Belangrike persone, gebeurtenisse en dokumente in die geskiedenis van ons moedertaal, Afrikaans.
Jan H Hofmeyr (1845-1909), ook bekend as Onse Jan, was in die laaste kwart van die negentiende en die eerste jare van die twintigste eeu die groot leier van die Afrikaners in Kaapstad (FAK-versameling)
Gustav Preller (1875-1943) – skrywer en taalleier aan die begin van die Tweede Tydperk van die Afrikaanse Taalbeweging. Hy het baanbrekerswerk met verskeie artikels in De Volkstem (1905) gedoen (FAK-versameling)
SG du Toit – stigterslid van die Genootskap van Regte Afrikaners en eerste sekretaris (FAK-versameling)
Die eerste bladsy van die eerste Manifes van die GRA wat in 1875 afsonderlik versprei is (FAK-versameling)
Die Afrikaanse Volkslied is gedig deur Pannevis en Hoogenhout en deur DF du Toit in Afrikaans oorgesit. Ds SJ du Toit het dit toe verbeter en glo 'n versie bygesit. Dis die eerste publikasie van die GRA (FAK-versameling)
Eindvertalers van die Bybel, saam met prof GG Cillié, voorsitter van die FAK by geleentheid van die FAK se oorhandiging van sy TBK-prys aan hulle. (FAK-versameling)
Bybelvertalingskommissie saam met die Taaladviseurs, 1972. Agter van links na regs: proff FJ Botha, TJ van der Walt, FC Fensham, PA Verhoef, WEG Louw (adv), H Venter (adv), GGM Pelser, JP Oberholzer. Voor van links na regs: Proff GS Nienaber (adv), AH van Zyl (sekretaris), W Kempen, (adv), S du Toit (ondervoorsitter), EP Groenewald (voorsitter), ES Mulder en dr Postma (FAK-versameling)
SJ du Toit (1847-1911) was die leier van die Eerste Taalbeweging en het alles feil gehad vir die taalsaak (FAK-versameling)
SJ du Toit was 'n digter en skrywer. Van die Patriotters het hy die meeste boeke voortgebring (FAK-versameling)
Die woning van Gideon Malherbe, waar die stigtingsvergadering van die GRA gehou is (FAK-versameling)
Jan Lion Cachet (1838-1912) is as digter en as prosaskrywer uit die Eerste Taalbewegiing bekend. Sy Sewe Duiwels en wat hulle gedoen het is die beste prosawerk uit hierdie tydperk (FAK-versameling)
'n Afdruk van die eerste bladsy van die inleidingsartikel van die eerste uitgawe van Die Afrikaanse Patriot (FAK-versameling)
Dr. Johannes Brill (1842-1924), 'n gebore Nederlander, word onthou vir sy lesing oor "De Landstaal" wat in Mei 1875 in Bloemfontein gehou is, voor die stigting van die Genootskap van Regte Afrikaners (FAK-versameling)
LH Meurant (1812-1893) was die skrywer van "Zamenspraak tussschen Klaas Waarzegger en Jan Twyfelaar , over het onderwerp van Afscheiding tusschen de Oostelyke en Westelyke Provincie" (FAK-versameling)
Genesis is die eerste Bybelboek wat in Afrikaans verskyn het. Eers ongeveer agtien jaar na die stigting van die GRA kon die vertaling van die eerste Bybelboek verskyn. (FAK-versameling)
Die Bybel in Afrikaans. Hierdie werkie was bedoel om die mense te laat sien hoe die Bybel in Afrikaans sou lyk. Die "Historiese inleiding" is van belang, omdat die hele geskiedenis van diei Bybelvertaling daarin uiteengesit word. (FAK-versameling)
DF du Toit (1846-1922) was vir 14 jaar lank die redakteur van Die Patriot. Hy was een van die stigters van die Genootskap van Regte Afrikaners. (FAK-versameling)
CP Hoogenhout (1943-1922) was 'n stigterslid van die Genootskap van Regte Afrikaners (FAK-versameling)
Ds August Ahrbeck was een van die stigters van die Genootskap van Regte Afrikaners. (FAK-versameling)
Arnoldus Pannevis (1838-1889) het verskeie persone taalbewus gemaak en hulle het later die leiers van die Genootskap van Regte Afrikaners geword. (FAK-versameling)
Arnoldus Pannevis (1838-1889) kan met reg die vader van die Eerste Taalbeweging genoem word (FAK-versameling)
Jan Hendrik Hofmeyr de Waal was ’n Afrikaanse skrywer en dramaturg, advokaat, koerantredakteur en taalstryder. Hy lewer ’n belangrike bydrae tot die Tweede Afrikaanse taalbeweging met sy romans en publiseer ook verskeie dramas, poësie en lewer ook nie-fiksie skryfwerk (FAK-versameling)
“Winternag”, die eerste letterkundig betekenisvolle Afrikaanse gedig deur Eugène N Marais, in sy eie handskrif (FAK-versameling)
Eugène N Marais, redakteur, skrywer, digter, juris en natuurkenner, en skrywer van “Winternag” (FAK-versameling)

































































