VOORWOORD TOT VERSLAG VAN DIE VOLKSKONGRES OOR ARMBLANKES
Reeds voor die Anglo-Boereoorlog was armoede onder Afrikaners ’n toenemende probleem. Met ekstensiewe boerdery as enigste beroep, ’n weersin om in ander se diens te tree en beperkte grond, was dit net ’n kwessie van tyd voor armoede sou toeslaan. Goudmyne het uitkoms gebring, maar met beperkte opleiding was Afrikaners net geskik vir die mees swak betaalde poste. Die huiwerende krisis is deur oorlog verhaas en in 1914, met die Rebellie, nog vererger. Die internasionale magnaat en weldoener, Dale Carnegie, het fondse vir ’n omvattende ondersoek van die “arm blanke-probleem” beskikbaar gestel. Na afhandeling daarvan, moes dit prakties aangepak word. Deel van ’n omvattende poging, wat ook die stigting van besighede soos SANLAM en Volkskas (vandag ABSA) ingesluit het, was ’n “Volkskongres,” wat in 1934 in Kimberley gehou is. Die voorsitter daarvan was dominee William Nicol en sy voorwoord tot die verslag van hierdie kongres word onder weergegee:
VOORWOORD.
Ons volk volg die logiese orde in sy behandeling van die Armblanke-vraagstuk: Ondersoek, Besluite en Handeling, met ander woorde: die Hoof, die Wil en die Hand tree een na die ander op.
ONDERSOEK.
Die Verslag van die Carnegie-Kommissie, wat in 1932 verskyn het in vyf dele, is die diagnose wat op wetenskaplike wyse gedoen is en wat seker vir baie jare nie sal vervang word nie. In daardie verslag is die hele proses van agteruitgang ontleed en al sy oorsake in die lig gebring. Die vraagstuk is besien van sy Ekonomiese, Psychologiese, Opvoedkundige, Mediese en Sociologiese kante en die verslag het veel gedoen om die oë van ons volk te laat oopgaan. Dit was die uitspraak van ’n aantal deskundiges en het gedien as ’n uitdaging aan ons volk om die saak met erns aan te pak.
BESLUITE.
In die logiese orde het op die ondersoek gevolg die besluite van die volk – die preskripsie. Die Volkskongres op Kimberley in Oktober 1934 was die eerste antwoord van Suid-Afrika op die uitdaging van die Carnegie-verslag. Veertig kommissies het vir tien maande die onderdele van die Armblanke-vraagstuk in Suid-Afrika verder ondersoek met die doel om praktiese maetreéls aan die hand te gee. Op die Kongres het vierhonderd manne en vroue, die meeste van wie hulle lewe wy aan die ophemng van ons volk, die voorstelle van daardie kommissies oorweeg en een honderd besluite daaroor geneem. In hierdle Verslag van die Volkskongres, wat op die boekrak van Suid-Afrika naas die Verslag van die Camegle-kommissie behoort te staan, vind u die praktiese maatreëls wat aan die hand gegee word vir die ophemng van ons verarmdes. Ook hierdie verslag bevat ’n uitdaging vir ons volk. Watter handeling sal nou volg?
HANDELING.
Dis duidelik dat die ondersoek nutteloos en die besluite ydel sal wees as daar nou nie kragtige handeling volg nie. Vir elke deel van ons samelewing bevat hierdie besluite ’n oproep om te hander. Die Regering, wat reeds met erns in bale rigtinge die Armblankevraagstuk behartig, sal nog veel meer deurtastend moet optree. Beroepe word in hierdle besluite gedoen op die Kerk, die Universiteite, die Vereniginge en die algemene publiek. Niemand kan teenoor hierdie volksroeping onverskillig staan nie. In verband met die vereiste handeling is daar ’n Voortsettings-kommissle deur die Kongres benoem en
die uitgawe van hierdie verslag is een van hulle eerste dade. Die hoop leef in ons hart dat daar oor vyf of jaar weer ’n Volkskongres sal kan wees, waarby vierhonderd werkers sal kom rekenskap gee, en dat dit dan sal blyk dat daar ‘n besliste kering gekom het in die proses
van agteruitgang. Dit kan gebeur, maar dan moet hierdie besluite lei na onmiddellike handeling.
Johannesburg. WM. NICOL,
Krugerdag, 1934. Voorsitter van die Volkskongres.