KABUSIE-KONSENTRASIEKAMP

Kabusie was een van die kampe wat in die Kaapkolonie gestig is om die oorloop van mense uit die Oranjerivierkolonie-kampe te neem.

Kabusie was geleë op die spoorlyn, naby die Kabusierivier, sowat 3 ½ myl vanaf Stutterheim. Inspekteur Tonkin het die terrein as aangenaam en gesond beskou. Kabusie-kamp is blykbaar eers in Mei 1902 begin, met kaptein WJW Brackenbury as superintendent. Die eerste aankomelinge het van Bethulie gekom en is eerder in ysterhutte as tente gehuisves, alhoewel daar ook wattel- en vlekhutte gebou is. Nuwe aankomelinge is steeds na die einde van die oorlog daarheen oorgeplaas, met 400 wat vroeg in Junie 1902 vanaf Kroonstad daar aangekom het. Daar was dalk altesaam net minder as 2000 inwoners toe die kamp sy hoogtepunt bereik het.

Dit het gelyk asof die kamp oor die algemeen goed bestuur is. Dit was weelderig in vergelyking met die Oranjerivierkolonie -kampe en daar het min siektes voorgekom. Kapt. Brackenbury het ’n mate van teenstand ondervind toe hy probeer het om die manskappe 9d per dag te betaal; dit was minder as die verwagte 1s per dag, maar hy is gou opdrag gegee om die hoër bedrag te betaal.

Die sluiting van die kamp het in September 1902 begin en die inwoners het na die Oranjerivierkolonie teruggekeer. Teen die einde van Oktober was daar net 116 inwoners en die kamp is op 2 Desember finaal gesluit.

deur Daantjie Badenhorst