “Volkere-oorlog”). Maar die oorlog het Afrikaans indirek bevorder. Nadat die Rebellie onderdruk is, het Suid-Afrika Duits-Suidwes-Afrika in besit geneem onder persoonlike bevel van genl. Botha. In Mei 1915 het sy magte Windhoek binnegeruk en op 9 Julie het

  • AL MEER AFRIKANERS VERLANG NA ’N REPUBLIEK Die vernaamste politieke opposisie van die nuwe premier, genl. Jan Smuts, was die Nasionale Party. Dié party het aanvanklik veral buite die Vrystaat nie veel steun gehad nie. Die rebellie het egter alles verander. Hoewel ’n klein minderheid van die Afrikaners aan die rebellie deelgeneem het, was simpatie met die rebelle algemeen. Hierby het die

  • BYNA “ROOI REVOLUSIE” AAN DIE RAND 'n“Bolsjewistiese komplot,” “Rooi terreur,” ’n “Rooi opstand”. Só het SAP- en NP-politici en die Randse Engelse pers dit genoem – die Randse staking van 1922. Smuts het die staking die “Rooi Revolusie” genoem. Die revolusionêre lied, die “Rooi Vlag”, is inderdaad ook gesing, en kommuniste wás betrokke. Soms was die Vierkleur saam met die Rooi Vlag

  • NASIONALISTE EN ARBEIDERS WEN VERKIESING Die Randse vakverbond het die staking afgelas en die kamer van mynwese het op sy eie voorwaardes soveel wit werkers in diens geneem as wat hy nodig gehad het. Die goudmyne het begin floreer en groot winste gemaak, maar duisende mense was werkloos.Tydens die opstand het Nasionaliste die stakers van kos voorsien en andersins gehelp. Die Arbeidersparty

  • AFRIKAANS WORD ’N AMPTELIKE TAAL Die erkenning van Afrikaans as onderwystaal op skool was ’n groot stap in die amptelike erkenning van Afrikaans (kyk by 4 September). ’n Volgende stap het in 1918 gevolg. Die Volksraad het ’n voorstel van JHH de Waal in gewysigde vorm aangeneem. Dit het gelui “dat Afrikaans wordt inbegrepen onder Hollands als een van de offisiële talen

  • KRUGER-WILDTUIN, YSKOR, UNIEVLAG, “DIE STEM” Die erkenning van Afrikaans as amptelike taal was een van die verdienstes van die eerste Afrikanerbewind tussen 1924 en 1933. Daarby was dit tot in 1929 ’n tyd van ’n ongekende opbloei van die ekonomiese lewe en landbou. Daar was ook allerlei ander aktiwiteite.Die grondslag vir een van die ontwikkelings is in die ou Transvaalse republiek gelê.

  • STEMREG VIR VROUE Wit vroue bo 21 jaar het op 19 Mei 1930 stemreg gekry nadat ’n gekose komitee van die Volksraad in 1926 aanbeveel het dat hulle kan stem. Verskeie vroueverenigings het hulle daarvoor beywer, onder meer die Women’s Enfranchisement League, waarvan Afrikanervroue opsy gestaan het omdat die beweging so Engels van oorsprong en instelling was.Die eerste stap na vrouestemreg

  • DIE FAK EN “DIE FAK” Hoewel Afrikaans amptelik erken is, is dit nog oral in die handel en staatsdiens afgeskeep. Daarop het ’n groep Johannesburgse Afrikaners gewys wat in 1929 in die pers betoog het dat die verengelsing nie gekeer kon word nie omdat daar nog geen organisasie is wat die kragte kon saamsnoer en help dat verenigings in aanraking bly met