PORT-ELIZABETH-KONSENTRASIEKAMP
Ligging: Tuin van Herinnering, Noord Einde begraafplaas, Patersonweg
Koördinate: -33.9230836,25.6077018
Die kamp in Port Elizabeth het ontstaan kort ná die inval in die Vrystaat, as gevolg van ’n oorhaastige besluit deur die Britse leër, gekonfronteer met die probleem om gesinne te verwyder wat hulle as ongewens beskou het in die gebied van konflik. In hierdie sin was dit, anders as die meeste ander kampe, ’n “strafkamp” eerder as ’n “vlugtelingkamp”. Daar was nooit ’n probleem met akkommodasie, rantsoene of enige van die ander tekorte wat die ander meeste kampe gehad het nie. Hierdie kamp het bestaan van November 1900 tot November 1902 met ongeveer 48 sterftes.
Klik hier om te sien of daar van jou familie hier begrawe is.