IRENE-KONSENTRASIEKAMP

Ligging: Stopforthweg, Irene, Centurion

Koördinate: -25.871389,28.220556

Hierdie kamp het bestaan van Desember 1900 tot Februarie 1903 (hoewel vrede op 31 Mei 1902 verklaar is) met ongeveer 1314 sterftes. Die “Irene Primary school” langs die kerkhof is in September 1901 gestig vir die kinders in die konsentrasiekamp. Ten einde vir ontspanning voorsiening te maak, is ’n terrein te noorde van die kamp ontwikkel wat vandag bekend staan as The Oval.