
DIAS-KRUISE
Op 12 Maart 1488 het Bartolomeu Dias by Kwaaihoek tussen Boesmansriviermond en Boknes ‘n kruis geplant. Die Dias-kruis by Kwaaihoek kan as die oudste monument in Suid-Afrika beskou word. Brokstukke van die kruis is in 1938 deur Eric Axelson gevind, wat die oorspronklike kruis gerestoureer het. Dias het op sy terugvaart ook kruise geplant by Mosselbaai, Kaappunt en Lüderitz. Die kruise dien as simbool en baken van die Christendom en die Westerse beskawing.