19 OKTOBER
GEBEURE
1899 – Anglo-Boereoorlog: Die Transvaalse vlag word by Vryburg gehys
1900 – Anglo-Boereoorlog: Aanval by Fauresmith
1904 – Die Suid-Afrikaanse Vrouefederasie is gestig
Die oorlogsjare het Transvaal en die Vrystaat verander in ’n woesteny. Die stoflike bestaansmiddele was grotendeels vernietig en die deel van die Boerevolk wat nie op die slagvelde en in die Konsentrasiekamp-kerkhowe begrawe is nie, was vasgesak in armoede en maatskaplike ellende. Onder hierdie omstandighede word daar onder aansporing van Georgina Solomon, eggenote van ’n Britse pro-Boere parlementariër, en onder leiding van die vrou van genl. Louis Botha, uiteindelik in Pretoria gestig: die SA Vrouefederasie, op 19 Oktober 1904, deur 43 vooraanstaande vroue, en wel met die volgende oogmerke: “Ons doel is om de natie opnieuw op te bouwen; met Gods hulpe een opvoedingstelsel te verkrijgen voor het volk door de stem van het volk; de moedertaal van het natie is zijn heilige erfenis.” Later is die doelstelling soos volg saamgevat: “Ons strewe om die behoud van die Suid-Afrikaanse volk op geestelike, verstandelike en stoflike gebied te bevorder tot eer van God.” Die SAVF was vanaf die stigtingsdatum vir al die jare onder ’n blanke regering die erkende pionier op die welsyngebied van Transvaal. Die eerste inrigtings vir hulpbehoewendes is deur die SAVF opgerig: Armstrong Berning-Sentrum in 1905; Tehuis vir bejaardes in 1910; Tehuis vir laag-besoldigde meisies in 1929. In die opvoeding en onderwys is die voortou geneem met die eerste Huishoudskool in 1910; Opleidingskool vir vroedvroue in 1918; Afrikaanse kleuterskool 1940; Naskoolsentrum 1960; Eerste Plattelandse kinderhuis in SA 1959. Die SAVF het die eerste distriksverpleegster op die platteland aangestel. Hierna volg gesondheidsklinieke en kraaminrigtings. In samewerking met die Departement van Arbeid, is die eerste beskutte-arbeidsprojekte in Pretoria, aan die Rand en op Potchefstroom begin. Die SAVF was ook ’n voorloper met die aanstelling van opgeleide maatskaplik werkers en was veral ’n baanbreker met die toepas van die groepwerkmetode en ouerleidingsaksie in Suid-Afrika.
1905 – NG Gemeente Robertson se gebou ingewy
Op hierdie dag, ’n Donderdag, terwyl ’n geweldige stormwind op Robertson en ander plekke groot verwoesting aangerig het, kon die plaaslike NG gemeente eindelik die heuglike oomblik beleef dat sy nuwe kerk ingewy word. Die wydingsrede by dié geleentheid is deur ds. Andrew McGregor gelewer. Die argitek was John William Gaisford, wat ook die NG kerke op Nieuwoudtville en Calvinia ontwerp het.
1914 – Afrikanerrebellie
’n Aantal burgers wat gekommandeer is om Manie Maritz se rebellie te onderdruk, weier in Lichtenburg om op die trein te klim. Hul woordvoerder, veldkornet Izak Claassen, verklaar dat hulle weier om op Maritz se mense te gaan skiet omdat hulle deur Louis Botha by Bankstasie op 28 September verseker is dat net vrywilligers gekommandeer sal word.
Christiaan Beyers verlaat Pretoria en gaan na die plaas van JJ Wolmarans in die Skeerpoort-omgewing, wes van Pretoria, waar groepies mans, waarvan sommige gewapend was en die meeste gekommandeer was om by die regeringsmagte aan te sluit maar dit nie wou doen nie, in die volgende paar dae by hom aansluit. Beyers maak dit aan hulle duidelik dat hy teen die veldtog in Duitswes-Afrika gekant is, maar glo dat konstitusionele maniere gebruik moes word om die regering daarvan te laat afsien.
1929 – NG Gemeente Walmer kom tot stand
Die NG Gemeente Walmer is op hierdie dag as die derde gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die stad Port Elizabeth gestig en het eers bekendgestaan as Port Elizabeth-Suid, toe dit nog ‘n baie groter gebied as net die voorstad Walmer beslaan het. Hendrik Vermooten het die kerkgebou ontwerp.
1961 – ’n Algemene verkiesing in Suid-Afrika, waarin slegs wit kiesers kon stem, word deur die regerende Nasionale Party gewen
GEBOORTES
1907 – Erik Holm, volksnasionalis († 1995)
Dr. Erik Holm, vandag nog ’n wydbekende naam (waarvan een van sy nasate, ’n baie aantreklike donkerkopman en naamgenoot, Erik Holm, akteur en nie lank gelede nie in ’n fratsongeluk verlam) is op hierdie dag in 1907 in Bethulie gebore. In 1924 gaan dr Erik Holm ná sy matriekeksamen na Duitsland waar hy die klassieke argeologie bestudeer en daarna sy doktorsgraad daarin behaal. Daar maak hy kennis met Adolf Hitler en doen deeglike kennis op van die Nasionaal-sosialisme in Duitsland – dieselfde begeestering wat ons land vir ’n baie lang tyd gered het van die liberalistiese en kommunistiese ondergang wat ons vandag beleef. In 1933 keer dr. Holm na Suid-Afrika terug en vind met veel moeite ’n betrekking as hoof van ’n Duitse skooltjie in Natal. Hy vertrek egter verstaanbaar weer na Duitsland, en in 1933 aanvaar hy ’n pos as deeltydse omroeper in die Duitse uitsaaidiens, waarvandaan hy gedurende die eerste jare van die Tweede Wêreldoorlog in Afrikaans uitsaai (’n onontbeerlike radiodiens wat gepoog het om onskuldige lewens te red in sy kontak met die Ossewa-Brandwag wat ’n sterk rol in spioenasie teen Smuts se verraderlike optrede vertolk het.) Onder groot invloed van die Ossewa-Brandwag verset dr. Holm hom teen die regering van genl. Smuts se volksverraderlike oorlogsbeleid omdat Smuts Brittanje in hart en moed ten koste van die Afrikanervolk wou dien. Spoedig en genadiglik was ons arme “Neef Holm van Zeesen” as gevolg hiervan vir duisende Afrikanerluisteraars die verpersoonliking van die verset wat reeds onkeerbaar in hulle eie harte gewoed het oor Smuts se onregverdige samewerking met Brittanje teen Duitsland en het hulle hom geëer vir sy moed van oortuiging. Buite sy bedoeling word dr. Holm, met sy kennis van en insae in die oorlogsgebeure, ’n Duitse propagandis. Daarom word hy in 1947 na Suid-Afrika teruggebring weens sogenaamde hoogverraad. As gevolg van Smuts se invloed is dr. Holm tot tien jaar gevangenisskap gevonnis. Ná sy vrylating in 1948 gaan hy voort met navorsingswerk, wat hom een van die grootste gesaghebbendes op die gebied van die antieke argeologie gemaak het. Verseker was dr. Holm een van die suiwerste Afrikanernasionaliste ooit, ’n rare spesie vandag in hierdie land met sy talle verraaiers en verlooptes.
1922 – Elsabe Antoinette Murray (Elsa) Joubert, skrywer († 14 Junie 2020)
Die Afrikaanse skrywer Elsa Joubert is op 14 Junie 2020 in die ouderdom van 97 jaar oorlede; sy sal veral onthou word vir haar romans Ons wag op die kaptein en Die swerfjare van Poppie Nongena, wat onlangs tot ’n rolprent verwerk is.
STERFTES
1944 – Deneys Reitz, kabinetsminister, soldaat en skrywer (* 2 April 1882)
Deneys Reitz was ’n soldaat, politikus, kabinetsminister, skrywer en die derde oudste kind van die Vrystaatse president FW Reitz se vyf seuns. Sy moeder, Blanka Thesen, ’n lid van die Noorse familie van Knysna, was die eerste eggenote van die Vrystaatse president. Deneys Reitz het sy voornaam gekry van die familienaam van sy ouma aan vaderskant, Cornelia Magdalena Deneys.
1973 – Maria Ann Sophia Malan, premiersvrou (* 25 April 1905)
Maria Malan was die tweede vrou van Suid-Afrika se vierde eerste minister, dr. DF Malan.
Bronne:
Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge. 1980. Afrikaanse Kultuuralmanak. Johannesburg: FAK.
Langner, Danie & Raath, Andries. 2014. Die Afrikanerrebellie 1914-1915. Pretoria: Kraal Uitgewers.
Vriende van Afrikaans. Dae uit ons geskiedenis. ’n Afrikaanse kultuur-historiese dagboek. Kaapstad: Griffel.