30 MAART

GEBEURE

1902 – Anglo-Boereoorlog: Treinongeluk

’n Britse trein is in ’n ernstige ongelik naby Barberton betrokke. Etlike soldate kom te sterwe.

1947 – Erediens in die Groote Kerk

Genl. Jan Smuts woon erediens saam met Britse koninklike gesin die Groote Kerk in Pretoria by.

1996 – Die Afrikaanse Skrywersvereniging (ASV) word te Zevenwacht, Kuilsrivier, gestig

 

GEBOORTES

1859 – Sir David Pieter de Villiers Graaff, politikus en sakeman († 13 April 1931)

Sir David Pieter de Villiers Graaff, of sir De Villiers Graaff, soos hy algemeen bekend gestaan het, was van 1956 tot 1977 leier van die Verenigde Party en dus leier van die Amptelike Opposisie in die Volksraad, en ’n kort rukkie lank die tussentydse leier van die Nuwe Republiek Party.

 

STERFTES

1941Laurens Meintjes, Suid-Afrika se eerste wêreldkampioen in fietsry (* 9 Junie 1868)

1947 – Prof. Izak Daniël Bosman, professor in Geskiedenis aan die Universiteit van Pretoria (* 2 Februarie 1897)

Izak Daniël Bosman, op 2 Februarie 1897 in die distrik Frankfort gebore, het hom as onderwysman en studentevriend maar ook as kultuurdraer en kultuurskepper onderskei. Hy het aan die Grey-Universiteitskollege in Bloemfontein gestudeer en in 1931 aan die Universiteit van Amsterdam in die Geskiedenis gepromoveer. Hy het onderwys gegee op Reddersburg, Vredefort en Bothaville voordat hy in 1935 professor in Geskiedenis aan die Universiteit van Pretoria geword het waar hy tot met sy skielike heengaan op 30 Maart 1947 gewerk het. Izak Bosman met sy groot Boerehart het orals waar hy hom bevind het, offervaardig gedien, miskien die meeste deur die mooi voorbeeld wat hy gestel het. Die Afrikaanse kultuurlewe het hy verryk, hetsy deur steun te verleen aan bestaande organisasies of die skepping van nuwes. Teenoor die Afrikanerjeug het hy nooit onverskillig of afsydig gestaan nie.

2012Zak van Niekerk, sanger en musikant (* 12 Julie 1978)

 

Bronne:

Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge. 1980. Afrikaanse Kultuuralmanak. Johannesburg: FAK.

Vriende van Afrikaans. Dae uit ons geskiedenis. ’n Afrikaanse kultuur-historiese dagboek. Kaapstad: Griffel.

https://www.sahistory.org.za

https://af.wikipedia.org/wiki/