ANNA NEETHLING-POHL (1906-1992)
Anna Neethling-Pohl was ’n bekende Afrikaanse verhoog- en rolprentaktrise en dosent in drama aan die Universiteit van Pretoria.
Sy het reeds op sewentienjarige ouderdom haar debuut as verhoogaktrise gemaak en na skool het sy onder meer ’n loopbaan in die onderwys gevolg. Tydens die Tweede Wêreldoorlog was sy en haar man betrokke by die Ossewabrandwag, maar sy het deurentyd toneelreise onderneem. Sy het na die oorlog as omroeper en regisseur by die Afrikaanse radiodiens van die SAUK gewerk en onder meer die program 𝘝𝘳𝘰𝘶𝘦𝘳𝘶𝘣𝘳𝘪𝘦𝘬 aangebied. In 1965 het sy ‘n dramadosent aan die unversiteit van Pretoria geword; onder haar bekende studente was Tobie Cronjé, Katinka Heyns, George Ballot en Trudie Taljaard. Sy was ook betrokke by die stigting van die Nasionale Toneelorganisasie en die Kaapstadse Afrikaanse Toneelvereniging.
Sy het later jare in verskeie rolprente gespeel, onder meer 𝘋𝘪𝘦 𝘭𝘪𝘨 𝘷𝘢𝘯 ’𝘯 𝘦𝘦𝘶, 𝘉𝘰𝘶 𝘷𝘢𝘯 ’𝘯 𝘯𝘢𝘴𝘪𝘦, 𝘋𝘢𝘢𝘳 𝘥𝘰𝘦𝘳 𝘪𝘯 𝘥𝘪𝘦 𝘴𝘵𝘢𝘥, 𝘔𝘰̂𝘳𝘦 𝘮𝘰̂𝘳𝘦, 𝘋𝘪𝘵 𝘸𝘢𝘴 𝘢𝘢𝘯𝘥 𝘦𝘯 𝘥𝘪𝘵 𝘸𝘢𝘴 𝘮𝘰̂𝘳𝘦 en 𝘌𝘭𝘴𝘢 𝘴𝘦 𝘨𝘦𝘩𝘦𝘪𝘮.
Sy is op 14 Augustus 1992 in die ouderdom van 85 jaar aan kanker oorlede.
deur Daantjie Badenhorst