
TURFFONTEIN-KONSENTRASIEKAMP
Ligging: Suideroord , Malutistraat, Mondeor
Koördinate: -26.272334,28.0218773
Hierdie kamp is in Desember 1900 geopen. Die kamp was geleë te Turffontein – die Johannesburgse renbaan – waar die mense in die pawiljoene gebly het. Alhoewel dit redelik waterdig was, was dit nie ideaal nie; dit was donker en bedompig en dit het nie lank geduur voor kloktente aangevra is nie. Intussen is skure gebou, terwyl ander mense in nabygeleë voorstede gehuisves is, wat administrasie baie moeilik gemaak het. Oktober 1902 word die kamp gesluit met ongeveer 782 sterftes.