
WINBURG-KONSENTRASIEKAMP
Ligging: In die ou kerkhof in die dorp, Jack Coetzerstraat
Koördinate: -28.5182139,27.0012571
Hierdie kamp het bestaan van Januarie 1901 tot Januarie 1903? met ongeveer 637 sterftes. Dié kamp is opgerig hoofsaaklik as gevolg van die grootskaalse verwoesting in die distrikte Winburg, Senekal, Bethlehem en ander dorpe in die Oos-Vrystaat. Dié kamp het ook ’n strafkamp gehad, waarin Boerevroue van tyd tot tyd opgesluit was.
Klik hier om te sien of daar van jou familie hier begrawe is.