
POTCHEFSTROOM-KONSENTRASIEKAMP
Ligging: Olën Park by die Rugbystadion
Koördinate: -26.7132609,27.0873687
Hierdie kamp was een van die oudste in Transvaal en het bestaan van September 1900 tot Maart 1903 met ongeveer 1293 sterftes. Teen die einde van 1901 was die kampinwonertal 7400. Die kamp was naby ’n spruit en sommige inwoners het populierpale en riete langs die spruit gesny om hutte van te maak. Dié kamp was veral berug vanweë die groot aantal kindersterftes.
Klik hier om te sien of daar van jou familie hier begrawe is.