
VRYBURG-KONSENTRASIEKAMP
Ligging: Hartebeesstraat, Vryburg
Koördinate: -26.944333,24.713722
Vryburg was net suid van Mafeking geleë. Soos Kimberley, het sy gevangenes ook koloniale rebelle sowel as Transvalers ingesluit. Vryburg was “’n groot rebellesentrum”, het die Dameskomitee verduidelik, en “ongewenste, koloniale rebelle en hul vrouens en gesinne en ander onversoenbares en kwaaddoeners is daar gehuisves. Die mans en seuns het voortdurend uit die kamp ontsnap om inligting aan die vyand te gee. Hierdie kamp het bestaan van Julie 1901 tot Desember 1902 met ongeveer 286 sterftes.
Klik hier om te sien of daar van jou familie hier begrawe is.