KIMBERLEY-KONSENTRASIEKAMP
Ligging: Tuin van Herinnering, Hertzogplein, H.v. Long- en Blackstraat
Koördinate: -28.7442023,24.7585348
Kimberley was ’n plat, warm stad, altyd tekort aan water en ongesond. Die kamp self, geleë op die eiendom van De Beers in Newton, aan die buitewyke van die stad, was ’n sentimeter diep in los, sanderige grond. Teen Julie 1901 was daar meer as 5000 mense in die kamp. Hierdie kamp het bestaan van Januarie 1901 tot Januarie 1903 met ongeveer 665 sterftes.
Klik hier om te sien of daar van jou familie hier begrawe is.