BELFAST-KONSENTRASIEKAMP

Ligging: Grondpad, Scheeperstraat

Koördinate: -25.4746263,29.545845

Belfast is een van die latere kampe wat in Februarie 1901 deur die burgerlike administrasie en nie die weermag nie geopen is. Dit was nie maklik om hierdie kamp te administreer nie, want dit was verspreid deur die beskadigde dorp. Dit het o.a. sekere huise, die Dopper-kerk en die township ingesluit. Die kamp is gesluit in Desember 1902 met ongeveer 311 sterftes.