Persone wat al ‘n belangrike rol in die Afrikaanse musiekwêreld gespeel het.
DIC (Dirkie) de Villiers (1921-1993), bekende musiekkenner. Hy dien op die FAK se Musiekkomitee en is die redakteur en medewerker van die FAK-sangbundels (FAK-versameling)
Chris Lamprecht, komponis, dirigent en koorleier. Hy was ook lid van die FAK Musiekkomitee (FAK-versameling)
Chris Blignaut (1897-1974), Afrikaanse sakeman, sanger en liedjieskrywer van treffers soos “Ou ryperd”, “Ou tante Koba” en “Daar oorkant die spruit” (FAK-versameling)
Francois van Heyningen, Afrikaanse sanger en was deel van die sangpaar Francois en Lucille (FAK-versameling)
Gé Korsten en Con Lamprecht. Lamprecht was ’n dirigent en leier van die Kampvuursangers (FAK-versameling)
George Gruber, dirigent van die Universiteitskoor van Rhodes. Hulle het ’n plaat vir die FAK Plateklub opgeneem (FAK-versameling)
George Gruber, dirigent van die Universiteitskoor van Rhodes. Hulle het ’n plaat vir die FAK Plateklub opgeneem (FAK-versameling)
Gideon Fagan, eerste Afrikaner wat ’n professionele dirigent in die buiteland word en komponis van Afrikaanse liedere (FAK-versameling)
Hans Endler, ’n baanbreker op musiekgebied in Suid-Afrika. Hy was ’n musiekopvoedkundige, uitvoerende kunstenaar, dirigent en komponis. (FAK-versameling)
Prof. Hans Endler met die orkes van die Stellenbosch Musical Society, 1905, in die ou Bloemhofsaal (FAK-versameling)
HP (Pieter) van der Westhuizen, koorleier, kerkorrelis, dirigent en komponis. Hy was lid van die FAK se Musiekkomitee en eindredakteur van vele musiekpublikasies onder meer die Afrikaanse Psalmbundel (1977) en die FAK-Volksangbundel (1979) (FAK-versameling)
Hubert du Plessis (1922-2011) en Arnold van Wijk (1916-1983), bekende Afrikaanse komponiste (FAK-versameling)
Jack de Wet, een van die eerste dirigente van die Vrystaatse Jeugkoor; was ook ’n violis (FAK-versameling)
Jan Bouws was ’n Nederlandsgebore musiekhistorikus en kenner van volkse musiek. In 1960 vestig hy hom op uitnodiging aan die Universiteit Stellenbosch as direkteur van die Instituut vir Volksmusiek. In 1972 vereer die FAK hom met ’n oorkonde vir die bevordering van die Afrikaanse lied. (FAK-versameling)
JW Jannasch, kerkmusikus, komponis en musiekopvoedkundige. Hy was ook die medestigter van die Konservatorium vir Musiek aan die Universiteit Stellenbosch (FAK-versameling)
Lucas Maree (1952-2011), Afrikaanse sanger en liedjieskrywer. Hy was veral bekend vir sy treffer “Ek kan doen met ’n miljoen” (FAK-versameling)
Maria van der Lingen (von Wielligh) Fismer (1889-1953), eerste volle professor in musiek aan die Universiteit van Stellenbosch (FAK-versameling)
MC Rhoode, komponis en eerste musiekprofessor aan die PU vir CHO. Hy was die amptelike orrelis tydens die inwyding van die Voortrekkermonument in Desember 1949 (FAK-versameling)
Mimi Coertse, operasangeres. Sy ontvang die FAK-Prestigeprys in 1996 en was lid van die FAK se Musiekkomitee (FAK-versameling)
Johan de Villiers (1977-1984), dirigent van Stellenbosse Universiteitskoor. Hy was die seun van Dirkie de Villiers (FAK-versameling)
JS de Villiers, ook bekend as Jan Orrelis, was ’n bekende musiekonderwysers, orrelis en komponis (FAK-versameling)
JS de Villiers, ook bekend as Jan Orrelis, was ’n bekende musiekonderwysers, orrelis en komponis (FAK-versameling)
Pietie le Roux, leier van die Stellenbosch Boereorkes. Hy help onder meer met die insameling van fondse vir die Reddingsdaadbond (FAK-versameling)
Dominee Marthinus Lourens (ML) de Villiers (1885-1977), voltydse musikant en toonsetter van “Die Stem” (FAK-versameling)
Nico Mansveldt, samesteller van die Hollands-Afrikaanse Liederebundel, die voorloper van die FAK-Sangbundel (FAK-versameling)
Nancy de Villiers, pionier op die gebied van musiekonderrig in Suid-Afrika en medestigter van die Konservatorium vir Musiek aan Universiteit Stellenbosch (FAK-versameling)
Olaf Andresen (1902-1985), skrywer en komponis van operettes; bekend vir liedere soos “Heidelied” en “My hart verlang na die Boland” (FAK-versameling)
Philip McLachlan (1916-1983), dirigent van die Stellenbosse Universiteitskoor en lid van die FAK se Musiekkomitee (FAK-versameling)
Pierre Malan, musikus en komponis en lid van die FAK se Musiekkomitee. Hier is hy saam met Japie Hugo by die FAK Musiekkongres (FAK-versameling)
















































































