
25 DESEMBER
GEBEURE
1497 – Vasco da Gama ontdek Durban se natuurlike hawe
1652 – Eerste botter aan die Kaap gemaak
1838 – Die Trekkers begrawe Retief en sy makkers se beendere
1900 – Anglo-Boereoorlog: Aanval by Utrecht, Natal
GEBOORTES
1842 – Dr. Johannes Brill, rektor van Grey-universiteitskollege en grondlegger van die Universiteit van die Oranje-Vrystaat († 10 Desember 1924)
Teen die begin van 1873 vertrek hierdie Hollander, na uitmuntende welslae as student aan die Universiteit van Utrecht, na Suid-Afrika om die rektorskap van die Grey-kollege in Bloemfontein te aanvaar. Sy akademiese agtergrond, beslistheid en pligsgetrouheid het hom in staat gestel om hierdie taak met soveel sukses deur te voer dat die kollege weldra ver buite die grense van die OVS bekendheid verwerf het. Dit was aan sy versiendheid te danke dat die Grey-kollege tot ’n universiteitskollege ontwikkel het, om uiteindelik tot die Universiteit van die Oranje-Vrystaat uit te groei. In die breedste sin van die woord het hy ook kultuur in die OVS bevorder deur aktief mee te werk aan die stigting van ’n biblioteek, sowel as taal-en letterkundige verenigings, en deur die talle voorlesings wat hy gelewer het. Hy was die eerste taalgeleerde wat aangetoon het dat Afrikaans nie verbasterde Nederlands is nie, maar soos ander moderne tale ontstaan het en ’n groot toekoms het. Hy was een van die stigterslede van die Afrikanerbond. As opvoedkundige en kultuurleier het hy ’n diepgaande invloed op die geesteslewe en karakter van ’n opgroeiende volk uitgeoefen. Hy is op 25 Desember 1842 in Zurtfen, Nederland, gebore.
1915 – Marais Steyn, politikus († 12 Julie 1998)
1930 – Pieter Willem Grobbelaar, navorser en skrywer van volksverhale en kinderboeke († 19 Januarie 2013)
Pieter Willem Grobbelaar was ’n Suid-Afrikaanse skrywer. Hy verwerf meestal bekendheid vir sy kinder- en jeugverhale, maar lewer ook werke vir volwassenes.
STERFTES
1950 – Christian Rudolph Kotze, leraar en medestigter (* 28 Januarie 1881)
1961 – Stephanie Faure, voordragkunstenaar en toneelspeler (* 9 Oktober 1894)
2010 – Hendrik van Blerk, skrywer en digter (* 27 November 1915)
Hendrik van Blerk, ook wel oom Hendrik genoem, was ‘n Afrikaanse skrywer en digter. Sy eerste boek, Dit blom tussen bantoms, is in 1949 uitgegee. Hy het honderde romans, jeugverhale, kortverhale, asook feiteboeke oor die geskiedenis van die Afrikaner die lig laat sien. Hy het ook onder die skuilnaam Melt Froneman geskryf.
2011 – John Christoffel (JC) Kannemeyer, akademikus en skrywer (* 31 Maart 1939)
Prof. John Christoffel Kannemeyer was ’n akademikus, letterkundige en skrywer. Hy is veral bekend vir die biografieë wat hy geskryf het, onder andere die lewensverhale van DJ Opperman, CJ Langenhoven, C Louis Leipoldt en Uys Krige. Hy het enkele dae voor sy dood sy laaste biografie, oor die Nobelpryswenner JM Coetzee, voltooi.
Bronne:
Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge. 1980. Afrikaanse Kultuuralmanak. Johannesburg: FAK.
Vriende van Afrikaans. Dae uit ons geskiedenis. ’n Afrikaanse kultuur-historiese dagboek. Kaapstad: Griffel.