
DIE GEBOORTEPLEK VAN GENL. C.R. DE WET, DIST. SMITHFIELD
Ongeveer 24 kilometer noordwes van Smithfield op die grootpad na Edenburg draai ’n pad regs weg en enige kilometers verder staan ’n groot ronde kop, bekend as Leeuwkop, ver bo die horison uit. Hierdie kop het dan ook sy naam aan die plaas gegee, en dit is hier waar die later so beroemde Boeregeneraal, Christiaan Rudolph de Wet, op 7 Oktober 1854 gebore is in ’n tweekamer-huisie, waarvan die fondamente nog te sien is. Sy ouers was Jacobus Ignatius de Wet en Aletta Susanna Margaretha Strydom. Hier het De Wet gewoon tot hy 5 jaar oud was. In 1859 het sy vader Leeuwkop verlaat en hom op Kalkfontein naby die teenswoordige Reddersburg gevestig.
(Bronsplaat 1951)
Bron: Oberholster, J.J. 1972. Die Historiese Monumente van Suid-Afrika. Kaapstad: Die Kultuurstigting Rembrandt van Rijn, pp. 214.