STANDERTON-KONSENTRASIEKAMP
Ligging: Ou munisipale begraafplaas, Bergstraat
Koördinate: -26.949889,29.251
Hierdie kamp het bestaan van Desember 1900 tot Januarie 1903 met ongeveer 1173 sterftes. Die huisvesting in dié kamp was van ’n swak gehalte en onvoldoende, sooihutte moes vir die vroue en kinders opgerig word vanweë die gebrek aan tente. Die kamp is aan die oewer van die Vaalrivier opgerig en in die winter het dit bykans onuitstaanbaar koud geword.
Klik hier om te sien of daar van jou familie hier begrawe is.