
DIE SAW-MUUR VAN HERINNERING, VOORTREKKERMONUMENT, PRETORIA
Die gedenkmuur is in 2009 op die terrein van die Voortrekkermonument opgerig om erkenning te gee aan lede van die SAW wat gedurende die tydperk 31 Mei 1961 (Republiekwording) tot 27 April 1994 (totstandkoming van die SANW) hul lewens in diens van die land gegee het. Die SAW was een van die beste weermagte in Afrika en het tyd gekoop vir ’n politieke oplossing vir die komplekse situasie in Suider-Afrika.