
26 DESEMBER
GEBEURE
1900 – Anglo-Boereoorlog: Geveg by Suidrandmyn, Greylingstad; New Kleinfontein-myn, Oosrand, Tvl.
1900 – Anglo-Boereoorlog: Skermutseling by Houwater, Kaapkolonie
1905 – Geen kerkdienste op hierdie Tweede Kersdag
Dit was aan die begin van die eeu die gebruik om op Tweede Kersdag, tweede Paasdag en tweede Pinksterdag gereeld kerkdienste te hou. Op Tweede Kersdag in 1905 het dit egter dae lank op Stellenbosch en in die omgewing so hard en aanhoudend gereën dat haas geen kerkdiens gehou kon word nie.
GEBOORTES
1940 – Marzanne Leroux-Van der Boon, skrywer († 17 Augustus 2022)
STERFTES
1763 – Hendrik Swellengrebel, enigste Kaaps-Hollandse goewerneur wat in die Kaap gebore is (* 20 September 1700)
Hendrik Swellengrebel, op 20 September 1700 in Kaapstad gebore, het op hierdie dag in Utrecht, Nederland, gesterf. Hy het oor jare skitterende diens as amptenaar gelewer nadat hy op 13-jarige ouderdom vir die VOC begin werk het. Hy was die eerste en enigste gebore Kapenaar wat goewerneur (in 1739) geword het. Sy swaers was onder andere Ryk Tulbagh en ds. Franciscus le Sueur. Swellendam is na hom en sy eerste eggenote, Helena Willemina ten Damme, ook ’n gebore Kapenaar, genoem. Hy het in 1751 uit die diens getree en in Nederland gaan woon. Dorp- en gemeentestigting, ’n nuwe ankerplek, die oprigting van staatsgeboue en bestendige binnelandse groei het sy bewind gekenmerk. In 1742 het hy die verbod van 1738 herhaal dat “gestreepte esels” nie geskiet mag word nie, en dat 100 riksdaalders betaal sou word vir elk wat lewend na die Kasteel gebring word. Hy het die bewaringsgedagte dus vroeg beklemtoon.
Bronne:
Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge. 1980. Afrikaanse Kultuuralmanak. Johannesburg: FAK.
Vriende van Afrikaans. Dae uit ons geskiedenis. ’n Afrikaanse kultuur-historiese dagboek. Kaapstad: Griffel.