13 NOVEMBER

GEBEURE

1659 – Eerste ryp kersie in Kaapstad gepluk

Op 13 November 1659 maak Van Riebeeck ’n inskrywing in sy dagboek waarin hy sê dat die eerste ryp kersie in die Kompanjiestuin van die Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie in Kaapstad gepluk is.

1899 – Anglo-Boereoorlog: Joubert en Botha oor Tugelarivier

Generaals Piet Joubert en Louis Botha steek die Tugelarivier oor en gaan al langs die spoorlyn na Pietermaritzburg.

1914 – Rebellie: Botha verslaan De Wet se magte

Die magte van genl. Louis Botha verslaan genl. CR de Wet se rebelle by Mushroom Valley in die Oranje-Vrystaat.

1964 – De Villiers Lamprecht word die eerste Suid-Afrikaner wat ’n droommyl hardloop

 

GEBOORTES

1866 – Barend Cilliers, Boerekryger († 16 Mei 1947)

 

STERFTES

2014 – Charles Arnoldus Fryer, digter en uitgewer (* 5 Maart 1946)

Charles Fryer was ’n Afrikaanse uitgewer, Suid-Afrikaanse digter en dramaturg. Hy was werksaam by Tafelberg-Uitgewers totdat hy in 2002 deur ’n beroerte-aanval gedwing was om te bedank. Hy het in 1978 sy eie digbundel, Rooiwielwa die lig laat sien.

 

Bronne:

Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge. 1980. Afrikaanse Kultuuralmanak. Johannesburg: FAK.

Vriende van Afrikaans. Dae uit ons geskiedenis. ’n Afrikaanse kultuur-historiese dagboek. Kaapstad: Griffel.

https://www.sahistory.org.za

https://af.wikipedia.org/wiki/