MATILDA HANEKOM (1899-1977)
Matilda Hanekom was een van die baanbrekers van Afrikaanse toneelspel.
Sy is op 9 Desember 1899 in Prins Albert gebore en was met Hendrik Hanekom getroud. , is huit die huwelik gebore. Hulle het in 1925 die toneelgeselskap Die Afrikaanse toneelspelers gestig; hulle het 27 jaar lank die land vol getoer. Onder die toneelstukke wat hulle opgevoer het, was Oom Gawerjal, Hans die skipper van DF Malherbe, Oorskotjie, Generaal de Wet, Onskuldig veroordeel, Liefde en geldsug, Oom Paul (albei deur Calman Postma) en Die stille haard.
In 1945 is die eerste Erepenning vir Toneel aan haar en Hendrik gesamentlik toegeken, en nadat Hendrik in 1952 oorlede is, het sy voortgegaan met toneelspel. Matilda is op 6 Januarie 1977 in Pretoria oorlede. Haar dogter, Tilana, wat met die akteur Eghard van der Hoven, getroud was, het in haar ma se voetspore gevolg en was onder meer te sien in die rolprente Elsa se geheim, Eendag vir altyd en Die prince van Pretoria, asook in die televisiereekse Koöperasiestories en Agter elke man. Sy en haar man se laaste verskyning op televisie was in ’n Sasol-advertensie. Tilana is in 2002 oorlede.
deur Daantjie Badenhorst