CHRISTIAAN BOTHA (1864-1902)
Christiaan Botha is ’n jonger broer van Louis Botha en was ook ’n generaal tydens die Tweede Vryheidsoorlog. Hy is gebore te Greytown, KwaZulu-Natal en sy ouers is Louis en Salomina Botha. Hulle was van die eerste inwoners van die Nuwe republiek van Vryheid. Toe dié republiek by die ZAR ingelyf word, word hulle outomaties burgers.
Botha het die bevelvoerder geword van die polisie van Swaziland in 1898. Nadat die Tweede Vryheidsoorlog uitgebreek het, is hy na die Natalse front. Hy neem aan verskeie veldslae deel; ook die Slag van Colenso. Op 16 Februarie 1900 het hy ’n noue ontkoming gehad toe ’n liddietbom in ’n loopgraaf ontplof en sewe burgers hulle lewens verloor het. Nadat die Britte Ladysmith ontset het, het Botha teruggeval na Laing’s Nek.
Hy is op 29 Oktober 1902 in Kokstad oorlede.
Petronel Fourie