KRUGERSDORP-KONSENTRASIEKAMP
Ligging: Munisipale begraafplaas, Luipaardstraat
Koördinate: -26.102,27.760083
Krugersdorp-kamp is eers laat opgerig – 15 April 1901. Emily Hobhouse het egter voorgestel dat daar reeds in Augustus 1900 ’n kernplek moet wees vir gesinne wat na Krugersdorp gebring is nadat hulle plase afgebrand is. Die kamp was ongeveer 3 km van Krugersdorp af teen die hang van ’n paar koppies. Die kamp het redelik vinnig gegroei en einde Mei was daar reeds 1531 inwoners en het gestyg tot meer as 4000 teen die einde van Julie. Baie van hierdie mense was arm, siek en sonder genoeg klere met geen beddegoed. Hulle toestand was so sleg dat sommige van hulle kort na hul aankoms van honger gesterf het. Die kamp is in Desember 1902 gesluit met ongeveer 1248 sterftes.