
MIDDELBURG-KONSENTRASIEKAMP
Ligging: 1. Ou munisipale begraafplaas, Totiustraat
Koördinate: -25.763139,29.448167
Ligging: 2. Kareelaan, Kanonkop
Koördinate: -25.7438577,29.4684723
Ligging: 3. H.v. Samora Machell- en Verdoornstraat
Koördinate: -25.789333,29.463333
Hierdie kamp het bestaan van Februarie 1901 tot Januarie 1903 met ongeveer 2239 sterftes. Dit was die grootste kamp in Transvaal en het in ‘n stadium meer as 7000 inwoners gehad. Die Middelburg kamp was in nege afdelings opgedeel: Jouberts, Vermaaks, Ermelo, Pretoria No 1, Pretoria No 2, Carolina, Middelburg, Belfast en Roossenekal. Die kamp het onhigiëniese watervoorsiening gehad en die inwoners moes al hulle water uit net 6 putte ontvang. Die Ermelo afdeling het nie eens ’n waterput gehad nie! Hulle moes met ’n leivoor, uit ’n dam ver van die kamp af, water kry. Die dam was die swem- en wasplek van die Britte. In hierdie kamp is ook ’n kampskool opgerig. Die swak vleisrantsoene in die kampe, het die Britse owerhede in September 1901 daartoe beweeg om na blikkiesvleis oor te skakel. Die kamp het ook soos baie kampe die geval was, ’n strafkamp gehad.
