KROONSTAD-KONSENTRASIEKAMP

Ligging: In die nywerheidsgebied, 10de straat

Koördinate: -27.671694,27.20636

Hierdie kamp het bestaan van September 1900 tot Januarie 1903. Teen Maart 1901 was die kamp reeds besonder groot met meer as 2500 inwoners met net een medikus beskikbaar – maagkoors het op groot skaal in die kamp voorgekom en vanweë die plasing van die kamp naby die rivier was daar baie gevalle van longsiektes. Hierdie kamp het ’n berugte strafkamp beskik waar vroue vir korter en langer tydperke opgesluit is. Die omstandighede in die kamp was haglik met ongeveer 1704 sterftes.

Klik hier om te sien of daar van jou familie hier begrawe is.