ORANJERIVIERSTASIE-KONSENTRASIEKAMP
Ligging: Op die plaas Doornbult naby Hopetown
Koördinate: -29.6788206,24.2026213
Die terrein van die Oranjerivier-konsentrasiekamp in die Noord-Kaap is een van die bes bewaarde konsentrasiekampterreine van die Anglo-Boereoorlog. Die geskiedenis van die konsentrasiekamp bestaan uit twee fases. Aanvanklik was die kamp onder militêre beheer (vanaf April 1901), maar later (vanaf 1 Augustus 1901 tot November 1902) is dit onder burgerlike beheer geplaas. Dit is bekend dat verskeie mense in die eerste fase in die kamp dood is. Eers in die tweede fase van die kamp se bestaan is ’n formele begraafplaas aangelê en daarna het begrafnisse op ’n geordende basis plaasgevind.
Klik hier om te sien of daar van jou familie hier begrawe is.